Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -20 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -20 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Hier gaan niks aan nie ....

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Hier gaan niks aan op die forum nie.  Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie  -  bitter min reaksie.

Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.

Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.

Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 17/02/2019 - 18:46

Len,

Ja daai ou is ek en ek werk vir hom en ja dit is jy eie braai area wat ek opknap.  Hy is genade loos want hy druk my om klaar te kry.

Meeste van die tyd is dit dievsleutelbord was dieveen do die een vat watvjy tik en ss jy spasie tik vat hy somer ern van die karskters teen die edit bar, soos hierdie sin, ek koet gereeld terug gaan om dit reg te mask.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 17/02/2019 - 19:32

Gister is ek besig om 'n deel van die huis se dak onder die braai area se dak te seël met Teracota verf.  Met die vang my oog daai 5L plastiek blik is besig om grond toe te tuimel en daar is geen kans dst ek iets daar aan kan doen nie.  Staan ek daar bo op die leer envtoe kyk hoe 2L verf op die vloer teëls spat.  Met 'n dik bek en 'n gesug kon ek dsrem 1L verf bymekaar skraap.  Sal maar later kyk wat kan ek doen om die water basis verf skoon te kry.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 17/02/2019 - 19:43

Môreoggend gou 'n meeting in Wadeville, dan terugkom om 'n middag vlug Kaapstad  toe te vat vir 'n vroeg Dinsdagoggend vergadering in Strand en dan weer een in Franschoek.  Vlieg dan Dinsdagaand weer terug.  Woensdag weer 'n oggend vergadering in Parktown en dan moet ek kom pak virrie saamtrek kamp smiley    Lyk my dit gaan 'n besige week wees, maar 'n lekker een!

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sun, 17/02/2019 - 20:19

More-oggend so teen 7 uur ontwaak en vir die liefde van my lewe koffie in die bed gee. Dan so teen half nege met Suziehond lekker ver op een van ons pragtige strande gaan stap. Daarna 'n lekker brekfissie by die huis of by een van die koffiewinkeltjies. So 'n bietjie tyd in die tuin en by my werksbank spandeer, opgevolg met 'n middagslapie. Dan tyd om te begin kosmaak en 'n middagsopie te drink. Dinsdag en Woensdag ens min of meer dieselfde besige skedule behalwe dat ons een dag Addo toe gaan om ons Wild card te hernu en die dag in die park te spandeer. En jy praat van 'n besige week?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 17/02/2019 - 20:27

.... mens kom nie vir só 'n tydjie Kaap toe nie. Franschhoek op sy eie verdien minstens twee volle dae. En dieselfde geld vir Strand/Somerset-Wes/Gordonsbaai - veral as jy daar grootgeword het. Jou ouers terug in Bulgarye? As ek van daai wêreld hoor verlang ek erg Roemenië toe.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 17/02/2019 - 20:35

Chris ek sien my ouers môreaand.  Hulle kuier tans by my suster in Langebaan en is dan weer môre terug in Gordonsbaai vir nog 'n paar dae - dan terug Oos Europa toe.

As ek so alleen toer vir werk is daar geen behoefte om langer as nodig te bly  nie - my gesin en die bosveld roep! smiley

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Mon, 18/02/2019 - 07:40

Ja Len, soos jy self weet het 'n pensioenaris dit nie altyd maklik om by te hou nie.

Ten spyte daarvan dat 2 verskillende weerstasies sê dat dit op die oomblik volson hier by ons is, val daar nou 'n lekker buitjie. So dankbaar. Ons hoop maar dit hou 'n rukkie aan. Dis baie droog hier. Gelukkig het ons darem nog sowat 13000 l reënwater in die tenke.

Hoop dat julle 'n voorspoedige week sal hê.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 18/02/2019 - 07:42

.............is hier op hierdie forum maar min sprake.  Daar is nou 16 mense aanlyn waarvan net 50% iets te sê gehad het  -  al was dit nou net om môre te sê.

Ai tog !

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 18/02/2019 - 08:33

Ons lees soms wat hier aan gaan, al is dit net die ligte. Party mense het ook nog 'n regte werk en is nog nie bevooreg om met pensioen te wees en vir hulself te werk wanneer hulle lus is nie.

Len en Chris saam koos Mol vertel mooi stories, ek vergeet soms om aan te teken en net te groet, groot askuus as ek so min gesels.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 18/02/2019 - 08:54

So tussen al die werk in die kantoor en by die huis, is daar nog tyd vir fiets ry ook. Gaan probeer om my 10de Argus die jaar klaar te maak. Sal so met die afgaan Kaap toe, sommer by Len gaan groet en kyk of sy bougenvillas nie dalk van plastiek gemaak is om die droogte te weerstaan nie. Dalk was die son 'n bietjie warm op die blare, daarom krul hulle so bietjie. wink

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 18/02/2019 - 22:49

Len, 

Daai ou vir wie ek werk is nie 'n gawe ou nie, het nou eers klasr gekry en aand ete geniet hy die huis.  Masr môre aand is dit my TV aand so sy ♨ (noem dit maar sy gat)

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 19/02/2019 - 15:28

Wanneer gaan jy weer Hartenbos toe ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus