Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -5 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Februarie 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Koffie en tee is oppad.

Lekker dag

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 06/02/2018 - 07:12

Ek is vanoggend eintlik weer van vroeg af op kantoor en het sommer met inval 'n klomp werk e-posse moes uitkry.   Gaan nou eers koffie maak en hier inloer.     

Dit is nou saai tyd vir besigheid vir die jaar - lekker besig.

Lekker dag vir almal! smiley

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 06/02/2018 - 07:20

hmmmm ..... ek mis vir Freda.     Het haar Saterdag laas hier op die koffie draad gesien.

Hoop jy is ok?   Of het ek nou weer iets erens gemis ? frown

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 06/02/2018 - 08:29

Jammer dat ek julle bietjie afgeskeep het.   Ek was in die hospitaal maar is nou terug en moet eers alles lees wat in my afwesigheid gesels was.laugh

Julle moet almal 'n heerlike dag hê.   

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 06/02/2018 - 08:31

More sê almal, tee het  goed af gegly vanoggend,  klasvakie het eers na twaalf hier kom draai en ek het eers 7:45 wakker geword vanoggend?

Geniet julle dag vol uit. 

Ja ek het ook gesien Freda is skaars,  hoop sy is okay.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 06/02/2018 - 08:59

Freda, is bly jy is weer terug. Glo dat jy nou weer OK is.

Jy moet vir Colin wys hoe om hier te gesels sodat hy ons op hoogte kan hou wanneer so iets weer gebeur.

 

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Tue, 06/02/2018 - 20:45

Naand sê aan almal. Mal dag gehad en doen nog steeds werk.

Lekker aand vir almal verder.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 07/02/2018 - 05:06

Goeie more.

Hier reen dit al deur die nag. Het al heelwat gereen.

Gaan nou koffie maak. Moet deur die dag na die hekmotor kyk. Het skielik ophou werk.

Lekker dag vir elkeen

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 07/02/2018 - 07:29

Dag almal, ook vir die ou omies.

Kuier nog lekker hier, bly net vrek besig, gister van 10vm tot 6.30nm aanmekaar kuier mense gehad, sodra een groepie loop dan is die volgende daar binne paar minute.

Lekker geskenke gekry, waarvan die oulikste/uniekste seker was, 4 lit Coke van ons Engelse vriende Rob & Wendy, en dan 4 blikkieskondensmelk van ons ander Engelse  vriende, Peter & Charmaine. Hulle onthou hoe lief ek vir coke en kondensmelk is!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 07/02/2018 - 07:35

Dag almal, ook vir die ou omies.

Goeie môre Arie smiley  - dit is lekker dat jy nou weer 'n beter aanlyn konneksie het!  

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 07/02/2018 - 07:52

Goeie more vriende en vriendinne, tee was lekker, julle moet julle drink goedies geniet.

Hier het dit ook laasnag begin reen, reen nog steeds lekker sag.

Dusty, hoop jy kry gou die fout op die hek motor, my tuinjong het al die verkeerde prop af geskakel, dan maak die hek met die remote oop, maar wil nie weer toe maak nie.

Ander keer weer het die batery op gepak, vervang en hy loop weer mooi. Min dinge wat regtig verkeerd kan  gaan met die goed.

Sterkte met die he.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 07/02/2018 - 09:21

Môre sê.

Ek het darm so 8mm uit gegooi.

Geniet jou dag in vrede.

0

Gesie, het jy nog nooit van 'n "Brown Cow" gehoor nie?

Meeste mense het dit heel verkeerd, hulle noem 'n Coke Float 'n Brown Cow.

Die oorspronklike Brown Cow was coke en kondensmelk, die moderne gesondheids bewuste Jupies, maak dit nou met coke en melk!

Coke float is natuurlik coke met roomys in.

Van almal is cike met kondensmelk die heel lekerste!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus