Aangesien Auntie Freda nog skottelgoed was sal ek maar n grappie plaas
Die meisie bring haar lang takhaar kerel huis toe vir die eerste keer .Hy het n leer baadjie aan en sulke vieselike oor-ringe .Die Ma en Pa kyk net en se niks die meisie nooi die ou vir aand ete .So sit hulle om die tafel en eet ,toe almal klaar ge-eet het sit hulle net daar die skottelgoed word nie verwyder van die tafel af nie en niemand se n woord .Die meisie fluister in die kerel se oor dat die eerste persoon wat praat moet die tafel afdek en skottel goed was .Hmmm dink die kerel en hy steek sy hand in die meisie se bloes in .Niemand se n woord die kerel staan op gryp die Ma en soen haar vurig .Weer se niemand n woord skielik begin dit te reen en die kerel haal sy Vaseline uit om op die Harley Davidson se chrome dele te vryf sodat dit nie roes nie .Die Pa sien die bottletjie Vaseline spring rats op en kondig aan Okay ,Okay ek sal die damn skottelgoed was .
Antie, ja ons sal sekerso…
Antie, ja ons sal sekerso Sondag begin skoonmaak en pak, groot job, niks lus daarvoor nie.
Ek sal seker maar bietjie stil raak hier tot tyd en wyl ons klaar opgesit het daar by Moreson, kyk as mens jou hele huis saamdra, en dan natuurlik nog Petra se klerekas, dan is die afslaan en opsit nie kinderspeletjies nie!
Kyk om Petra jonk te hou laat ek haar maar al die werk doen, maar ek moet in die koelte 'n R&UR drink terwyl ek haar dophou, vrouens is mos maar van nature skelm en dan wil sy alerande short cuts vat. Ek moet haar ook maar gereeld so bietjie aanjaag, veral as die son begin warm raak, dan raak sy erg lui.
Dit is nie kinderspeletjies om haar aan die gang te hou nie!
U speaka da English?
Ek het nou al vandag so baie kanse gevat, ek kan net sowel my kop verder in die bynes steek.
Twee Italiaanse mans klim in die bus en gaan sit direk voor 'n dame. Die een vertel ernstig vir die ander een:
"Emme come first. Den I come. Den two assess come together. I come once-a-more. Two asses, they come together again. I come again and pee twice. Then I come one lasta time."
Die dame klap die ou kwa op die kop. Ewe vererg kyk hy om en vra:
"Lady, whatta is your problemo?"
"In this country we don't speak aloud in public places about our sex lives."
"Hey, coola down lady. Who's talkin' abouta sexa? I'm justa tellin' my frienda how to spella 'Mississippi'."
I forstaan niks nie
@ Freda baie oulik wonder hoe sou die Franse dit ge se het Wee Wee
Kry vir jou
Ou Japie en sy vrou Leena woon op n platte landse dorpie .Eendag se sy Pappa vat my bietjie na die groot dorp se beauty salon en wil vir n slag my laat mooi maak en sommer my hare ordentlik laat doen .Teen Japie se wil vat hy die tante na die groot dorp ,nou sit hy in die beauty salon en tydskrif lees en hy lees van die meisies van die nag wat so in die dorpe is .Hy besluit wag laat ek bietjie gaan kyk en so stap hy af in die straat op soek na n slagoffer .By die eerste meisie vra hy Hoeveel? R1OO se sy Wat!!!!!! se Japie ek het net R10 wel hou dan verby se die meisie .So loop Japie van meisie na meisie met dieselfde antwoord R100 .Vies loop hy terug na die salon om vir sy vrou te wag .Later die middag stap hy en Leena uit daai salon hand om die lyf .Loop hulle verby die meisie wat Japie eerste gevra het sy kyk vir Japie en sy vrou so op en af en se Jaaaa kyk wat kry jy vir R10
Ag shame man, Dassie. En…
Ag shame man, Dassie. En dit nogal nadat sy haar laat mooi maak het. ![]()
Liefste Fredatjie, voor sy…
Liefste Fredatjie, voor sy salon toe gegaan was sy R2.50!
Lekker lag
Lekker lag ek nou vir Arie en "liefste Fredatjie " ooooeeeeee blommie sy gaan jou wiks oor daai by naampie maar ek stem saam met Arie voor die salon was haar "intrade waarde" heelwat minder ![]()
Twee dronkies
Na aanleiding van die silikon wat op n ander draad is dink ek aan die grappie .2 dronkies op pad huistoe besoek een van daai huisies van plesier .Die Madam van die huis sien die 2 is lekker dronk en gee elkeen n opblaas pop hulle sal nie eers die verskil agterkom .Later buitekant se die 1 dronkie vir die ander "So hoe was joune .nee se die ou Ek dink myne was dood sy het net daar gele .se die ander ou Ek dink myne was n heks toe ek haar bors byt toe vlieg sy bu die oop venster uit
Net wat jy soek, Mevrou!
Die vrou plaas 'n advertensie in 'n koerant. Sy soek 'n man. Een wat nie aan vrouens slaan nie, nie gaan rondloop nie en goed is in die bed.
Twee dae later is daar 'n harde klop aan haar deur. Sy maak oop en sien 'n man, sonder arms en sonder bene.
"Ek kom in antwoord op jou advertensie. Soos jy kan sien, ek kan nie aan 'n vrou slaan nie en ek kan nie rondloop nie."
Sy wil dadelik weet: "Maar is jy goed in die bed?"
Hy glimlag breed vir haar en sê: "Nou hoe dink jy, waarmee het ek aan die deur geklop?"
Groente wat jou oe laat traan
Juffrou vra vir die klas: "Kinders, watter groente laat 'n mens se oë traan?"
Jannie agter in die klas antwoord: "'n Aartappel juffrou!"
Juffrou: "Nee, Jannie, dit is 'n ui."
Jannie antwoord baie verontwaardig: "Juffrou was heel duidelik nog nooit met 'n aartappel in die eiers gegooi nie!"
Ai tog nou is my hele…
Ai tog nou is my hele keybord vol Rum en Coke, NEE man!!!!!!!!!!!
Absa hewt dit goed gedink om…
Absa hewt dit goed gedink om my vir 8 jaar te verban Vrystaat toe, Bloemfontein nogals!!!
Daar het ek gou geleer, die mense daar is mos heel rugby mal [gelukig was ek in beheer van die Absa losie -dus baie pelle gehad!]
Twee dinge wat ek daar geleer het [behalwe dat dit blikksems koud is]; Definiesie van 'n Vrystaat moffie, Man wat vrouens bo rugby verkies.
Tweede las, daar het mens net op een manier seks, en NEE dit is nie die "misionery style" nie, dit is "doggy style"
Sien op daai manier kan jy nog die rugby op die TV dop hou en jy kan jou bier op haar rug neersit?





Arie se toi-toi
Ai, hoe lekker lag ek nou vir Arie op hierdie Donderdag/Vrydag. Of is dit 'n vry Donderdag of 'n donnerse Vrydag. Ek is ook nie meer seker nie.
Arie, ek kan my net voorstel hoe toi-toi die klomp pensionarisse. Dit sal omtrent vir jou 'n sight for sore eyes wees. Ek wonner hoeveel paar valstande sal hulle na die tyd in daai pad optel. Kyk die rukbeweginkies sal nie te moeilik wees nie, dit sal sommer vanself kom. Die litte is darem al gewoond aan deesdae se rukkerigheid. en die knieë is mos klaar in 'n halwe buigtoestand, so net die voete so bietjie beweeg en die arms swaai, sal dalk kan werk. Die rolstoele en die krukke en die loopringe kan lekker ingespan word as ekstra props. Lekker wapens met die kieries ook.
Ag Arie, vertel vir ons 'n lekker storie man. Hennie en die ander nuwe manne het nog nie een van jou mooi stories gehoor nie. Dassie kan ook so maak. Ons soek leesstof vir die langnaweek. (Begin julle nie pak die naweek nie?)