DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1177 views
Lekker Freda. Geniet julle…
Lekker Freda. Geniet julle laaste dag daar. En sien uit na die nuwe kampplek!
Mooi ry
Freda, julle moet MOOI ry. Is dit net vir week of 10 dae Willows toe, ek kan nie meer onthou??
Goeie more aan almal,…
Goeie more aan almal,
Soos gewoonlik besig om my tee te drink en koffiemasjien is aan die gang.
Lekker nat vanoggend al die pad vanaf Centurion tot hier in Kempton Park.
Sien die weerburo voorspel 'n 60% kans op reen vir die Kaap op woensdag. Glo en vertrou dat dit so sal wees en hulle reen mag kry.
Lekker dag vir elkeen
Goeie more Dusty. Ja daar…
Goeie more Dusty. Ja daar het n lekker reentjie geval laas nag. Nou gaan dit vrek koud raak.
Nou vir n koffietjie....hmmmmmm yummy. Slurp....slurp
Naandsê!!!
Hier kom ek wragtag ook darem by koppie boeretroos uit!!!, POOTUIT. GaTvOl gesukkel met omgeneukte rekenaar, heeldag se spook, maar darem half en half aan die gang!!
Mens kan nie dink hoe afhanklik jy van die verbrande goed raak nie!!!
Nou BED TOE!!!
Vroeë oggend vir my
Goeiemore almal. Julle slaap seker nog. Ek was gisteraand so vroeg in die bed, kamma kastig om te lees, maar raak toe amper dadelik aan die slaap. Vroeg vanoggend wakker, nou karring ek so bietjie rond hier en gaan dan weer probeer 'n slapie inkry.
Geniet jul koffie. Ek gaan nou eers 'n tweede koppie tee drink, dan gaan lê ek weer. Boeretroos gaan my te wakker maak.
Goeie more Freda en al die…
Goeie more Freda en al die ander,
Nee, ek slaap nie meer nie. Sit reeds en tee drink.
Vanoggend weer hier 'n lekker dag
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
weereens rustig hier op kantoor. Tee is gemaak en my koffiemasjien is besig om te prut
Lekker lang naweek wat voorle. die wat gaan kamp moet dit geniet. ek kan nog nie die wa sleep nie. Sleepstang is nog gebuig. Versekering het gister die jawoord gegee. Voertuig gaan eers Dinsdag in vir herstel
Lekker dag en naweek vir elkeen wat af is. Sterkte vir die wat werk
Goeie more. Oppad kantoor…
Goeie more. Oppad kantoor toe nou, maar het nog nie koffie gehad nie. Ek oor 10 minute daar, 2 suiker en melk asb. Ruimte R55 verkeerslig.
Goeiemore
Dit het begin lig word en alles is natgedou vanoggend. Gistermiddag na vier het hier 'n koue windjie gewaai en ons het die windskerm maar opgesit. Ons is mos terug in die Baai! Hoe dan nou anders?
Geniet die koffie en 'n baie lekker dag vir almal.
Hallo Almal, ek is hopeloos…
Hallo Almal, ek is hopeloos te laat vir koffie,
Lekker dag vir julle
Dag aan almal.
Dis reeds laat so 'n goeie more sal dit nie doen nie. Tweede koppie tee reeds agter die blad.
Mag almal wat nog vandag werk 'n geseende dag ervaar.
Rustige koel dag hier op Swadini, wag vir die lang naweek vloed om in te kom, kamp is vol bespreek.
Hi Mnr du Preez!
Hallo Almal, ek is hopeloos te laat vir koffie,
Lekker dag vir julle
Hallo Chris!
eers 'n doek ruil en dan 'n…
eers 'n doek ruil en dan 'n lekker beker koffie. Dit lyk soos 'n heerlike dag.
Goeie more alaml!
Goeiemore
More almal. Dit is net so 'n lekker dag hier by ons, na ons gisteraand 'n bietjie reën gekry het. Ongelukkig het ons baie meer nodig. Willows se gras lyk gladnie soos ons dit ken nie, op plekke is dit heeltemal dood met sandkolle.
Oral rondom ons het karavane begin inkom gister vir die langnaweek.
Geniet die vakansiedag.
Goeie dag
Mmmmmmmm, dagsê, hier's ek ook, te laat vir vroeë koffie, te vroeg vir knertsie!!!
Die verkoue/griep/hoes/poep en knor het my tussen die oge gemoer!!!, erg ongesteld!!
Ons albei half bedwelmd van die medisyne/min slaap en watookal. MAAR!!!!
Gesond sal ons word!!!!oor 9 dae RY ons!!!!!

EN!!!! die rekenaar reken nog nie reg nie!!!!, bly net naar met my!!!
MAAR!!!!!!, oor 9 dae ry ons!!!!!!
Lekker dag vir almal!!
More Frans
Hoop julle herstel gou van daai griep voor die vakansie begin. Ek het ook gister so gevoel-voel iets is aan die komme by my en sommer dadelik grieppille begin drink.
Naand, Freda!!!
Ons is besig om goed te dop,,,askies, medisyne bottels se doppe te laat klap!!!! Ek is nou oppad om te loop slaap!!!!, goed getrek??, nee, onder die invloed van MEDIKASIE!!!!!!
Kyk ek was 2 jaar terug SIEK met vakansie!!!, NIE WEER NIE!!!! Hierdie siektes SAL op sy dinges kry!!!!
Forum in elk geval verlate, smaak my ALMAL WEG!!! soos in weggesleepte forum!!!!, net ekke (ons) wat gewerk het vandag!!!! Never maaind die "vakansiedag"!!
Hier by ons rond kruip die vyand nader, die wat so afbrand en steel en roof!!!, DIS ERG!! Dis hartseer stories, mense wat maar onder moeilike omstandigehede leef en bly, NOU MET NIKS!!!, huise afgebrand!!!! Waarvoor????? Hulle het NIKS verkeerd gedoen nie!!!
Ons los dit eerder. Mens mag nie oordeel nie.
Hi Hi
Hier by ons in V-Town het hulle ook so uur terug n trein aan die brand ge steek. Die trein wat hulle vervoer.
More brand hulle weer ander goed omdat daar nie meer treine is om mee te ry nie.
Verstaan nie altyd hoe hulle redineer nie.





Goeiemore
Tee klaar gedrink, reeds besig met 'n koffie.
Dankie vir jou oulike storie oor Jovan, Voortrekker. Ek stel my die hele proses voor met Pappa en sy oulike seuntjie. Dit is herinneringe wat so gou verbygaan. Geniet die seuntjies terwyl jy kan.
Soos ek gister genoem het ons pak vandag op en ry more. Gisteraand 9 uur stel Colin voor ons moet sommer vandag ry ook. Eers is ek nie lus nie, maar stem toe in. Vanoggend toe bel Colin vir Willows en vra of dit reg sal wees. Nee, daar is mense op die privaatstaanplek wat ons bespreek het en hulle vertrek eers more. So, ons bly nog vanaand. Ons gaan alles oppak vandag en vanaand by die lapa en TV kamer gaan kuier. More kan ons dan vroeg wegkom.
Dit is 'n lieflike oggend by ons maar die weer voorspel reën later vanmiddag tot more. Lekker Sondag vir almal.