Jy het my tot al weenhoekie toe gedryf, sien jy? Hoekom is jy so stil? Of kuier julle met jul seun? Ek mis jou stories, my pel.![]()
Dankie Frans, dit help darem…
Dankie Frans, dit help darem. Jy is maar net so stil. As dit nie was dat jy vir my smilies en blommetjies stuur nie, het ons ook min van jou gehoor!!
(Kyk hoe slim "brag" ek nou). Het jy al al jou werk ingehaal na die vakansie?
Petra se broer kuier mos by…
Petra se broer kuier mos by hulle. Dit is hoekom Arie so stil is
O ja, ek onthou nou, dit is…
O ja, ek onthou nou, dit is haar broer nie hul seun nie.
Nou ja, ek hoop Arie laat hulle lekker kuier en hy doen vir 'n slag bietjie die huiswerk. Jy weet, al die ou klein goedjies wat vrouens gewoonlik doen.![]()
Freda
Freda, nee, werk is redelik op datum, dit is nou maar peroonlike dinge en reëlings wat ons besig hou, sal later dit met jou per e-pos bespreek.
Oor die algemeen het ek nie eintlik iets te sê op enige ander draad nie, behalwe die koffie drink ene. Het op ander draad probeer geslesie aanknoop met ander bekende, maar hy is maar seker nie meer lus vir my geselskap nie!!!!
Frans, ek is bly jou werk is…
Frans, ek is bly jou werk is op datum, nou net daai nimmer eindigende huis werkies, dit sal nooit ophou nie.
Moes vanoggend op die dak klim om die son panele skoon te maak, verbasend hoe vinnig stof aanpak.?
Nou ja, terug na Arie toe, hy het weer een van sy oulike stories vertel, mens leef jou so in die mense se vertellings, jy wonder naderhand of dit nou 'n storie is, en of het dit regtig gebeur.
Ja wat ek is nog hier en nog…
Ja wat ek is nog hier en nog springlewend!
Johann ek wil net noem AL my stories het regtig gebeur, behalwe vir die wat ek sommer so opmaak.
Ja, Eben het toer lekker hier gekuier van Zim af, ons het vreeslik baie rongery, lekker uitge-eet, baie prawns en sommer 'n slag lekker kreef ook by die Portugese restourant ge-eet.
Vir 'n dag uitgery Mapelhane toe en daar in die inheemse bos so paar filletts gebraai, en so het ons besig gebly.
Freda, nee ek toe maar my weerhou om vir Petra met daai onbenulige vroulike takies te help, maar ek het wel my kant gebring om saam met haar broer te drink en hom geselskap te hou terwyl Petra beddens opmaak skotelgoed was en al daai goeidjies wat vrouens so lief voor is.
Wat my stilgeid hier op die forum betref;
My eerlike opinie is dat dit oor die algemeen vrek vervelig is hier? Elke dag dieselfde klomp wat koffie drink en mekaar more se, dieselfde ouens wat kort, kort die forum verlaat met hul stert in 'n krul getrek - en as jy weer sien is hul weer hier?
Lyk of almal bang is en op eiers loop, te bang om iemand om te krap want dan gaan hul weg van die forum - julle moenie bang wees nie, al daai ouens kom weer stert tussen die bene terug!
Ek het nou die dag ou Gesie geantwoord op iets wat hy van Ford gese het, ek het so paar ander voertuie [veral daai een wat al die vaal staatsdiens amptenare so lief voor is] lekker sleg gese, absoluut geen byt gekry nie!!?
Nee wat, voor die ouens [en vrouens] nie lekker begin korswil en mekaar aanvat nie, sal daar geen lewe hier kom nie.
Die manne wat die forums lekker lewendig gehou het, soos Spinekop en sy maters is almal verban. nou sit ons spul ou mense elke oggend met 'n koppie koffie en se oor en oor vir mekaar more.
Boringggggggggggggggggg!!!!
Een waar woord is gesproken!
Daar het julle dit nou! Wie wil nou 'n boringgggg forum hê? Ek sê nog altyd, die drade waarop mense met mekaar redeneer en dit selfs op 'n gesonde twis onder mekaar uitloop, maak die forum lewendig en interessant. Die gelopery op eiers is sommer nonsens, ons is almal grootmense en "if you can dish it out, you must be able to take it".
Op die ou end kom alles weer reg, ja, selfs die drosters kom weer terug.
Die groeters op die koffiedraad probeer darem iets doen, ons is dankbaar daarvoor, maar dit is nie genoeg nie.
Ware woorde
Ek sit ook so en dink die ander dag. Hierrdie forum is die oumens se kamp forum.
Moet nou nie vir my kwaad raak nie, diegene wat voel hulle is nie oud nie. Face it, jy is oor die muur.
As jy op hierdie forum saam gesels is jy oud, maam nie saak hoe jonk jy is nie. Ek voel sommer 20 jaar ouer.
![]()
Oom Jepie, nee ek sal nie…
Oom Jepie, nee ek sal nie weet hoe om te verban nie.
As jy graag iemand wil verban moet jy maar vir Auntie Willemien kontak, sy is die expert met mense verban.
Dit is nie die ou mense se…
Dit is nie die ou mense se skuld dat hierdie "hul" kampforum is nie, dit is die jongmense se skuld dat hul dit toelaat. Dit sal die lekkerste wees as die jongmense wil praat oor hul kampervarings en sommer allerhande ander stories vertel. Dink net hoe baie sal ons dit geniet!!!
Ek sal sommer 20 jaar jonger voel.![]()
Wat daai muur aanbetref, ek is dalk al bo-op hom, maar darem nog nie oor hom nie.![]()
Oom Voorie nou moet jy weet…
Oom Voorie nou moet jy weet hoe dinges voel ek!
As ek twintig jaar ouer voel is ek in die negentig!!!!!?
Nee wat ek wil gesels waar mense lag, spot, en sommer jonk van gees is.
Waar is al die groot geeste, Spekkies, Footlose, Sinekop, Len, gesie, Grootwind, Kaaskop, Frikadel, Len ag ek kan nie nou almal onthou nie.
Party van hulle is so nou en dan hier, Len en Frikadel seker die meeste. Hulle probeer hul bes maar niemand wil byt nie?
Ek glo ons moet wer kan lekker sports maak hier, en de dinges met n ou wat dit nie kan vat, laat hy loop as hy wil.
Ek glo in elk geval dat iemand wat dreig om te loop aan n miderwaardigheids kompleks ly, dit is hulle manier om aandag te kry. Moenie hul in hul kwaad stook nie, hulle is erger as stout bederfte kleuters!
Skiestog. Maar kry ek nou…
Skiestog. Maar kry ek nou ook so n prentjie in my kop wat ek gaan zukkel om uit te kry....
Ek dink aan daai nuwe dstv…
Ek dink aan daai nuwe dstv advertensie wat adverteer hoe jy al die kanale op 5mdevices kan kyk.
Weet julle van watter een ek praat? Daai waar die 2 kinders saam met ouma op die sofa sit en tv kyk?
Spekkies
Sien jy nou wat het jy veroorsaak, Spekkies? Dit is jou skuld dat die forum so dooilik is. Jy kom kondig nie meer faaaaiiiits aan nie en dan kom alles tot stilstand! Steek nou jou eerbaarlikheid in jou sak en doen iets daaromtrent. Hou op met jou ignorasie..... ![]()
![]()
Speknek weet ek hou hom met…
Speknek weet ek hou hom met fyn ogies dop.
Tannie Frieda ek sien nou…
Tannie Frieda ek sien nou eers jou oulike woord
Half bang om te vra maar is dit korek om van ignorasie praat?
Moet asb nie kwaad word en die kamer sorry forum verlaat nie!





????
Ag shame!!!!, stuur maar vir jou gesiggie!!!