Dit is altyd interessant hoe persoonlike smaak kan verskil as dit by kampplekke kom.
Ek weet erens praat ek van TietiesBaai as gunsteling kampplek, maar ek gaan realisties moet wees ook, want 1500km is bietjie ver.
So wat sal ek se, watter kampplek is my (ons) gunsteling?
Ek gaan se Dube, in Brits. Dit is nie te ver van ons af nie, maar ver genoeg om as wegbreek te dien. Jy het nie n 4x4 voertuig nodig om wild te sien nie. Heerlike skadu en bome, lekker groot staanplekke en first come first serve. Die warmwater hydro absoluut n wenner veral vir daai lekker winter kampe. Lekker bos gevoel. Baie voelryk. Kindervriendelik.
So wat is jou gunsteling kampplek en hoekom?
Balule pad
Hello Chris en ander kampers
Ek het 'n paat keer met my padwa, 'n voortreflike Palma, in Balule gaan kamp, sonder om dit stukkend te skud.
Die geheim is---- jy boek in by Olifantskamp, en dan vat jy kortste pad oor die laagwaterbrug na Balule. Dan natuurlik kyk jy mos wild---wat beteken jy ry/kruip die ~ 7km tot in Balule. Niemand jaag jou nie.
Probeer gerus, dit is die moeite werd.
Wessel
Wessel - ek kruip in elk…
Wessel - ek kruip in elk geval pal op enige wildtuinpad. My gemiddelde spoed in die park (sedert ek rekord hou in 1987 - oor meer as 23 000 km) is 15.7 kph. Verlede jaar was die laagwaterbrug nog gesluit na die vloedskade en moes jy noodgedwonge met die S89 na Balule ry - wat op daardie stadium erg sinkplaat gery was. Nee wat, as ek verder as 2km moet gruispad ry met my wa, is dit 'n "no-no". Dan eerder Tsendze.
Chris, ek dink as jy daai…
Chris, ek dink as jy daai wiele biki afblaas gaan jy nie problem optel nie.
Dube wat se julle
Op my bucket lys is Dube al vir 3 jaar kom net nie uit om hom af te merk en te se well-done nog een gedoen die van julle wat al daar was hoe was die plek vir jou
Eiland GerhardM
Is verseker een van die beste oorde ek hou van C blok staan hoeka volgende jaar April in C blok wat se blok verkies julle GerhardM
Elke keer in...
Elke keer in die A blok gestaan. Hou baie van stand A74, kyk reg op die swembaddens af. Desember 2017 toe ons daar was, het ons besluit dat ons die volgende keer C blok wil probeer. Daar is so paar stands wat ons gesien het wat lekker lyk.
My gunsteling binne land is…
My gunsteling binne land is ook die Eiland Spa se "C" blok.
Hier is wat ek gemerk het in die A blok.
My gunsteling teen die see is (soos almal kan raai) ARKV Hartenbos !!!
Op die oomblik is my…
Op die oomblik is my gunsteling kampplek SionBergh want dit is waar ons die volgende saamtrek gaan hou!!!! ![]()
![]()
YAY!!! Wie kom saam?
Enige kampplek weg van die…
Enige kampplek weg van die kantoor. Al die plekke waar ek al gekamp het was lekker gewees. Dus, ek het nie net een plek wat my gunsteling is nie.
As ek 'n "groep" kan…
As ek 'n "groep" kan uitsonder as gunsteling oorde, dan is dit beslis ATKV.
Die atmosfeer by al die oorde waar ek al gekamp het van AKTV is net vir my daai bietjie lekkerder. Niks fout met die privaat oorde nie, maar daar is net daai effense lekkerder "gevoel". Eiland en Buffelspoort is verseker die top oorde op die slotte se lys.
Weesgerus, is nog 'n gunsteling vir die selfde rede.
Forever oorde het vir my te duur geraak, ons was jare laas by enige van die groep se oorde, Badplaas en Swadini was groot gunstelinge, ook om die selfde rede.
Soveel oorde
My gunsteling oord nou is De voetpadkloof se boskamp naby aan oord puik weer heel jaar soveel te doen maar daar is nog soveel oorde wat ek en Berdien gaan besoek wie weet dan sak De voetpad af na no 2 kom julle haak daai wa en kamp n hond uit n bos ![]()
My gunsteling kampplek is…
My gunsteling kampplek is enige plek met skoon ablusies en verkieslik groengras verkieslik suid van die jukskei.
Enige oord is my gunstelling…
Enige oord is my gunstelling en ek is lief om plekke te verken. Om my geliefde gelukkig te hou is die kampplek met warmwater bronne
My gunsteling.....
......kampplek is die Kruger Wildtuin en meer spesifiek, Balule-boskampie. Ons gaan boek gewoonlik in by Olifantskamp en ry dan 12km teerpad om tot by die S91 gruispad vir omtrent 7km tot by die kampie. My tweede gunstelingkamp is Punda Maria en dan al die ander kampe wat netso heerlik is.
Nog 'n gunsteling kamp is ATKV Hartenbos, maar buite seisoen verkieslik in Februarie.
Hier kamp ons by Balule :

En hier by Punda Maria :-

En hier by ATKV Hartenbos :-

Intussen het ons gesin se…
Intussen het ons gesin se opinie verander en plaaslik is Drie Berge one gunsteling plek om te kamp. Daar is net iets wat die area en rivier se rustigheid vir my doen. Veral met die nuwe verwikkelinge, swembaddens ens. Ek glo ons sal Desember weer daar gaan kamp staan maak vir 'n week!
So paar maar
Daar is n paar besondere my gunsteling nou is 1 De voetpadkloof vir die natuur skoon lug en lekke atmosfeer 2 ATKV Eiland hy bly n wenner met lekke weer heel jaar oorde wat ek weer wil besoek waar ek lank laas by was is , Koro Koro ,Swadini , KNP Letaba , en n nuwe kamp is Kyleu Boskamp en dan Almega
Sleep nou
Jy en ma kan gerus Koro Koro se boskamp probeer, baie mooi, privaat en die ablusie blok is uitstekend!
Dit was weereens lekker by De Voetpad Kloof se boskamp, maar die ablusie geriewe kort baie dringend aandag, toilette en storte se duere wat nie kan sluit nie, reuke ens.
Daar waar wild en stilte is
Môre vriende
Ek blaai so vining deur die draad, en besf net weer hoe ge-aardhede verskil.
Soos die titel sê, ek verkies deesdae die stil plekke, en daar moet wild wees. Ek is lief vir die Krugerwildtuin, en dan daarbinne Satara. Bloot omdat dit omring is met vele paadjies en piekniekplekke.
Vanweë die nabyheid aan my huis, gaan ons baie Pilansberg [Manyane] toe. Ongelukkig het daar 'n stadsgeraas problem ontstaan, en ek glo nie dit gaan verdwyn nie.
Koro-Koro sal ek dalk onder dwang weer besoek. Dit was sekerlik die plek wat my die meeste teleurgestel het.
Volgende jaart wil ek probeer uitkom by;
Twee riviere-Kalaghadi [reeds bespreek]
Punda Maria en/of Balule in KNP. as die Here so wil
Groete
Groete





Stem Frik, daar by Edenpark…
Stem Frik, daar by Edenpark rus ek baie lekker