6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 minutes ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -20 minutes ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -32 minutes ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -36 minutes ago
Swart span Springbok rugby Geert -49 minutes ago
8 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

Vrydag se stout grappie

Durban
Submitted by dassie on
Forums

Aangesien Auntie Freda nog skottelgoed was sal ek maar n grappie plaas

Die meisie bring haar lang takhaar kerel huis toe vir die eerste keer .Hy het n leer baadjie aan en sulke vieselike oor-ringe .Die Ma en Pa kyk net en se niks die meisie nooi die ou vir aand ete .So sit hulle om die tafel en eet ,toe almal klaar ge-eet het sit hulle net daar die skottelgoed word nie verwyder van die tafel af nie en niemand se n woord .Die meisie fluister in die kerel se oor dat die eerste persoon wat praat moet die tafel afdek en skottel goed was .Hmmm dink die kerel en hy steek sy hand in die meisie se bloes in .Niemand se n woord die kerel staan op gryp die Ma en soen haar vurig .Weer se niemand n woord skielik begin dit te reen en die kerel haal sy Vaseline uit om op die Harley Davidson se chrome dele te vryf sodat dit nie roes nie .Die Pa sien die bottletjie Vaseline spring rats op en kondig aan Okay ,Okay ek sal die damn skottelgoed was .

Centurion

Voortrekker

Fri, 15/12/2017 - 08:59

Dat skottelgoed was so 'n nare job kan wees.laugh

Ons was 3 kinders.   Oudste het gewas, middel (ek) het afgedroog, en jongste het weggepak. smiley

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 15/12/2017 - 11:15

Ek sal maar my stout grappie ook hier vertel.   Sommer een wat pas by Dassie s'n.

Die mooi jong meisie kry haar eerste kêrel, 'n motorwerktuigkundige.   

Sê sy vir haar pa :  "Pa, hy het gisteraand vir my die mooiste goed gesê.  Hy sê ek het 'n onweerstaanbare onderstel, lieflike lugsakke en 'n fantastiese buffer."

Pa antwoord, hoog die dinges in:   "Sê jy vir hom, ek sê, as hy net waag om jou enjinkap oop te maak en jou olie te check met sy dipstok, sal ek sy neute so styf draai, sy hoofligte sal uitpeul en hy sal lek deur sy uitlaatpyp!"

0
Meyerton

Segekok

Fri, 15/12/2017 - 11:27

Sannie gaan op haar eerste date . 

Ma seg vir die Sannie, Vanaand as julle  huis toe ry van die fliek af gaan hy daar tussen die bosse indraai. Hy gaan jou klere uittrek en op jou spring. Dan gaan hy skande oor ons familie bring.

 

Die volgende oggend roep ma vir Sannie en vra hoe die date toe afgeloop het.

Sannie seg....  Ma dit is net soos ma gesê het. Hy het daar in die bosse ingedraai, my klere uitgetrek. Net soos Ma gesê het, maar ek het geweet wat hy wil doen toe spring ek op hom en bring skande oor sy familie

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 15/12/2017 - 20:19

Dassie, ek sou ook maar spring vir daai skottelgoed wassery. ?

Freda, ek lag my 'n papie, kan sien hoe daai pa se gesig soos 'n flikier lig verander.

Deon, so spaar daai meisiekind darem groot skandes oor haar familie.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 18/12/2017 - 07:55

Die grap van vrydag was Pamela Anderson watts up my en se sy gaan Secunda toe kom vir n selfie met haar ek wag nog steeds en dis maandag eish

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 22/12/2017 - 07:56

Gatiep het 'n skelmpie en sy bly net langs sy huis.   Gatiep beraam 'n plan om darem so bietjie daar te kan kuier en sê vir Meraai hy moet Durban toe gaan vir die naweek.  Meraai lyk heel tevrede daarmee en sê dis oraait.

So is Gatiep daar weg en sluip by sy skelmpie in.  Die volgende oggend check hy deur die venster of hy nie dalkies Meraai hier langsaan sien nie.   Maar hy sien 'n Capie in sy tuin stap met 'n kamerjas aan.   Hy maak die venster oop en skree:

"Hei, Bra!   Dis mos my gown wat djy daar aanhet!"

"Nei, man, die ou wie se gown dit is, is in Durban in."

"Wel, ek waarsku djou!   Jy gaan k@# as ek van Durban terugkom!"

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 22/12/2017 - 09:01

Die mans het seker ure aanmekaar geëet.   En stywe nekke gekry van al die opkyk!wink

0
Meyerton

Segekok

Thu, 04/01/2018 - 19:53

Die Smitte het nie kinders gehad nie en al hul pogings was vrugteloos. Die paartjie, na lang oorweging, besluit toe om 'n “surrogaat vader” te gebruik om hul gesinnetjie te help begin. Op die dag wat die instaan-vader moes kom kuier, het mnr. Smit sy vrou totsiens gesoen en sê: "Wel, ek kan nie hierdie gedoente aanskou of selfs aanhoor nie, ek gaan nou liewers werk toe. Die man behoort binnekort hier te wees."

 

'n Halfuur later, en bloot per toeval, lui die voordeur klokkie. Dit is toe egter 'n deur-tot-deur-baba fotograaf, met die hoop om 'n fotografie sessie aan die huisbewoners te verkoop.

"Goeie môre, Mevrou," het hy gesê, "Ek het gekom om ...''

"O nee, jy het nie nodig om te verduidelik nie," het mev. Smit, diep verleë, gemompel, "Ek het jou verwag. "

"Het jy regtig?" sê die fotograaf. "Wel, dit is goed. Het jy geweet babas is my spesialiteit?"

"Wel, dit is wat ek en my man voor gehoop het. Kom asseblief binne en sit gerus."

Na 'n rukkie het sy, blosend, gevra ... "Wel, waar begin ons?"

 

"Laat alles aan my oor. Ek probeer gewoonlik om twee sessies in die bad, een op die bank, en miskien 'n paar op die bed in te kry. Soms is die woonkamer vloer ook pret.. Jy kan regtig uitsprei en speel goedjies bysit."

"Bad, woonkamer vloer? Geen wonder dit het nie vir ons gewerk nie!" Dink mev. Smit.

"Wel, Mevrou, ongelukkig kan ek nie waarborg dat elke skoot 'n goeie een is nie en daarom probeer ons maar 'n paar verskillende posisies en uit ses of sewe hoeke, dan is ek seker jy sal met van die resultate tevrede kan wees."

"My goeiste, maar dis baie!" snak mev. Smit na haar hygende asem.

"Mevrou, in my werk moet 'n man sy tyd te neem. Ek glo nie daaraan om in en uit in vyf minute te wees nie; ek is seker daarvan dat u nie teleurgesteld sal wees nie."

"Ek weet darem nie," sê sy rustig.

Die fotograaf trek toe sy aktetas nader en haal 'n portefeulje van baba foto's uit. "Dit is gedoen op die boonste vloer van 'n bus," sê hy.

"My genade!" roep mev. Smit uit en gryp na haar keel.

"En hierdie tweeling het besonder goed uitgedraai – veral as jy hul moeder sou ken. Sy was baie baie moeilik om mee te werk."

"Sy was moeilik?" vra mev. Smit.

"Ja, sy was so bang dat ek haar uiteindelik na die parkie moes neem om die werk gedoen te kry. Mense daar het ons omtrent verdring en rondom ons tot vier en vyf diep gestaan om 'n goeie blik te kry."

"Vier en vyf diep?" sê mev. Smit, haar oë wyd met verwondering.

"Ja," antwoord die fotograaf, "en vir meer as drie uur, ook."

“Die moeder het aanhoudend gegil en geskree - ek kon skaars konsentreer, en toe dit later begin skemer raak, moes ek my skote aanjaag. Die ergste was toe die eekhorings aan my toerusting begin knibbel het, daar het ek die streep getrek en alles opgepak. "

Mev. Smit leun vorentoe en prewel droë-mond: "Jy bedoel hulle het aan jou toerusting gekou?"

"Dit is waar, Mevrou, ja dis waar.”

“ Wel, as u tevrede is, sal ek solank my driepoot opstel en dan kan ons aan die werk spring."

"Driepoot?"

"O ja Mevrou. Ek het dit nodig om my Canon op te laat rus. Dit is veels te groot om baie lank in een hand vas te hou."

Mev. Smit het summier flou geval!!!!!!!

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 05/01/2018 - 09:13

Ek lees nou eers bostaande grap van Segekok.   Baie lekker gelag.

Die dat ons nou 'n pastoor in ons midde het, moet die draad dalk 'n stille dood sterf.laugh   Vriend Dassie is ook nie eers hier om ondersteuning te gee nie.

Segekok se misverstand grap laat my dink aan die een:

'n Gholfspeler stop met sy blink, nuwe Mercedez Benz op 'n klein dorpie om brandstof in te gooi en bene te rek.   Toe hy sy beursie uit sy sak haal, val twee gholfpennetjies uit op die grond.   Die petroljoggie spring om dit op te tel.

"Wat is hierdie goedjies, Lanie?"

"Pennetjies", antwoord die man.

"Wat doen Lanie met sulke pennetjies?"

"Ek rus my balle op dit terwyl ek dryf."

"Eish, Mercedez dink ook aan alles!"

0
Meyerton

Segekok

Fri, 05/01/2018 - 09:37

Die dat ons nou 'n pastoor in ons midde het, moet die draad dalk 'n stille dood sterf.laugh

Pastoor, Peperkan, Prister, Padre, Rabbi of Imam.....  maak nie saak nie.  As dit nie vir stoute grappies was nie het hulle nie werk gehad nie. laugh

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 05/01/2018 - 09:46

Sannie van Bethlehem [Vrystaat] het matriek gepas en gaan nou na die varsity daar in sodom en gamora [Joburg]

Ma waarsku jhaar sterk voor Sannie op die trein klim en bla vir haar se om mooi agter haar te kyk.

April vakansie is Sannie by die huis op die plaas, roep ma vetroulik eenkant toe en vertel haar dat sy swanger is. Ma slaan haar hande saam en baie geskok vra sy "My kind ek het dan so mooi gevra dat jy agter jou moet kyk?" "Ja ma" se Sannie "maar ek het so agter my gekyk en gekyk toe breek hy voor in!"

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus