Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -4 hours ago
Hael November 2026 Geert -4 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -9 hours ago

Kamp en die blou ape

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

My middelste meisiekind en gesin is vir n week by Natalia, hulle kamp nie maar bly in n woonstel en sy sê dis nag tot die vensters innie woonstel moet toegemaak word virrie ape hulle het deur boonste teras gestap en gese die ape jag lekke aan hulle loop tot by swembad rond. Nou wat is die oplossing vir die blou ape probleem is daar n oplossing ?

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 16/11/2018 - 18:07

Lank lank gelede, is ons op n Mekoro safari in die Okavango Delta. Dit is nog voor die dae van off road waentjes en dus bitter min toeriste van Gauteng. 

So slaan ons kamp op vir die aand, op n eiland, en sit die gids n sakkie rys wat gekook gaan word vir saam n stukkie Kurper op die kole langs hom op die grond. Die volgende oomblik hardloop n hengse groot bobbejaanmannetjie dwarsdeur die kamp en gryp die sakkie rys. 

My punt is dat ons met inteligente diere te doen het wat oppertunisties is, en sal enige geleentheid gebruik om n maklike maaltyd te bekom. Waar daar mense is, is daar kos, dit weet die spulletjie, en gaan aanleer hoe om by dit uit te kom, al word hulle nie gevoer nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 16/11/2018 - 18:34

................alhoewel jy dit nie sê nie is jou punt : daardie bobbejaan se gedrag sal nie verander nie en hy moet verwyder word vanaf die areas waar toeriste kamp.  Dit is ongelukkig 'n voortdurende bestuursproses om mense wat natuurbewaring moontlik maak, te beskerm en voort te gaan om natuurparke te besoek.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 16/11/2018 - 19:55

Lennie, ek het n lang stuk geskryf van mense en spesies en spasies en bestuur. Toe vee ek dit maar uit. Ja, dit is die oplossing, en ek as een raak gatvol dat mense nie die bestuur oordentlik uitvoer nie. Te veel tyd word gemors deur na twak redenasies van mense in diere se omgewing te luister. 

En Neef is bewaringsbewus in murg en been, trap langs die miere en gesels met die voeltjies.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 16/11/2018 - 20:33

Daar beaam Herman ook wat ek vroeër bedoel het.  Al sal niemand die ape/bobbejane voer nie, hulle sal kom kos soek want hulle weet dit is daar.

Ek sien Sondagaand op 50/50 word daar gepraat oor bobbejane wat tussen mense gaan kos soek en plunder.  En wat daaroor gedoen moet word en wat nie.   SABC2 om 19:00.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 16/11/2018 - 21:39

As ek sommige van die vorige insette lees, is ek as't ware verstom om te sien dat daar "groenes" in ons geledere ook is. "Groenes" = diegene wat slegs die "plaag"-diere se sogenaamde "regte" wil insien terwyl ons realiste die breër prentjie sien.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 27/05/2021 - 06:54

Kyk die 8 dae wat ons mollers by Eiland was het ons weer besef maak toe wat n ape kan vat en ja hulle is baie slim en dan boonop kry jy bejaarde mense wat hulle so skelm voer ook en dit maak dat daai blou ape afhanklik word vannie mens 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 27/05/2021 - 07:10

Môre Shaun, ek dink die probleem lê by ou mense en klein mense. Almal dink is so "cute" om te kyk hoe die diertjies by kinders kos kry, "dit kweek mos 'n liefde vir diere" is die houding. By ou mense weet ek nie van nie, vermoed dit kom maar van vroeg af, destyds was dit mos nog nie bekend wat die gevolge is nie?

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 27/05/2021 - 07:34

More vriende

Die afgelope besoek aan Augrabies het ek ook las van blou apies ervaar.

Die ou aap vergeet mos sy bakkie se ruit oop, ,met 'n sakkie nartjies binne. Binne 'n oogwink sit blou aap op my sitplek en smul aan 'n nartjie. Nou hoe kry jy die knaap uit sonder 'n bollie-gemors. Kyk, die hele vakansie is nog voor, ek wil darem nou nie 'n reuk in trokkie he nie.

Blou aap laat hom ook nie net uitjaag nie, ek gooi toe maar die sakkie nartjies uit, sodat hy dit kan sien. Gelukkig is hy gulsig en spring agterna----vining is venster toe.

Ons maak altyd seker dat daar GEEN kos, vrugte in woonwa is nie. Verder is alles in kratte toegemaak, wat met stroppe toegebind word. Kos/vrugte reuke lok primate, dus verwyder net die versoeking.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 27/05/2021 - 08:33

Kos/vrugte reuke lok primate, dus verwyder net die versoeking.

Olifante se reuksintuig is tien keer beter as honde s’n, en hulle is baie lief vir lemoene. In SA parke is dit nie ‘n kwessie nie, maar in die buurlande waar daar nie heinings is nie moet jy sitrus vermy. Afgesien van SA, is dit net Etosha in Namibië en Hwange in Zimbabwe wat omhein is.
 

By Xakanaxa in Moremi in Botswana het iemand ‘n sakkie lemoene in sy dubbelkajuit gelos, en op ‘n oornag toer op ‘n boot gegaan. ‘n Olifant het die lemoene geruik, en kon nie die versoeking weerstaan nie. Hy het sy een tand deur die agterdeur se venster gedruk, en die ander deur die voordeur se venster. Toe lig hy sy kop en sny twee slote in die dak. Die lemoene was nie meer daar toe die eienaar terugkom nie. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 27/05/2021 - 08:39

More Chris S

Dankie vir die waarskuwing. Wat doen ons almal voordat ons in sitrus-tyd die Kruger inry, ons koop sitrus by die padstalletjies.

Ek maak 'n punt om nooit sitrus in my trokkie te hou as ons op wildritte gaan nie. Soos julle kan agtekom, hou ek gladnie van grootvoete nie, bloot omdat hulle groter as ek is.laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus