Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Cordierite... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
"Hot Rock" steak Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Geert -2 hours ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Wessel Strydom -3 hours ago

Hier gaan niks aan nie ....

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Hier gaan niks aan op die forum nie.  Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie  -  bitter min reaksie.

Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.

Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.

Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.

Die Katana was maar en bly maar n legend!!

Elke laaitie gebore in 69 het n poster teen sy muur gehad van daai outjie, gewoonlik het n girl op n bikini op hom gepryk. D....... magnet, soos ons hom geroep het.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 12/04/2019 - 12:00

South Gauteng High Court, Johannesburg - A 6 year old boy was at the center of a court room drama yesterday when he challenged the court’s ruling of who should have custody of him. The boy has a history of being beaten by his parents, and was initially awarded custody to his aunt, in keeping with child custody law and regulation requiring that family unity be maintained to the highest degree possible. The boy surprised the court when he proclaimed that his aunt beats him more than his parents, and he adamantly refused to live with her. When the judge then suggested that he should live with his grandparents, the boy cried and then stated they beat him also.
After considering the remainder of the immediate family and learning that domestic violence was apparently a way of life for them, the judge took the unprecedented step of allowing the boy to propose who should have custody of him. After two recesses to check legal references and confer with the child welfare officials, the judge granted temporary custody to the Blue Bull rugby team, whom the boy firmly believes are not capable of beating anyone.

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 12/04/2019 - 14:06

Ou, jissie Voories.   Hoe lekker vang jy my nou.   Ek ewe angstig om te sien by wie die kind wil gaan bly.laugh    Die Bulls ondersteuners gaan jou braai!!

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 12/04/2019 - 14:28

Ek het baie jare gelede van Johannesburg-af teruggevlieg Kaaptoe op 'n Vrydagmiddag. Die Bulle (toe nog Noord-TVL) sou die Saterdag teen Natal in Durban speel in 'n Curriebeker-wedstryd. Ek glo die Noord-TVL span het nie lank voor my vlug op hulle vliegtuig geklim. Hulle het daardie jaar ook 'n moeilike seisoen beleef.

Een of ander "bright spark" het 'n paar A4 pamflette gedruk en oral by die hek opgesit (ek het afgelei dit was die hek waar hulle ge-"board" het. Die pamflette het gelees: " Noord-TVL sal voortaan geborg word deur Spoornet. Hulle sal bekend staan as Verloornet." 

As 'n WP-ondersteuner was dit vir my nogal heel snaaks.

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 27/04/2019 - 07:19

Ja dis stil oppie forum ons is 824 lede oppie forum nee julle lede val in en gesels lekke saam 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 19/05/2019 - 20:57

...............huiwerig om te sê hier gaan niks aan nie want dan is ek mos 'n klakous.

Maar, om 20:45 vanaand is ek lus vir gesels en kry die volgende op Kampforum :-

  • 3 ouens het 8 uur vantevore laas iets te sê gehad
  • 1 ou het 13 uur vantevore laas iets te sê gehad
  • nog 1 ou het 23 uur gelede iets te sê gehad

Red nou 'n volk met hierdie statistiek ?

Miskien moet ons ook soos die ANC en die DA introspeksie doen hoekom vaar ons so vrot.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 19/05/2019 - 22:17

Herman, julle moet veilig ry en dit geniet in daai prag park.

Len, ek het ook kom soek vir gesêlsskap, maar toe 'n Deon Meyer boek gevat vir gesêlsskap😁

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 20/05/2019 - 08:05

Lanklas van jou gehoor en gesien gesels asb weer saam ons sien ou gesie ook weer stil en dassie man ons mis jou

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus