As dit van die gesie afgehang het is bogenoemde onnodig want daar is mos bier! ?. Maar nou ja daat is ander mense ook.
Die vraag is dan hoe maak julle met drink water by die huis en as jul kamp.
Die wyfie het n vyf liter kan in die yskas wat sy volhou met water uit die ketel kom as dit afgekoel is. Ketel water kom uit die kraan. So ook doen sy dieselfde as ons kamp en sy vertrou die plek se water. Dit is dan ons drink, kos maak water.
Hier in Pietersburg by die shopping malls het Oasis water winkels oopgemaak. Ek reken daai plekkies is klein goudmyne. As ek van die werk afkom en gou n brood of iets moet koop sien ek mense met houers soontoe loop en dit lyk altyd besig daar.
Was in Thabazimbi die week en daar in die Pick en Pay is n Oasis water fasiliteit waar jyn houer bring, vol maak enword dan op n skaal gemeet.
Nou het ek al gewonder, moet die wyfie en ek nie maar ook begin om drink water te koop of is die kook ding heel veilig.
Hoe maak julle ?
Gesie / Marius / Johann, of…
Gesie / Marius / Johann, of wie jy ookal is?, ons water in Vaalpark is baie skoon, maar wanneer ons hier weg trek, vat ek 'n 20 L bottel met kraan, vol water saam.
Soos wat dit nodig word, gaan koop ek water by 'n verspreider. By die oorde gebruik ons hul water vir skottelgoed was ens, maar vir drink water en die ysmaker word net skoon water gebruik.
Selfs met die sogenaamde gebottelde verspreiders, moet mens ook maar versigtig wees, onlangs hier in Johannesburg 'n sindikaat toe genaak wat 'n baie bekende naam gebruik het, en sommer die bottles met brandblusser water gevul het.?
Hehehe, oom Johann, my twin…
Hehehe, oom Johann, my twin from another mother. Oom Len, Die wyfie doen nie die ketel kook ding spesiaal om die yskas kan vol te maak nie. Hoe kan mens se, sy doen dit so terloops. As ons koffie of tee gemaak het, en die water is baie later afgekoel en ons wil weer maak, sal sy eers die kan in die yskas vol maak en dan as nodig water bygooi in ketel en dan kook.
Op n persoonlike smaak, daai winkel water smaak vir my baie lekkerder as die ketel water.
Ons water hier in Centurion…
Ons water hier in Centurion het laas week en die vorige baie gestink!
Ek probeer maar so bietjie HOCL in die yskas water tenk gooi om te help met mikro organismes.
Oom Voorrie, help seblief…
Oom Voorrie, help seblief die gesie, watse goed is HOCL ?
Hypochlorus acid is 'n…
Hypochlorus acid is 'n natuurlik weergawe van chloor, waarvan die CL molekule 63% totale molekulêre massa bevat.
Dit is een van die mees effektiewe ontsmeetingsmiddels en ook dieselfde chemiese spesie wat deur jou liggam produseer word om bakteria teen te veg.
Ek weet, want ek maak en verkoop dit vir 'n lewe ![]()
Ons burgemeester het net…
Ons burgemeester het net gister bevestig dat ons kraanwater 100% veilig is om te gebruik. Hy sê die water word elke 4 ure getoets. Hier by die huis gebruik ons deurentyd kraanwater maar as ons weggaan en onseker is oor plekke se water gaan koop ons altyd bottel water. Tydens kampe vra ons gewoonlik die bestuur wat hul aanbeveel. Bv. toe ons by Cannon Rocks gekamp het, was die kraanwater brak maar daar was groot varswatertenks met krane aan en hul het ons verseker dit is skoon en veilig om net so te drink.
Alhoewel ons damme ook begin leegloop, proe ons water nog dieselfde.





Kook is
Kook is seker veilig, Gees Johann, maar dis 'n beslommernis, vreet ook krag of gas en moet dan eers afgekoel word. Soos ek op die ander draad gesê het, ons koop ons drinkwater in ons eie hervulbare bottels een keer per week sommer saam met die melk en broodkopery - dit raak 'n alledaagse gewoonte en is nie lastig nie. (Kaapstad se munisipale water was nog altyd van hoogstaande gehalte, maar sedert die droogte en die water wat onder uit vlak damme kom, het dit 'n onaangename reuk en is nie drinkbaar nie, maar ons het begrip daarvoor).