DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1177 views
Môre - môre
Môresê, eke bietjie laterig!! sal netnou 2de koffietjie kry vir die dag, dankie!!!
Dusty, ons gaan ons beste probeer om te geniet!!!! dankie.
Freda, nee, kop-uit trek kan ons nie!!, kinders si stadig besig om nader aan Mosselbaai te beweeg om ons Maandag/Dinsdag se kant te kan ontmoet. Hulle gaan by Botlierskop in een of ander lodge bly, maar gaan nog eers Oudsthoorn toe.
More vanaf Hartenbos
Jy sal laat ek Wijan en Surette net so los en die pad vat Hartenbos toe tot en met my ons bespreking oor Desember.
Julle moet dit geniet en plaas vir ons foto's van die nuwe water park asb.
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Vrydag, die naweek begin sommer nou nou. Bietjie laat vanoggend. Moes reel vir geleentheid werk toe. Kry my wiele vandag vanaf paneelklopper.
Lekker dag vir elkeen en geniet die naweek.
Goeiemore
More Dusty en al die ander. Ek is al op my tweede koppie. Ek is gefrustreerd vanoggend. Van ons hier in Hartenbos gekom het, kan ek gladnie inkom met my Vodacom stick nie. Ek werk nou deur Colin se foon, hy slaap nog en ek moes dit self konnekteer en het my gaai af gesukkel om reg te kom. Vandag vat ek my skootrekenaar en my twee sticks na iemand om die dêm goed vir my in te stel sodat dit werk!!!
Wilsur, ek gaan foto's neem maar sal dit moontlik eers kan wys as ek terug is by die huis. Ons was nog nie daar nie, sal vandag gaan kyk. Gister by die Spar gewees en hul gebou is baie mooi opgedoen en veranderinge aangebring. Die nuwe Pick n Pay is nog nie voltooi nie.
Ek hoop almal het 'n lekker dag en sien uit na die naweek wat op hande is.
Goeie more almal. More…
Goeie more almal. More Freda, ek hoop jy kom reg met die lapoota en internet. Ek vir een sien baie uit daarna om jou foto's te sien. (onthou asb om hulle te resize na so 250kB toe! ![]()
EK gaan nou my eerste koffietjie drink. Moes ook eers bevestig het dat vandag wel Vrydag is - lekker kort week gewees!
Goeie more. Dit is lugskou…
Goeie more. Dit is lugskou hier by ons vandag, dink Swartkops s'n. So die vliegtuie is al so van 7:30 aann die gang. My huis sit inlyn met die landing, so ek kyk sommer lugskou vannaf my balkon.
Gaan nou 'n 2de koffietjie skink. Enigiemand?
Dankie Voortrekker
Ek sal nou 'n koffietjie neem. Jy was wakker gemaak deur vliegtuie, ek deur Hadidas. Vir 'n verandering het ek lekker laat geslaap vanoggend en hulle het my wakker gemaak 7.30. En hul skree nog steeds. En die wilde hoendertjies staan en wag vir my om vir hulle saad te kom gooi, kom elke more.
Goeie môre uit Brackenfell
Dinge in ons huishouding is stadig besig om na normaal terug te keer na ons rondrits die afgelope twee weke. Koelerig en bewolk hier by ons met alle hoop gevestig op 'n bietjie reën.
Lekker naweek aan almal en gesels tog 'n bietjie saam op die onderskeie onderwerpe, asseblief en skep sommer nuwe geselsgoeters !
DANKIE virrie koffie!!!!
Dankie, ek kry ook enetjie!!!, Besig met tuin natgooi, dan gaan dit oor van more af op outomties, nie veel kommernisse!!!
Freda, ek sal kom kyk en probeer help met fotos as jy sukkel!!
Anton, ons ook in lyn met hoof aanloopbaan hier in Klerksdorp van ons vliegveld, sien baie van ons huis af. Die Aerobatics kampioenskappe vind gereeld hier plaas. Plaaslike kennis 2 weke terug 3de geeindig in SA's. Met JAK Russiese vliegtuig wat hy by my swaer gekoop het. My hele skoonfamilie, tot my vrou Linda, is/was bekwame vlieëniers! Het nog klein draagbare handradio waarmee ons gereeld luister wanneer hier vertonings is.
Lekker dag vir almal!!!
Koos Mol
Wou net vir jou sê hier is nie 'n Sensation by Dibiki nie. Hier is wel 'n Fendt, by die eerste privaatstaanplek. Dit bly egter redelik toe daar en ons het nog nie die mense gesien of ontmoet nie. Hul het 'n toe "motorhuis" tent aan die een kant van die Fendt.
More, more, die ketel kook ,…
More, more, die ketel kook , wie is vir 'n beker boeretroos?
Frans jy het seker al die derde koffie in, julle moet mooi ry.
Sondagoggend
More almal. Hoe smaak die koffie vanoggend? Hoop julle het almal 'n lekker vreetsame en vreedsame dag! Colin het gister gaan "kyk na die water" en besluit vandag gaan hy met sy stokkie by die rivier sit.
Johann, ek sien op my seun se Facebook hy was gister by 'n "Afrikaanse Christelike Kerk" in Auckland.
Goeie more almal! Jy moet…
Goeie more almal! Jy moet 'n lekker dag he. Ek sal 'n koffie neem dankie.
Frans ek hoop julle hou daai stierwiel mooi vas vandag!
Freda, Afrikaans is GROOT in…
Freda, Afrikaans is GROOT in NZ en Aus. Wanneer ons in Perth is, koop ons vleis by 'n Afrikaans slaghuis en praat Afrikaans met die BOERE eienaar.
Dankie, die koffie was lekker vanoggend, hier is dit vandag lekker warm, ek sit met kort broek en t-hempie.
Mooi dag vir almal.
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
'n Nuwe week met ou en nuwe uitdagings. Besig met my eerste beker tee en die koffie is aan die gang.
Lekker week en dag vir elkeen
Dusty ons staan almal reg,…
Dusty ons staan almal reg, bekertjies in die hand, jy kan maar skink. Die man wat eerste opstaan, moet die koffie maak. ![]()
Lekker Maandag en nuwe week vir almal op Kampforum.
Dankie Dusty en Freda en…
Dankie Dusty en Freda en goeie more aan almal! Ja nou is ons weer terug na normale weke met vol 5 dae.
Frans
Ek wonder maar net waar drink jy en Linda koffie vanoggend. Dalk Gastehuis koffie wat jy in jou kamer moet maak. Ek hoop julle kry 'n lekker brekfis en ry veilig verder vandag.
Ek sit en dink ok nou oor…
Ek sit en dink ok nou oor Frans - hulle, en hoe dinge daar gaan - ek hoop ons kan kortliks nuus kry.





More vir al die ore, dankie…
More vir al die ore, dankie lekke koffie is nou gaaf op die koel winters oggend.