DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1182 views
Goeie more Frans. Ek is nog…
Goeie more Frans. Ek is nog hier. Is daar nog 'n ietsie vir my om te drink? Ek bedoel Koffie.
Goeie more.
Goeie more Frans & Voortrekker, ek is darem al op en eerste koppie tee agter die blad. Lieflike rustige dag hier op Swadini, plek redelik vol van langnaweekkampers. Julle moet 'n geseende dag ervaar.
Koos, help jouself!!
Koos, geniet die warmer weer daar by Swadini!!!, en lekker kamp!!
Dinge is maar stil hier by die koffiekroeg vandag!!!
Vir die langnaweek kampers, GENIET!!!!
Good night!!!
Nou sal ek maar seg: good night!!!, ekke klaar gewerk vir die dag!!!
Gaat nou 'n lekker koffietjie maak, so knertsie invoeg!!!, en hopelik beter nagrus hê as laasnag!!, sommer nou die verkouemedisyne ook in innie koffie moer, ag askies, innie koffie roer!!!!
Goeie more, heerlike koffie…
Goeie more, heerlike koffie vir julle op die Saterdag more, moenie die beskuit vergeet nie.
Goeiemore
Ek hoop almal het lekker geslaap. Hoe voel die verkoue vanoggend Frans?
Ek sit en wag vir die ape. Hulle is so slim, kom voor 8 in die oggend, voordat die werkers die dromme kom leegmaak. As iets swaar op die deksel gesit word, stoot hulle saam aan die drom totdat dit omval.
Vanoggend het ons 'n sak hout op die drom. Gisteroggend kom ek uit, toe was hulle al binne in ons tent. Sit een op die tent se dak met ons gasaansteker in sy hand, besig om dit te aanskou. Toe hy sien dit beteken niks vir hom nie, gooi hy dit neer. Hulle is net gladnie bang vir my nie, ek kan maar skree, hulle kyk my net aan en gaan aan met wat hulle doen. As Colin uitkom, gee hulle pad.
Ons bure wat eergister ingekom het, voer die katte. Nou het die katte sommer huisgemaak daar by hulle, kom nie meer snags hier by ons in nie.
Lekker koffie en tee drink, mense, en geniet jul dag.
Goeie more almal. Die…
Goeie more almal. Die koffie is baie lekker vanoggend.
More more
More More
Soek n vinnige een op hierdie werks dag.
Dankie
Ape en katte
Freda, ek dink ek het hom (die verkoue) gisteraand 'n redelike hou toegedien (net vanoggend effe babalaas kopseer!) maar ek dink ons wen!!!!!
Van ape en katte, ja, die APE wat die KATTE voer, maak dat die volgende kampeerders probleme het, en die daarna, en die daarna!
Ek het 'n wrewel teen sulke mense, jy kry dit by ander tipe vakansie blyplekke ook. Die katte floreer lateraan so dat dit 'n pes raak. By een plek in Natal waar ons ook heen gaan, was dit so 'n "plaag"dat ek amptelike klag ingedien het, (die katte kom tot BINNE in die woonstel) en hulle het begin uitvang en ontlae raak.
Harry, moenie sleg voel nie, ons WERK ook!!!
Geniet die kofie!!!!!
Goeie more almal. Dit lyk…
Goeie more almal. Dit lyk my die winter het kom klop vanoggend hier in Centurion PTA. Hier is 'lekker windjie ook wat dinge aanmoedig.
Mag almal n heerlike dag beleef. Vir die wat nog kamp tot more, julle moet dit geniet.
Koffie vir enigiemand?
More mense!
Dankie, Voortrekker, ek sal nou 'n koffie vat!
Dit is weer 'n pragtige sonskyndag in die Baai. Kan julle glo, vandag is ons 7de dag hier by Willows en die Baai se wind het nog nie gewaai nie? Ons hoor daar is baie mense by PE se strande hierdie naweek, ongewoon vir die tyd van die jaar.
'n Lieflike Sondag aan al die Kampforumiete!
Goeie More! Koffie?
Goeie More! Koffie?
More sê!
Dankie, die ketel kook nou vir my koffie.
So het die laaste dag van die langnaweek aangebreek. Vandag gaan mense rondom ons oppak. Dit bly darem die slegste deel van kamp, die oppakslag om huis toe te gaan.
Ons is nie ver agter hulle nie. Ons gaan self vandag begin dingetjies doen en more oppak om Woensdag te vertrek na Hartenbos.
Se ek mos ook…
Se ek mos ook.
Oppak is die slegste tyd daarom is ek vanoggend bly ons het nie gekamp nie. Maar verlede week toe wil ek huil omrede almal gaan kamp en ons bly by die huis.
In elk geval... sterkte met die oppak. Sien julle weer in Junie.
So,,,, by the way... wie kom kamp saam by ForeverPlet in Junie.
Laaste entjie
Goeie môre, dankie, ek kry koffietjie!!
Freda, hier by ons ook amper deur die laaste entjie werkery!!!
Gister begin om te kyk wat ek wil saamneem, en waar ek wat gaan inpak. Sal dalk vandag maar die bagasiewaentjie haak en gaan laat wiele pomp, AS dit dalk nodig gaan wees.
Ons sal vandag oorslaappplek in Victoria Wes bevestig, dinge begin nou al te vinnig op mens neersak!!!!
Frans & Johan
Frans, vandag oor 'n week is julle by Glentana, nie waar nie? Ek glo julle sien nou baie uit daarna. Ek hoop Linda voel gesond genoeg om alles baie te geniet. Julle sien ook seker uit na die kinders se kuier daar. My broer en sy vrou kom ook moontlik soontoe vir 'n paar dae, na 'n huis van hul dogter in Hartenbos. Ons twee sal kontak hou om ons kuiers te reël, sien uit daarna.
Johan, ons sien julle by Forever Plett. Dit gaan lekker wees om julle, en ook Benkie, daar te hê.
Almal pak op
Hier op Swadini bewolkte en koel dag. Almal om ons besig om op te pak, nou nou is dit weer stil en net enkeles wat bly kamp. Almal wat vandag op die pad is moet veilig ry en seën aan almal wat morê weer terug is by die werk.
Nou eers vir nog 'n koppie tee.
Freda
Freda, gaan julle op Dibiki staan?
Koos
Ja, ons het besluit om maar weer Dibiki toe te gaan. Die privaat ablusie is net te aanloklik! Ons eerste twee maande by Van Stadens en Cannon Rocks het ons dit nie gehad nie. Nou het ons die 9 dae hier by Willows dit weer en dit is darem net soveel geriefliker en gemakliker. Ook die geplaveide staanplek. Met die droogte is dit maar redelik stowwerig in die karavaanparke en die bakstene help darem om alles skoner te hou. Ek dink ons staan hierdie keer waar julle gestaan het.
Jy sal onthou die mense wat voor julle langs ons gestaan het by Dibiki. Hul hou nou nog kontak met ons en is tans op 'n jaarlange toer. Hulle het Maart weer vir 'n maand by Dibiki gestaan. Sy sê Dibiki was vol pensionarisse daai maand. Oosie het vir hulle 'n spitbraai gehou die een aand. Hy het twee lammers vir hulle gaargemaak, hulle moes net almal bykosse bring. Sy sê die klomp het omtrent geparty!
Ek hoop dit gaan goed met jou en Irene. Dit klink of julle alles nog baie geniet. Ry altyd veilig en pas julleself op.





Goeie môre
EK sal maar ketel aanhou, lyk my ALMAL is WEG!!!!!!
Geniet maar julle lannggggg naweek, die wat kamp, of ander vakansie hou!!!
Laat ek loop staan en werk!!!!
Harry, ja-nee, mens (ons) sal NOOIT daardie redenasies van afbreek en afbrand verstaan nie!! Al wat ek kan toevoeg is dat die geld wat so vermors word, KON mos nou weer BAIE gedoen het vir OPHEFFING? maar nou moet dit spandeer word op HERSTEL???