Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -11 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -12 hours ago
Hael November 2026 Geert -12 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -17 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -17 hours ago

Kamp en die blou ape

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

My middelste meisiekind en gesin is vir n week by Natalia, hulle kamp nie maar bly in n woonstel en sy sê dis nag tot die vensters innie woonstel moet toegemaak word virrie ape hulle het deur boonste teras gestap en gese die ape jag lekke aan hulle loop tot by swembad rond. Nou wat is die oplossing vir die blou ape probleem is daar n oplossing ?

Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 14/11/2018 - 14:50

Dit is inderwaarheid wat baie jare gelede gedoen is met bobbejane wat langs die paaie in die Krugerwildtuin "gebedel" het - 

Mmmm  ek wil so graag iets seg maar ek sal nie.....  

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 14/11/2018 - 14:52

Daar is n paar wat nog nie die evolusie ding gedoen het nie..... 

 Nou vertsaan ek hoekom jy so baie vir hulle omgee,  en ek vertsaan ook nou jou avatar laughcheeky

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/11/2018 - 14:57

Dit is 'n redelike algemene verweer dat "ons" (mense) "hulle" (wilde diere) area binne-dring, maar 'n saak het altyd twee kante.  As dit nie was vir die "mens" se natuurbewaring-aksies nie, sou die wildlewe heelwaarskynlik uitgewis gewees het.  Om natuurbewaring moontlik te maak, het jy geld en dus toeriste nodig. Om natuurbewaring vir die "mens" aantreklik te maak, moet sekere veilige, verblyf areas vir hulle geskep word en hierdie areas moet veilig gehou word.  Dit kan tog nie anders nie.

Ongelukkig het 'n mens toeriste wat moedswillig of agtelosig wild onnatuurlik aantrek met geprosesseerde voedsel en so ontstaan die probleem.  Ek bly 'n voorstaander daarvoor dat alles moontlik gedoen moet word om kos en afvalkos weg te hou van die wildlewe, maar wanneer ape of ander wild gewoond raak aan voedsel wat die natuur nie vir hulle gee nie, doen jy wildbewaring 'n guns om hulle tot niet te maak sodat die onnatuurlike gebruik nie na volgende geslagte oorgedra word nie  Maar dit moet met die nodige sorg en sensitiewiteit gedoen word.

Ns. Chris, my pos is geskryf voor ek joune gesien het.  Ons stem basies saam en is beide baie lief vir die wild- en natuurlewe.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/11/2018 - 20:56

................die nuusmedia rapporteer vandag dat 'n aap in die provinsie Taj Mahal, Indië 'n 12 dae oue baba uit 'n vrou se arms gegryp het en doodgebyt het.  Die vrou was by haar huis en ape is 'n probleem in die omgewing.  Toeriste by die bekende Taj Mahal monument word voordurend deur ape geteroriseer.

Hoe 'n mens ook al daarna kyk, probleemdiere moet verwyder word uit plekke waar mense veronderstel is om veilig te wees.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 14/11/2018 - 21:59

Ek wou my weerhou van deelname aan die gesprek, ek dink my liefde vir die natuur is duidelik sigbaar, kyk maar na my avatar, ook my onderskrif op my "bekendstellings" blad.

Om enige dier dood te maak is teen my beginsels, en moet as 'n absolute laaste uitweg beskou word. As die mens nie so aan geteel het nie, sou daar plek vir almal gewees het. Die natuur het sy eie metodes om getalle in bedwang te hou, behalwe die van die mens,  en hier is oorlog, pes siektes en natuur rampe die mens se enigste vyand, ongelukkig het die mens reeds te ver gevorder vir dit, om 'n natuurlike gang te gaan. 

Die mens het die natuur reeds so geskend, dat slagting van onskuldige diere nou 'n noodsaaklikheid word?

DIE LEWE IS 'N LIED - DIE NATUUR VOORSIEN DIE MUSIEK.

Dit gesê, ek is nie 'n vegatarier nie, ek lief vleis😀 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 15/11/2018 - 05:43

Die mens het die natuur reeds so geskend

 Ek sit juis vanoggend en dink aan hierdie realitiet van die wêreld se kondisie, as mens net bietjie sit en rustig raak en dink daaroor - hoe die mens se gejaag na rykdom en selfsugtige vervulling die aarde, natuur en mense rondom hom soveel skakde aan rig?  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 15/11/2018 - 10:15

............feit dat iemand 'n voorstaander daarvan is dat die mens die natuur (ingesluit die wildlewe) volhoubaar moet bewaar en dus 'n veilige omgewing vir mens en dier moet skep om dit moontlik te maak, is juis 'n onderskrywing van die liefde vir die natuur. Dit beteken NIE dat die verwydering van probleemdiere in hierdie proses jou 'n vyand van die natuur maak NIE, dit is juis 'n praktiese oplossing om die bewaring van die natuur volhoubaar moontlik te maak.

Dit help nie om voortdurend na die oorsake van probleemdiere te verwys nie eerder as om met praktiese oplossings na vore te kom om die veilige voortbestaan van mens en dier in die natuur te verseker.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 15/11/2018 - 13:18

Len ek het ook geen probleem as die ape of bobejane uitgedun word nie, of ook dan verwyder word.

Ek is teen die gebruik om hulle met "paint balls" of keties te skiet, hoekom hulle seermaak of teroriseer?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 15/11/2018 - 13:19

Stoffel, buiten vir 'n muskiet, is daar niks waarvoor ek skrik nie, wel wat van 'n vlieg,  buiten vir 'n muskiet, en 'n vlieg , is daar niks wat ek dood maak nie😂👍

Nee ek het nie 'n moewiese probleem met die dood maak van diere nie, ek eet skaap, hoender, bees ens. Jagters dra groorlik by tot natuur bewaring, maar ek sal nie deel neem nie.

Ek self, sal dit nooit reg kry om 'n dier te skiet nie, en los dit maar vir ander (hopelik is daar dan geen ander uitweg nie).

Ek het self  'n kettie en zapper (tazer) in die wa, waar laai nooit 'n klip in die kettie nie, deur net te mik, skrik daai aap genoeg.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 15/11/2018 - 13:32

Ek self, sal dit nooit reg kry om 'n dier te skiet nie

Johann, dit maak 2 van ons. Ek is al genooi om vir my 'n bok te gaan skiet. Ek skiet eerder met die kamera.  Soos jy sê, ek los dit maar vir die ander. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 15/11/2018 - 16:46

.................ons wyk nou iewat af van Shaun se onderwerp wat handel oor probleem-oplossings vir blouape in kampeerterreine.

0
Nelspruit
Profile picture for user Koos Mol

Koos Mol

Thu, 15/11/2018 - 17:55

Ons is nou net kort van 3 jaar op die pad en vele van die kampe waar ons was het 'n aap probleem. Ons het net een keer in Berg & Dal onder die bobbejane deurgeloop en dit was ons eie skuld want ons het 'n krat met droë rantsoene onder die ralley laat staan. Verder het ons nog geen las gehad nie. 

Op Sleepnou se vraag is daar wat my betref net een oplossing vanaf die kamper se kant en dit is om geen kosse sigbaar of veral ruikbaar te los nie. Aap se kind soek net iets te ete en hy het al geleer dat hy kan skeur en breek om in te kom. Terwyl jy kosmaak in die oopte moet daar 2 persone wees, ape is rats en gaps kos voor jou weg as jy jou rug draai. Alle kos/afval wat jy weggooi moet in die asblik gaan, nie 'n ou broodjie of afgekoude been in die bos of oor die grensheining nie.

Wat ons veral opgemerk het was:

  • Die kampers met die boswaens waar alles oop is word baie lastig geval (op Swadini sowel as in KNP gesien)
  • Ape, veral die bloub...... mannetjies het geen ontsag vir kinders en vrouens.
  • Die manne met die ketties en paintball gewere het die meeste probleme, hulle word geteiken deur die ape.

 

Dit alles gesê moet daar van die park se kant ook beheer toegepas word veral as die probleem ernstig en soms gevaarlik raak. Soos reeds genoem het SANPARKS die bedellende bobbejane so uitgedun en ek glo dat die probleem nog so in die parke aangespreek word. Jy hoef buitendien nie die hele trop uit te dun nie maar slegs die belhamels en ek glo as dit vroegtydig gedoen word sal die jongeres nie die gewoontes aanleer nie.

Deur van die ape/bobbejane uit te skiet is wat my betref ook nie teen die natuur nie want die mens moet ook die natuur bestuur en dan is onpopulêre optrede noodsaaklik. Deur die ape toe te laat om van die mens se omgewing vir sy voedselbronne afhanklik te word is ook nie gewens nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 15/11/2018 - 19:13

ape is rats en gaps kos voor jou weg as jy jou rug draai

Ek stem saam.  Ek het al so deurgeloop waar die aap die brood kom gaps terwyl ek besig was om braaibroodjies te maak - soos ek my rug gedraai het om met mense te praat, toe skreeu hulle vir my Die Aap!!!   Toe ek omdraai toe laat waai hy met die hele sak brood die bome in!  

Dit was by Klein Kariba in 2013 gewees. ....   ons het lekker gelag  en geen braaibroodjies gehad daardie aand nie sad

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 16/11/2018 - 05:34

Na ek weer hier deur gelees het na julle inset kom dit duidelik deur na vore en dis hou op om wilde diere te voer sou jy kamp maak alles toe en respekteer die bord wat se moenie diere voer nie lekke dag vir almal

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus