Hier gaan niks aan op die forum nie. Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie - bitter min reaksie.
Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.
Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.
Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.
Dekselse netjiese foto Sarel…
Dekselse netjiese foto Sarel. Só 'n selfie wil gedoen wees.
ek sal julle nog vertel…
ek sal julle nog vertel hoekom (wag net 'n rukkie).
Ek is baie nuuskierig Antie! ![]()
He-he, hoe lekker lag ek nou…
He-he, hoe lekker lag ek nou vir julle almal.![]()
Ek sien al jou instruksies, Len. Of ek nou gaan luister is 'n ander saak.
Ons is so kort daar, ek wil nie van die tyd op die laptop spandeer nie.
Herman, die Ingelsman los my en my forum in vrede. En my boyfriends.
Voories is nuuskierig en jy gooi skimpe, maar julle sal nie raai wat ek reggekry het nie. En die Ingelsman ook. Sjoe, dit is nogal moeilik. Ek het myself belowe ek doen dit voor ek 70 word. Wel, dis oor 2 weke, so ek byt vas! En ek sal julle net vertel as almal belowe daar gaan nie vir my gepreek word nie.
Ek weet..............
.....................Freda gaan bundgy-jump by Van Stadensbrug !
Presies wat dadelik in my…
Presies wat dadelik in my kop gekom het, eish, hoop ons is verkeerd😂
....Freda gaan bundgy-jump by Van Stadensbrug !
Soos julle almal weet is ek…
Soos julle almal weet is ek reeds afgetree. So besluit ek om die ou se werks aanbod te aanvaar wat Self Employed se versoek vir iets ekstra inkomste te aanvaar want ek wil gaan kamp.
Maar o donder nou besef ek ek het die verkeerde besluit gemaak want hy gee geen veiligheids toerusting of enige af tyd nie, nie eers tee tyd nie.
Maar ek is sterk en sien wat ek doen lyk nie te 💩 nie.
Vandag die deel begin en lyk nie sleg nie, dit is een muur in die ou se braai area.


Die probleem kom met die res, die verdomde balke wat geverf moet word. Dit is op met die leer om die masking type te plak, net so 1m van kant tot kant. Dan is dit af om die verf te kry en dan kan jy ook net daai stuk verf aan die een kant dan weer af en als herhaal dit hom 😡


Gister aand was ek besig tot 00:00 omdat ek vroeë aand nie kan slaap nie.
Dis nie al nie, die geute moet nog donker grys wees.
Daai ou misbruik jou Willem…
Daai ou misbruik jou Willem. Maar jou werk lyk baie goed ![]()
![]()
Dankie, Ons moet braai…
Dankie,
Ons moet braai hier reël.
Wag vir voorstelle !
Dankie Voortreker, dit…
Dankie Voortreker, dit helder darem die plek mooi op.
Jy praat iewat.................
.....................in raaisels, maar ek is amper te skaam om meer duidelikheid te vra. Jy weet mos, 'n goeie begryper het net 'n halwe verduideliking nodig . Dus is ek nie 'n goeie begryper nie.
Soos ek jou kommentaar en fotos hierbo verstaan :-
- Ek weet darem jy is afgetree
- "Die ou se werksaanbod" : wie is "die ou", is dit dalk Surette ?
- Wie is "Self Employed", is dit nou jy ?
- Wie betaal jou vir jou werk, is dit nou Surette of meneer Self Employed ?
- Die plek wat jy besig is om te verf : (1) Is dit nou jou eie braaikamer of (2) Self Employed s'n of (3) Self Employed se kliënt s'n ?
Hier is heelwat bejaardes op die forum en ons verstaan nie altyd mooi nie.
Ns. Die verfwerk lyk mooi en netjies !
Ag, as dit maar so maklik…
Ag, as dit maar so maklik was soos bungy jump en preggies word.![]()
Freda, nou het jy ons almal…
Freda, nou het jy ons almal nuuskurig😃
Freda, daardie…
Freda, daardie traantjiesgesiggie maak my nou bekommerd
Sarel, nee jong, Freda is…
Sarel, nee jong, Freda is ons "Mascot" sy mag nie hartseer bring nie.
Freda, daardie traantjiesgesiggie maak my nou bekommerd
Wie is preggies
Baie geluk wie ook al preggies is
ek hoop die 774 lede log in en gesels lekke saam![]()
Rook tannie Freda ?. Ek wil…
Rook tannie Freda ?. Ek wil nou nie preek nie, maar my liewe tannie Freda dit is baie ongesond. Gaan ook maar stadig met die voggies, dit maak mens los en voor jy sien is nog iemand op die paal!





Terwyl ons van Addo praat - …
Terwyl ons van Addo praat - 'n selfie wat ek in Addo geneem het
foto