Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -33 minutes ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -1 hour ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -1 hour ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -2 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -2 hours ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 24/04/2018 - 15:57

Was gou Makro toe...

So tussen die rye verbeel ek my ek hoor 'n hande klapery en 'n skindery, ruk my kop in 'n 180° links om en regs om maar sien of hoor niks in my taal wat my aandag nodig het nie.

Nou voel ek soos daai ou wat gegaan het vir die Prostaat ondersoek toe hy besef die Dr. gebruik twee vingers en to klap hy hande so asof hy wil sing "Handtjies klap, koekies bak..."  Met 'n stywe nek mens sal sweer ek het hom met Viagra gesmeer het.

Het nou maar spier verslapers gedrink met die hoop dat ek darem weer sal kan rond kyk.

0

Willem sterkte met die stywe nek ek vind as jy die pilletjie in 4 breek en sluk dan verleng dit die lus maak

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 24/04/2018 - 16:40

Miskien moet ons vir Arie so 'n Viagra salfie gee om aan sy nek te smeer.   Dan kan hy op sy stoep sit en al waarheen hy kan kyk is reg voor hom.  G'n gerondkykery meer na almal wat ablusieblok toe stap nie. yes

0

laugh Freda ek dink Arie het van daai Ray Bans wat die spieels in die binnekant het .Hy maak die pap dik aan waar hy vertel hy kyk na die Ablutions  ,hy sit en bewonder hom self in sy spieels cool

0

laugh Warren mooi een .Maar ek het n manier uitgevind om die " show " te kyk .Jy skyn n lig agter die pc dan sien jy die hele storie baie lekker lmga

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 25/04/2018 - 16:16

Daai is 'n oogtoets wat julle manne seker graag sou wou "pass".    Jy moet die heel onderste ry kan uitmaak om deur te kom.  Sorry julle, ook maar swaar as jou oë en 'n paar ander dinge gelyktydig getoets word.    En daar is nie eers 'n blou pilletjie wat vir die oogprobleem sal help nie.

He-he, lekker ene Warren.

0

Jare gelede toe ek in die (weather force) Weermag was ,was daar in stokoud stafsersant wat in die Transport afdeling gewerk het. Daar was troepe gewees wat daai Aap twak gerook het en ou Pompies ,dis die bynaam wat die troepe hom gegee het want van al die rook was sy longe moeg .Daai ou stafsersant het soos hulle se "ge chain" rook sy asbakkie was in ou volksie beetle se wieldop en die ding was altyd oorvol van stompies .As hy ruik die manne rook die Aap twak het hy altyd gese ,Darryl if i catch you buggers i will kla you aan .Wat hy nie geweet het nie is die troepe het van sy sigarette gesteel ,die twak uitgehaal en dan Aap twak in gestop en weer die normale twak terug gesit .So sit ou Pompies en steek sy sigarette aan ,onmiddelik is daai reuk van Aap twak in die lug en dan skreeu Pompies" Darryl i  am going to catch you one of these days "

0
Meyerton

Segekok

Sat, 28/04/2018 - 14:32

Ek dink nie julle weet dat ek eintlik ook n groot aaanhanger van AG Visser se werke is nie.  Het hierdie gedig weer raak geloop en gedink ek kan dit met julle deel.

 

O’ gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie, my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

Eers word ek warm en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar

Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek ‘n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi

Die dominee bly stil sy oë omgedop
Die vrou ager my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hake van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

Party begin hoes en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oë traan my kop die sak
Toe kom die vrees dak ek in my broek sal kak

Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis ‘n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis ‘n ander lawaai

Geskok na die gerommel soos ‘n donderstorm
Kom ek agter die poep het ‘n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
‘n ouderling begin woedend sy weg na my toe baan

Ek spring met mening op om weg te hol
Maar word teruggetrek deur ‘n tienpond drol
Die ouderling kom nader sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek ‘n groter bol kak

My broek is nat en die pype staan wyd
So het ek my laas as kind beskyt
Die ouderling gryp my ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir “spite” die res op hom leeg

Nou is hy woedend en soos ‘n bees so sterk
Hy “freewheel” my kop tussen my bene uit die kerk
My sinne word dof van die walglike reuk
Die “cheek” om my kop tussen my bene te steek

My maag is so seer my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk and die bol
En druk die ding amper terug in my hol

Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

Een ding het ek van kerkgang geleer
As jou maag wil werk sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 28/04/2018 - 16:06

Oom Voorie????????

dit is 'n Gedig van AG Visser en NIE van Arie nie!

Dit is met ons gedeel deur Segekok en NIE deur Arie nie!!!

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 28/04/2018 - 16:28

Segekok, ek onthou nou van die gedig.  Het dit baie jare gelede iewers gelees. laugh

Haai, Voories, ons moet darem nie vir arme Arietjie altyd van alles verdink nie.  Die man het ook 'n gevoelentheid, onthou.

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 28/04/2018 - 17:01

Hier is 'n snaakse ding in die lug wat my oë aantas, elke Saterdagmiddag.   Arie en Deon se avatars is altwee wit en swart en daarom die misverstand .  Sal mooier kyk in die toekoms smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus