Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Skerp! November 2026 Rona du Plessis -13 hours ago
Tax free savings account November 2026 Geert -15 hours ago
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -1 day ago

Stout grappe

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Ek verwys na Dassie se draad op die ander forum.   Dit het my laat dink.

Ek en Dassie het "soort van" die stout grappie draad begin.   Dassie is bietjie afwesig sovêr die jaar maar ek pos nog gereeld my stout grappie.    As ek dit nie doen nie, word ek eintlik daaraan herinner.laugh

Ek wil dit graag duidelik stel dat ek nie stout grappe ken nie.   Ek is nie baie goed met grappe onthou nie.   My stout grappies gaan soek ek op Mrs Google.   Daar kom sekeres op wat ek nie sal droom om hier te plaas nie.   Ek probeer dus altyd om 'n stout grappie te kies wat aanvaarbaar behoort te wees en ek voel (redelik) vrymoedig om dit te plaas.   Maar wat vir een ou aanvaarbaar is, is dalk nie vir 'n ander nie.   Dit is ook makliker om so 'n grappie hier te vertel, teenoor wanneer jy dit fisies moet doen tussen 'n groep mense (soos Len tereg aanhaal op daardie draad).

Gelukkig plaas nog mense stout grappies op die draad maar die groot verskil is, ek is 'n vroumens.  Ons word mos makliker "ge-brand" oor sulke dinge as mans.    Ek wil beslis nie oorkom as "platvloers of goedkoop" nie want dit is nie wat ek is nie.   

Ek sal nogal daarvan hou om ander se eerlike opinies hieroor te hoor.   Al is dit op die anonieme skakel.wink

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 21/08/2018 - 20:32

Gammat en Gatiep sit en vat wingerdsap langs die kliptoonbank in die sapplaas. Lekker sag en goed verouderd is hulle by die filosofiese gedeelte van gesuip.
"Gatiep, ash ek nou vinaand by djou se mochi slaap en sy het 'n kjend... Is ons dan family?"
Gatiep contemplate die wiskundige wetenskaplikheid van die biologiese probleem en antwoord.
"Nei Gammat. Daai makie van ons family nie. Daai maak ons even."

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 21/08/2018 - 20:42

He he he Vorrie jy hoor net die waarheid by 2 mense.............. 1  by kinders en 2 by gesuipte mans

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 21/08/2018 - 20:46

Van Gammat en Gatiep gepraat. Dié twee loop in die straat af. Skielik stop Gammat, buk af en tel iets op. Hy bring dit na sy mond toe en lek daaraan. Hy kyk ba Gatiep en sê: "Sies man, dis mos hondestront - amper trap ons daarin".

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 21/08/2018 - 20:47

Kry mos nou die dag Viagra “lite” te koop , doen nie veel nie, gee jou net vuil gedagtes

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 21/08/2018 - 20:49

Iemand wat op 'n toilet staan is hoog op pot.
Dit verg baie voë om 'n bababed te maak maar net een skroef om dit te vul.
'n Man wat heeldag met sy vrou baklei ervaar geen vrede deur die nag nie.
'n Man wat tussen die bene geskop word het 'n sak vol pyn.
'n Man wat teen 'n elektrise heining piepie gaan skokkende nuus ontvang.
'n Man wat room in 'n tert sit is nie noodwendig 'n bakker nie.
As jy op die treinspoor slaap gaan jy met 'n gesplete persoonlikheid opstaan.
Nies in 'n sakdoek en jy neem dinge in eie hande.
'n Brein is soos 'n valskerm. Werk net as dit oop is.
'n Pantie is nie die beste ding op aarde nie, maar naby daaraan.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 23/08/2018 - 06:05

‘n Vrou koop ‘n bottel Brandewyn vir ‘n vrugtekoek. 
     
Jongman agter die till:    "Drink tannie brandewyn? Tannie is cool!" 
Vrou:        "Nee, ek gooi dit oor my koek." 
Jongman:       "…………..Flippen Awesome……….”

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 23/08/2018 - 07:20

Nee Freda, dit is nie ek nie.  Ek lees hierdie goed daar op die Afrikaanse Forum, dit is Petra en Naas en Meraai-hulle wat die goed vir my leer laugh

0
Millmerran, AUS.
Profile picture for user Meraai vannie Baai

Meraai vannie Baai

Thu, 23/08/2018 - 07:35

Freda, ek hoop jy voel nou beter. Laat waai - ons moet almal 'n lagpil deur die dag sluk en soos met alles oordoen ek dit weer en sluk sommer oordosis op gereelde grondslag. Doet voort, ek kom aansit en pak nog padkos ook in (steel en deel weer).

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 28/09/2018 - 10:58

Ek het nie die hele draad deurgelees nie, dalk was dit al hierop.

Wat is die verskil tussen 'n Ford en 'n tampon. 

Jy't 'n langer tou nodig om die Ford te trek.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 28/09/2018 - 11:47

Julle is die oneerbaarlikste spul wat ek ken!

Gaan nou Die Knapie roep dat hy met sy Omie Jeep kom en fotos van jul almal neem.

Gaan maar nou in die hoekie sit en so paar wurms eet, ek bejammer myself nou ergbaarlik!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 28/09/2018 - 13:56

Segekook, die inhoud is subjektief.  Dit hang 100% af van die leser.

As ek dit lees dan sien ek:  " deur goeie mense gebruik" 

... wat het jy gelees? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus