Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wildehont November 2026 Wessel Strydom -43 minutes ago
Uile by Nossob November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Uile November 2026 Geert -7 hours ago
Hallo almal November 2026 Goeie Hout -8 hours ago
Rona November 2026 Goeie Hout -8 hours ago

Wat is jou gunsteling Kampplek en hoekom?

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

Dit is altyd interessant hoe persoonlike smaak kan verskil as dit by kampplekke kom.

Ek weet erens praat ek van TietiesBaai as gunsteling kampplek, maar ek gaan realisties moet wees ook, want 1500km is bietjie ver.

So wat sal ek se, watter kampplek is my (ons) gunsteling? 
Ek gaan se Dube, in Brits.  Dit is nie te ver van ons af nie, maar ver genoeg om as wegbreek te dien.  Jy het nie n 4x4 voertuig nodig om wild te sien nie. Heerlike skadu en bome, lekker groot staanplekke en first come first serve. Die warmwater hydro absoluut n wenner veral vir daai lekker winter kampe.  Lekker bos gevoel. Baie voelryk. Kindervriendelik. 

So wat is jou gunsteling kampplek en hoekom?

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 31/08/2018 - 12:38

Hello Chris en ander kampers

Ek het 'n paat keer met my padwa, 'n voortreflike Palma, in Balule gaan kamp, sonder om dit stukkend te skud.

 

Die geheim is---- jy boek in by Olifantskamp, en dan vat jy kortste pad oor die laagwaterbrug na Balule. Dan natuurlik kyk jy mos wild---wat beteken jy ry/kruip  die ~ 7km tot in Balule. Niemand jaag jou nie. 

 

Probeer gerus, dit is die moeite werd.

Wessel

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 31/08/2018 - 13:03

Wessel - ek kruip in elk geval pal op enige wildtuinpad. My gemiddelde spoed in die park (sedert ek rekord hou in 1987 - oor meer as 23 000 km) is 15.7 kph. Verlede jaar was die laagwaterbrug nog gesluit na die vloedskade en moes jy noodgedwonge met die S89 na Balule ry - wat op daardie stadium erg sinkplaat gery was. Nee wat, as ek verder as 2km moet gruispad ry met my wa, is dit 'n "no-no". Dan eerder Tsendze.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 02/11/2018 - 10:37

Op my bucket lys is Dube al vir 3 jaar kom net nie uit om hom af te merk en te se well-done nog een gedoen die van julle wat al daar was hoe was die plek vir jou

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 02/11/2018 - 11:01

Is verseker een van die beste oorde ek hou van C blok staan hoeka volgende jaar April in C blok wat se blok verkies julle GerhardM

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Fri, 02/11/2018 - 11:13

Elke keer in die A blok gestaan. Hou baie van stand A74, kyk reg op die swembaddens af. Desember 2017 toe ons daar was, het ons besluit dat ons die volgende keer C blok wil probeer. Daar is so paar stands wat ons gesien het wat lekker lyk.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 02/11/2018 - 11:42

My gunsteling binne land is ook die Eiland Spa se "C" blok.

.
Staanplekke wat ek as Groot gemerk het en Water punte.

Hier is wat ek gemerk het in die A blok.

.
Ook gemerk Groot en water punte.

My gunsteling teen die see is (soos almal kan raai) ARKV Hartenbos !!!

.
Die Swart kolle is die water punte en die met die kruisie die krag.

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 02/11/2018 - 13:07

Op die oomblik is my gunsteling kampplek SionBergh want dit is waar ons die volgende saamtrek gaan hou!!!!   laughyessmiley   YAY!!!     Wie kom saam?

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 03/11/2018 - 05:48

Enige kampplek weg van die kantoor. Al die plekke waar ek al gekamp het was lekker gewees. Dus, ek het nie net een plek wat my gunsteling is nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 03/11/2018 - 07:44

As ek 'n "groep"  kan uitsonder as gunsteling oorde, dan is dit beslis ATKV.

Die atmosfeer by al die oorde waar ek al gekamp het van AKTV is net vir my daai bietjie lekkerder. Niks fout met die privaat oorde nie,  maar daar is net daai effense lekkerder "gevoel". Eiland en Buffelspoort is verseker die top oorde op die slotte se lys.

Weesgerus, is nog 'n gunsteling vir die selfde rede.

Forever oorde het vir my te duur geraak, ons was jare laas by enige van die groep se oorde, Badplaas en Swadini was groot gunstelinge, ook om die selfde rede. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 20/11/2018 - 01:23

My gunsteling oord nou is De voetpadkloof se boskamp naby aan oord puik weer heel jaar soveel te doen maar daar is nog soveel oorde wat ek en Berdien gaan besoek wie weet dan sak De voetpad af na no 2 kom julle haak daai wa en kamp n hond uit n bos wink

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 20/11/2018 - 20:10

......kampplek is die Kruger Wildtuin en meer spesifiek, Balule-boskampie.  Ons gaan boek gewoonlik in by Olifantskamp en ry dan 12km teerpad om tot by die S91 gruispad vir omtrent 7km tot by die kampie.  My tweede gunstelingkamp is Punda Maria en dan al die ander kampe wat netso heerlik is.

Nog 'n gunsteling kamp is ATKV Hartenbos, maar buite seisoen verkieslik in Februarie.

Hier kamp ons by Balule :

.

En hier by Punda Maria :-

.

En hier by ATKV Hartenbos :-

..

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 15/08/2019 - 06:27

Intussen het ons gesin se opinie verander en plaaslik is Drie Berge one gunsteling plek om te kamp.  Daar is net iets wat die area en rivier se rustigheid vir my doen.   Veral met die nuwe verwikkelinge, swembaddens  ens.  Ek glo ons sal Desember weer daar gaan kamp staan maak vir 'n week!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 15/08/2019 - 06:45

Daar is n paar besondere my gunsteling nou is 1 De voetpadkloof vir die natuur skoon lug en lekke atmosfeer 2 ATKV Eiland hy bly n wenner met lekke weer heel jaar oorde wat ek weer wil besoek waar ek lank laas by was is , Koro Koro ,Swadini , KNP Letaba , en n nuwe kamp is Kyleu Boskamp en dan Almega 

 

 

0

Jy en ma kan gerus Koro Koro se boskamp probeer, baie mooi, privaat en die ablusie blok is uitstekend!

Dit was weereens lekker by De Voetpad Kloof se boskamp, maar die ablusie geriewe kort baie dringend aandag, toilette en storte se duere wat nie kan sluit nie, reuke ens.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 15/08/2019 - 07:55

Môre vriende

Ek blaai so vining deur die draad, en besf net weer hoe ge-aardhede verskil.

Soos die titel sê, ek verkies deesdae die stil plekke, en daar moet wild wees. Ek is lief vir die Krugerwildtuin, en dan daarbinne Satara. Bloot omdat dit omring is met vele paadjies en piekniekplekke.

Vanweë die nabyheid aan my huis, gaan ons baie Pilansberg [Manyane] toe. Ongelukkig het daar 'n stadsgeraas problem ontstaan, en ek glo nie dit gaan verdwyn nie.

Koro-Koro sal ek dalk onder dwang weer besoek. Dit was sekerlik die plek wat my die meeste teleurgestel het. 

Volgende jaart wil ek probeer uitkom by;

Twee riviere-Kalaghadi [reeds bespreek]

Punda Maria en/of Balule in KNP. as die Here so wil

Groete 

Groete

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus