Ek verwys na Dassie se draad op die ander forum. Dit het my laat dink.
Ek en Dassie het "soort van" die stout grappie draad begin. Dassie is bietjie afwesig sovêr die jaar maar ek pos nog gereeld my stout grappie. As ek dit nie doen nie, word ek eintlik daaraan herinner.![]()
Ek wil dit graag duidelik stel dat ek nie stout grappe ken nie. Ek is nie baie goed met grappe onthou nie. My stout grappies gaan soek ek op Mrs Google. Daar kom sekeres op wat ek nie sal droom om hier te plaas nie. Ek probeer dus altyd om 'n stout grappie te kies wat aanvaarbaar behoort te wees en ek voel (redelik) vrymoedig om dit te plaas. Maar wat vir een ou aanvaarbaar is, is dalk nie vir 'n ander nie. Dit is ook makliker om so 'n grappie hier te vertel, teenoor wanneer jy dit fisies moet doen tussen 'n groep mense (soos Len tereg aanhaal op daardie draad).
Gelukkig plaas nog mense stout grappies op die draad maar die groot verskil is, ek is 'n vroumens. Ons word mos makliker "ge-brand" oor sulke dinge as mans. Ek wil beslis nie oorkom as "platvloers of goedkoop" nie want dit is nie wat ek is nie.
Ek sal nogal daarvan hou om ander se eerlike opinies hieroor te hoor. Al is dit op die anonieme skakel.![]()
Gammat en Gatiep sit en vat…
Gammat en Gatiep sit en vat wingerdsap langs die kliptoonbank in die sapplaas. Lekker sag en goed verouderd is hulle by die filosofiese gedeelte van gesuip.
"Gatiep, ash ek nou vinaand by djou se mochi slaap en sy het 'n kjend... Is ons dan family?"
Gatiep contemplate die wiskundige wetenskaplikheid van die biologiese probleem en antwoord.
"Nei Gammat. Daai makie van ons family nie. Daai maak ons even."
Die waarheid
He he he Vorrie jy hoor net die waarheid by 2 mense.............. 1 by kinders en 2 by gesuipte mans
Van Gammat en Gatiep gepraat…
Van Gammat en Gatiep gepraat. Dié twee loop in die straat af. Skielik stop Gammat, buk af en tel iets op. Hy bring dit na sy mond toe en lek daaraan. Hy kyk ba Gatiep en sê: "Sies man, dis mos hondestront - amper trap ons daarin".
Iemand wat op 'n toilet…
Iemand wat op 'n toilet staan is hoog op pot.
Dit verg baie voë om 'n bababed te maak maar net een skroef om dit te vul.
'n Man wat heeldag met sy vrou baklei ervaar geen vrede deur die nag nie.
'n Man wat tussen die bene geskop word het 'n sak vol pyn.
'n Man wat teen 'n elektrise heining piepie gaan skokkende nuus ontvang.
'n Man wat room in 'n tert sit is nie noodwendig 'n bakker nie.
As jy op die treinspoor slaap gaan jy met 'n gesplete persoonlikheid opstaan.
Nies in 'n sakdoek en jy neem dinge in eie hande.
'n Brein is soos 'n valskerm. Werk net as dit oop is.
'n Pantie is nie die beste ding op aarde nie, maar naby daaraan.
Stem 1000% saam met daai…
Stem 1000% saam met daai laaste diep filosofiese gedagte!!!!!
‘n Vrou koop ‘n bottel…
‘n Vrou koop ‘n bottel Brandewyn vir ‘n vrugtekoek.
Jongman agter die till: "Drink tannie brandewyn? Tannie is cool!"
Vrou: "Nee, ek gooi dit oor my koek."
Jongman: "…………..Flippen Awesome……….”
Nee Freda, dit is nie ek nie…
Nee Freda, dit is nie ek nie. Ek lees hierdie goed daar op die Afrikaanse Forum, dit is Petra en Naas en Meraai-hulle wat die goed vir my leer ![]()
Hiehiehie skuldig skuldig
Freda, ek hoop jy voel nou beter. Laat waai - ons moet almal 'n lagpil deur die dag sluk en soos met alles oordoen ek dit weer en sluk sommer oordosis op gereelde grondslag. Doet voort, ek kom aansit en pak nog padkos ook in (steel en deel weer).
Verstik ek nou aan die rook…
Verstik ek nou aan die rook van my pyp, nou die hele Shammah wakker gehoes!!
Klink na 'n lekker "koek" daai!!!
Ek het nie die hele draad…
Ek het nie die hele draad deurgelees nie, dalk was dit al hierop.
Wat is die verskil tussen 'n Ford en 'n tampon.
Jy't 'n langer tou nodig om die Ford te trek.
Julle is die oneerbaarlikste…
Julle is die oneerbaarlikste spul wat ek ken!
Gaan nou Die Knapie roep dat hy met sy Omie Jeep kom en fotos van jul almal neem.
Gaan maar nou in die hoekie sit en so paar wurms eet, ek bejammer myself nou ergbaarlik!
Chris! En hier dog ek die…
Chris! En hier dog ek die antwoord is "Geen" want altwee word deur ..... gebruik? ![]()
...koes.... hardloop vinning weg .....
Verstik ek nou, Ai die…
Verstik ek nou,
Ai die arme Ford en Landy mense, kry swaarder as 'n Brakpanner![]()
deur ..... gebruik? …
deur ..... gebruik?
Anton sal jy asb vir ins meer duidelikheid hier oor kan gee asb.....
Segekook, die inhoud is…
Segekook, die inhoud is subjektief. Dit hang 100% af van die leser.
As ek dit lees dan sien ek: " deur goeie mense gebruik"
... wat het jy gelees?
" deur goeie mense gebruik" …
" deur goeie mense gebruik"
Is jy seker jy praat van die Ford ?





So vlieserige horing darem!!?
So vlieserige horing darem!!?