Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Braai 1x Kruger 2026 Geert -16 minutes ago
Stem saam... Kruger 2026 Rona du Plessis -38 minutes ago
Brandstof spekulasie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -40 minutes ago
See vakansie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -51 minutes ago
Herrman Kruger 2026 Johann L -54 minutes ago
Jonger geslag, Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago

Jurgens Ci daarmee heen ?

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is bewus van die volgende :

  • Dat heelwat Jurgens Ci handelaars hulle agentskap opgesê het of dat hulle nou 'n "multi-franchise" beleid volg om ook ander fabrikate te verkoop. 
  • Dan is dit natuurlik ou nuus dat Imperial Holdings hulle eienaarskap van Jurgens Ci aan die eienaar van Comet Caravans verkoop het. 
  • Dis ook redelik ou nuus  dat daar baie ongelukkigheid by handelaars is/was dat voorsiening van voorraad onderdele en/of nuwe karavane onbekombaar / moeilik bekombaar geword het
  • Dis ook bekend dat die nuwe eienaars van Jurgens Ci hulle vasgeloop het in 'n lam-lê staking van personeel wat blykbaar onseker is/was oor hulle toekoms na die oorname deur die nuwe eienaars.
  • Dis ook bekend dat die kwaliteit van produkte uit die fabriek veel te wense oorgelaat het en dat eindverbruikers al meer ongelukkig was met die produkte wat hulle gekoop het.
  • Dan blyk dit dat die nuwe produkreeks met gemengde gevoelens deur die woonwamark ontvang is.

Ek het ook opgemerk op sosiale media dat daar heelwat vennynige kommentare gelewer word oor die voortbestaan van Jurgens Ci, moontlik geregverdig uit ontsteltenis, maar ook moontlik om ander redes.

My kommentaar :

Ek is al 49 jaar 'n Ci en later Jurgens Ci kliënt en oor hierdie periode het daar nog altyd een van hulle produkte op my perseel gestaan, met jare-lange wonderlike vakansies -herinneringe in een van hierdie produkte.

Ek sou bitter hartseer wees as hierdie onderneming moet ondergaan en my uiterste wens is dat die probleme oorbrug sal kan word sodat :-

  • Ons steeds 'n woonwa-vervaardiger het wat betroubaar sal wees met 'n netwerk van dienslewering oor die hele Suid-Afrika
  • Ons 'n woonwa-vervaardiger sal hê wat trots Suid-Afrikaans is
  • Die werknemers van die Jurgens Ci hulle werk sal behou en die onderneming ondersteun om weer 'n gerekende maatskappy in die bedryf te wees
  • Dat daar 'n produkreeks sal wees wat die Suid-Afrikaanse kampeerbedryf sal geval

 

LEES OOK HIER:    JURGENS Ci Die WAARHEID

I would expect that with the franchises being multi-franchised and not exclusively CI / Jurgens wherever they found themselves at when they thankfully ground to a halt, , Okto will be just one player of a number of player's... I doubt that they will rise to the gargoyl that Jurgens became.

If one Googles.. There are a mind boggling number of different types of trailer campers / tent trailers / fold-up caravans, and so on, with different spec levels within each generic type. 

I predict that, with the levelling of the playing field, there will, slowly at firs, be more and more manufacturing start-up's and as these products become readily available, at lower cost, more people will hopefully re-look at camping as a cost effective outdoorsing activity.

It would not surprise me one little bit if Jurgens was specifically suppressing making lower cost alternatives to force people to buy high cost units..

One of the negative impacts of over-pricing is, people look for alternatives. Take that pathetic Gypsey lite. (Their last offering) Say all round I'm in for R200 000

I could go on holiday, overseas for R40 000 have a whale of a holiday 5 times for that....

Where does that leave our industry? Less participants  = more resort closures = less venues = less participants..

I've also had CI products.... 4 (I think) A Gypsey 4B / a slipstream / Jurgens 540 / Jurgens avion LT ...

All where first class products, but they where built in a different era, and it's not their fault that none of them completely met my needs.

 

 

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 10/12/2018 - 12:12

Kom ons hoop dat die op die ou einde n wen wen vir almal sal wees en dat onderdele en dienste weer voort kan gaan soos normal wie ook al oor neem dat hulle n hoe standard sal handaf

0

Ons hoop iemand red Jurgens. Sien die einaar se sit sal nie gebeur nie, maar ek weet ook dat ander skuldeisers ook besig is. Ek weet wat vrydag gebeur het by fabriek en kan net se daar nie meer vooraad oor nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 12/12/2018 - 19:59

................moed dat JurgensCi gaan bly staan.  Na gister se FB-plasing deur Jurgens Ci self dat hulle besig is om met alle partye te onderhandel en dat finale likwidasie nie sal realiseer nie en die reaksie daarop, lyk dit tog vir my die einde van die pad het aangebreek. Die nuwe, skatryk eienaar is na my mening te arrogant.

Ander mag juig, maar ek is hartseer oor die gebeure wat besig is om te ontvou  -  ek is 49 jaar 'n baie tevrede kliënt van albei voormalige ondernemings, Jurgens en Caravans International (Ci) en dan ook later die gekombineerde onderneming JurgensCi.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 12/12/2018 - 22:16

Dit is glad nie 'n goeie ding nie, ek verheug my glad nie in die onder gang van enige besigheid nie,  allermins in Jurgens.

Maar nou ja, ek het darem hopelik klaar gekoop, my Jurgens moet my oorleef.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 12/12/2018 - 22:59

...............ongelukkig kan ek nie onthou waar nie.  Maar ek weet dat Francois Huysamen, Redakteur van Caravan & Outdoor Life wat voorheen persoonlik met die nuwe eienaar gesprek gevoer het, het op die FP plasing gereageer.

Dit wat ek gesien is beslis op FB geplaas deur JurgensCi (Pty) Ltd en Francois het daarop gereageer.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 12/12/2018 - 23:35

...............ek het die FB berig opgespoor en het dit na jou persoonlike FB profiel gestuur.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 13/12/2018 - 09:41

Did jammer dat die nou gebeur hoe gemaak as jy iets nodig het of is daar iemand wat onderdele gaan voorsien sad

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 13/12/2018 - 10:08

hoe gemaak as jy iets nodig het of is daar iemand wat onderdele gaan voorsien 

 Dan maar op JaquesR se FB groep of hier  vra?  Jurgens- Ci Caravan Fans 

Ek is seker mense gaan planne maak smiley

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 05/01/2019 - 16:06

Was vandag by beide in boksburg en terug voer wat ek gekry het is dat die fabriek weer aan die gang is gedraai by Comet en gesien hulle stok baie laag nou ja kom ons sien wat gebeur

0
Nelspruit

Koos Mol

Sat, 05/01/2019 - 22:27

Ek was tussen kersfees en nuwejaar by Leisureworld in Bellville en daar staan 'n nuwe Penta op die vloer, hulle het 'n week tevore 5 nuwe Jurgens waens ingekry (ou vorm). Die man het gesê die fabriek loop en en hy het die afgelope tyd mense ingestuur na die fabriek vir opleiding. Miskien sorg 2019 vir 'n Jurgens verrassing.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 06/01/2019 - 07:34

Ek weet Warren sal baie teleurgesteld wees, as Jurgens Ci weer oopmaak.

Hy glo dit sal beter vir die industrie wees as hulle sou vou?

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 16/01/2019 - 16:19

Ek herhinner my dat iemand nou onlangs genoem het dat 'n handelaar erens in die Kaap twee nuwe Jurgens waens ingekry het?

Vroeer vandag in 'n ry gestaan by poskantoor. Praat toe met 'n man wat 'n fabriek reg langs die Jurgens fabriek het.

Hy reken hulle werk weer amper volstoom, bou 'n wa per dag!! Ek sien dit as baie goeie nuus, mag dit waar wees en dat hulle van krag tot krag gaan!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus