Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Spur se Hot Rock Oktober 2026 saam gesels Geert -14 minutes ago
16 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -24 minutes ago
Cordierite... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
"Hot Rock" steak Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago

Lekker kamp, Mbizi - Augustus lang naweek

Submitted by Frikadel on
Forums

So pas vir drie dae geboek by Mbizi vir die lang naweek in Aug. Is daar manne van ons forum daar in daai tyd? Dis nou 9, 10 en 11 Augustus. Ek was laas daar toe die tweeling nog in doeke was so weet nie wat om te verwag nie, moes weer vir Tannie Poppie die private ablution stand boek.

Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 30/07/2018 - 13:53

Kamp vir die lang naweek klink soos ietsie wat die dkter voorgeskryf het en moet nie eers oorweeg word nie. Doen sommer net en kry klaar. Ons gaan self ook weer by Eastco Parys afsaal, of is dit afhaak, vir daai hele naweek. Het sommer Vrydag by afgevat en gaan sommer al Woensdag middag deur ry as ons gesond en gespaar bly tot dan.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 30/07/2018 - 18:08

Ons is ook nie daar nie.  Julle moet lekker kamp Frik smiley    

Ek het vandag 'n uitnodiging gekry om 10 - 15 Aug in Madagaskar te wees.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 09/09/2018 - 17:33

Oom Willem, is dit jy wat so mooi 'pose" by daai Beemer??

So bietjie ingezoom, maar ek sal jou se, as die Tannie jou sien val daai spanjaard uit die bus uit!

Like daai been wat so sexy gekruis word om die vrouens se bloedruk op te jaag?

0

More Almal,

Die Mbizi kamp was baie lekker gewees tenspyte van die mase storm die Vrydag nag.

Ek het tot Arie se kampstoel langs my wa opgetel al die pad met die wind van Shamah af.

Die res was lekker, maar die oord self is biki overrated sal ek se, maar die private ablusie was aangenaam.

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 10/09/2018 - 13:03

Is dit waar my stoel is, ek soek al dae na die ding.

Jy het nie dalk my tafel en my TV ook daar rond gesien nie, selfde tyd hier weg gewaai?

Snaaks alles wat ek nog kon gebruik het weggewaai, maar Petra is nog steeds hier, seker maar my luck?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus