Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona ----Kaapse toer ??? Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 minute ago
koelte boom... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 minutes ago
Foto's Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -21 minutes ago
Onze Rust Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -54 minutes ago
Onze Rust, Colesberg Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
nuwe Isuzu enjin Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -1 hour ago

Oom Frans

Pretoria Tuine
Profile picture for user DK
Submitted by DK on
Forums

Na aanleiding van Len se onderwerp oor vis braai:

Dit is nie vir verskoning nie, ek is die persoon wat moet pleit vir verskoning.

Ek het oor reageer en vra verskoning.

Ongelukkig was dit nie een van my beste dae gesamentlik met die koue nie vir die rede daarvoor, het ek ń maand gelede die slegte nuus ontvang dat my beste vriend, saam op skool, studeer, werk en weermag het erge brein kanker.

Gister het ek nuus ontvang dat hy nou heeltemal blind is en op doeke is en nog so jonk.

Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Sun, 14/05/2017 - 21:01

Jammer om te hoor van jou vriend GK/DK dit is nooit lekker om sulke goed te lees .Sterkte daar vir julle en die persoon

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 14/05/2017 - 21:54

Dassie DK se naam is net DK.  GK is deel van sy adres.  Toevallig is sy vrou se naam Geraldine en GK dus haar voorletters.   So, jy is eintlik in die kol met GK ook.laugh

Sterkte met jou vriend DK.  Hierdie nare goed gebeur in die lewe.  Ek hoop dit sal genadiglik met hom goed gaan onder die slegte omstandighede.

Ons ken almal vir Frans as 'n persoon wat nie gevoelens wil seermaak nie.  Daarvoor het hyself al deur te veel diep waters gegaan.  Ek glo hy sal jou verskoning aanvaar.  Mooi van jou om jou fout te erken en die minste te wees.smiley

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 15/05/2017 - 08:11

Dankie, ons het met watsaap Beduie, Ek gister vreeslik gesukkel met internet, alles omgekrap!!

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus