Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -15 minutes ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -34 minutes ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Geert -42 minutes ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 hour ago
Hi Rona, ek het vir jou… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -3 hours ago
Rona Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 hours ago

Hier gaan niks aan nie ....

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Hier gaan niks aan op die forum nie.  Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie  -  bitter min reaksie.

Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.

Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.

Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.

Port Elizabeth

Frieps

Wed, 05/12/2018 - 06:55

Ek moet sê, sedert die draad begin was in Januarie was daar baie veranderinge in die formaat van die forum.  My stellings bo is dus nie meer van toepassing nie.  Daar is geen verskoning meer om insette te mis nie.   Dit is net jou eie skuld as jy nie insette oopmaak nie.

Ongelukkig is dit 'n klompie getroue deelnemers wat die gesprekke aan die gang moet kry en hou.  Selfs hulle gaan seker deur stadiums waar hulle min te sê het, ek dink ek is op die oomblik self skuldig daaraan.

As iemand die moeite doen om 'n nuwe draad te open, moet ons  probeer om daaraan deel te neem.   Daardie persoon verdien immers erkenning daarvoor en voel afgehaal as dit soort van ignoreer word.   Jy dink dalk dit is nie nodig om iets te antwoord nie, maar deur dit wel te doen, maak jy die forum lewendig.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 05/12/2018 - 07:07

By die huis is ook maar stil.

Yvonne praat en ek luister. Sy praat baie met haar self ook en ek weet nie altyd wanneer sy met my praat of haar self nie. Moeilik om te onderskei.

Gewoonlik is ek in die moeilikheid as ek moes geluister het, wanneer ek nie geluister het en dit was eintlik vir my bedoel.

Dan praat sy nog met die hond "spinnekop" ook, so dit maak dit nog moeiliker. As sy sê, " gaan lê " dan gaan lê ek ook maar. Net ingeval dit vir my was.

Die lewe in my huis is maar moeilik vir my, maar ek lewe darem nog, al is al die hare op my kop al weggesit. smiley

Ok, het nou genoeg bollie gepraat, gaan nou werk, iemand het geskree "gaan werk, ek soek geld vir geskenke"

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 05/12/2018 - 10:41

Gewoonlik is ek in die moeilikheid as ek moes geluister het, wanneer ek nie geluister het en dit was eintlik vir my bedoel.

Ai dit is darem moeilik om 'n man te wees frown

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 05/12/2018 - 11:02

................Harry, bly om te hoor dit gaan in ander huishoudings so.  My annerhelfte het weer die gebruik om in die bed te lê en dan met my te praat (of instruksies te gee) sonder om in ag te neem of ek in die studeerkamer, garage of buite by die swembad of karavaan doenig is nie.  En dan moet ek hoor ek sal iets aan my gehoor moet laat doen !

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 05/12/2018 - 19:22

Julle spot so met die hare, ek sien daar kom so paar donsies uit.

Sulke klein "parches" langs die kante van my kop.

So ek het hoop dat daar weer n bos hare gaan wees teen 2028 smiley

Het maar vrede gemaak met die siekte.

Dalk gaan die aftree April 2019 help. Ongelukkig is ek so verslaaf aan werk, weet nie of ek sal kan ophou nie.

Wil so graag met Froggy gaan toer.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/12/2018 - 19:32

Harry jy jou nie van die haarloos ding nie, ek weer wens ek kan ontslae raak van die goed.

 aftree April 2019 

Gaan af dit is regtig baie lekker.  wink

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 05/12/2018 - 19:33

Ouma Von het n geneigtheid om lekker met haar klomp katte te gesels, maar somtyds se sy dat ek moet luister...... dan praat sy glo met my, al is ek buite op die stoep. Daar is ook  n sterk vermoede dat  sy le en werk uitdink vir my in die nag as sy sleg slaap, neef lyk kamma so verveeld, en ledigheid maak my glo moeilik om mee saam te leef..ssjees, mag ek nie ook maar bietjie rus nin.

More middag is daar n afspraak met n klompie Argeoloè, hier naby is n grot wat hulle in die 70's gegrawe het, en wil nou weer bietjie krap in die stof. Ongelukkig het die vorige uitgrawings bietjie ingetuimel, en moet gestut word, en toe word aan my gedink om plan te maak. Sit ek toe vanmiddag en bereken oppervlaktes en volumes en allerhande hoeveelhede van duisende sandsakkies halfpad teen n berg op. Die manne, Amerikaners, het per epos vroeer genoem van n kabelstelsel,  soos n "ski lift" teen die Alpe.  Was nou die dag op terrein, ek dink n voetpad en klomp donkies gaan werk, ons bly immers in Afrika.wink

 

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 06/12/2018 - 05:15

Harry geniet jou aftree jy en jou vrou kan lekke beplan doen die wynroete ou froggy is mobile gaan groot ou materwink

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 06/12/2018 - 05:36

Mooi man, Herman, wys daai Yankees hoe om dit te doen.   Wat wou ski lifts bou as donkies die ding kan doen. laugh

Colin het 'n manier om met die TV te praat.  Veral as hy na die nuuskanale, sport of byvoorbeeld die ondersoek na staatskaping kyk.  Ek dink soms hy praat met my.   Dan is ek in 'n ander vertrek en sê vir hom ek kan nie hoor wat hy sê nie.   Dan antwoord hy weer  "ek kan nie hoor wat jy sê nie, Freda". 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 15/02/2019 - 11:42

Dis nou 'n jaar later nadat ek hierdie draad begin het, die draad wat sê hier gaan boggerol aan op die forum.  Dis weer sulke tyd ten spyte daarvan dat die ledetal groei en die aanlyn lede ou rekords verbysteek.

Selfs 'n paar politieke-aas-kommentare is uitgegooi, maar nee, niemand byt nie.

As die Sionsberg-saamtrek volgende week verby is, weet ek nie waaroor gaan daar nog gesels word nie.  Miskien kry ons darem 'n paar fototjies.

Ek wens Chris Boucher wil nou op sy Namibië-toer vertrek want ten minste hou hy 'n mens met sy interessante vertellinge aan die gang.  Freda se Addo-kuier lê darem ook voor en sy het intussen die foto-plasings bemeester  -  so hier is darem ook iets om na uit te sien.

Vir Wessel moet ons nog wag tot Junie voor ons sy Wildtuin-verhaal kan hoor en sien.

Sarel beplan 'n toertjie Shingwedzi en Punda toe in Maart/April en ek stel voor jy begin so lank 'n draad dat ons kan sien hoe vorder jou voorbereiding en vertrek.  Onthou, 'n volledige verslag met fotos soos Chris gemaak het.

Koos, hoekom hoor ons niks wat gaan aan by Dibiki nie ? A-nee-a, ek praat nie weer nie !

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 15/02/2019 - 12:17

Mooi Len, raas met hulle (ons).laugh   Hier is darem gereeld heelwat mense aanlyn en dit lyk nie of die geselsery te vrot aangaan nie.   Ek weet ek het minder gepraat die afgelope tyd, maar julle moet onthou hierdie vroumens kan ook net soveel praat saam met die manne.  Ek voel nogal party dae soos 'n vyfde wiel aan die wa of 'n hen tussen die hane.    Dan spandeer ek ook minder tyd by my rekenaar en ek sal julle nog vertel hoekom (wag net 'n rukkie).   Ook die kragonderbrekings speel 'n rol by my want my rekenaar is af, behalwe as ons die kragopwekker aansit.   Ons sit dit nie sommer in die dag aan nie, net saans.

Hopelik sal ek mooi foto's kry by Addo.   Ons is nou nie juis spesialiste met foto's neem nie.  Ek vat nie die laptop saam nie, klaar besluit, gaan al my aandag gee aan die omgewing en die diere.   Dit gaan warm wees, klaar gesien in die 30 grade, dit raak vrekwarm in Addo.

 

 

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Fri, 15/02/2019 - 13:03

wanneer vertrek julle Addo toe? Hier is solank 'n aptytwekkertjie... Julle moet dit geniet!

 

Die Addo Dagha boys is GROOT

"

 

Is ek nie pragtig nie?

"

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 15/02/2019 - 13:11

Sarel, ons is net van Donderdag tot Sondag daar, volgende week.   Ons is twee pare wat met twee karavane gaan.   Addo het darem maar die mooiste olifante, elke keer as mens daar kom is dit van voor af lekker om hulle te sien.laugh    

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 15/02/2019 - 13:51

...............maak jou maar reg om vir ons deeglike verslag te gee oor julle Addo-trippie.  Ons wil ook meer weet wie is julle geheime kamerade wat saamgaan, hoe lyk dit as julle by die hek ingaan en beide julle kampopset. Dan soek ons deeglike verslag oor die etes, nie net die menu nie, maar ook die sjef(s) in aksie. Heroorweeg asb daardie laptop wat moet tuisbly  -  ons wil saam geniet elke dag se belewenis.  Ons kan nie wag tot later wanneer julle eers terug is nie.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 15/02/2019 - 14:01

Freda lyk my is in die moeilkheid by die Engelsman. Hierdie wat sy nou " minder tyd" agter die rekenaar sit, en " laptop gaan nie saam nie"  en " generator net saans start"  klink al te veel na Freda wat pak gekry het.  " Jy skryf heeldag vir jou boyfriends, en ek kry nie aandag nie", klink na n aanvaarbare afleiding van neef die supersleuth.

Toemaar Freda, was ook al daar, als sal weer regkom.wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus