Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -1 hour ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -2 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -6 hours ago

Jurgens Ci daarmee heen ?

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is bewus van die volgende :

  • Dat heelwat Jurgens Ci handelaars hulle agentskap opgesê het of dat hulle nou 'n "multi-franchise" beleid volg om ook ander fabrikate te verkoop. 
  • Dan is dit natuurlik ou nuus dat Imperial Holdings hulle eienaarskap van Jurgens Ci aan die eienaar van Comet Caravans verkoop het. 
  • Dis ook redelik ou nuus  dat daar baie ongelukkigheid by handelaars is/was dat voorsiening van voorraad onderdele en/of nuwe karavane onbekombaar / moeilik bekombaar geword het
  • Dis ook bekend dat die nuwe eienaars van Jurgens Ci hulle vasgeloop het in 'n lam-lê staking van personeel wat blykbaar onseker is/was oor hulle toekoms na die oorname deur die nuwe eienaars.
  • Dis ook bekend dat die kwaliteit van produkte uit die fabriek veel te wense oorgelaat het en dat eindverbruikers al meer ongelukkig was met die produkte wat hulle gekoop het.
  • Dan blyk dit dat die nuwe produkreeks met gemengde gevoelens deur die woonwamark ontvang is.

Ek het ook opgemerk op sosiale media dat daar heelwat vennynige kommentare gelewer word oor die voortbestaan van Jurgens Ci, moontlik geregverdig uit ontsteltenis, maar ook moontlik om ander redes.

My kommentaar :

Ek is al 49 jaar 'n Ci en later Jurgens Ci kliënt en oor hierdie periode het daar nog altyd een van hulle produkte op my perseel gestaan, met jare-lange wonderlike vakansies -herinneringe in een van hierdie produkte.

Ek sou bitter hartseer wees as hierdie onderneming moet ondergaan en my uiterste wens is dat die probleme oorbrug sal kan word sodat :-

  • Ons steeds 'n woonwa-vervaardiger het wat betroubaar sal wees met 'n netwerk van dienslewering oor die hele Suid-Afrika
  • Ons 'n woonwa-vervaardiger sal hê wat trots Suid-Afrikaans is
  • Die werknemers van die Jurgens Ci hulle werk sal behou en die onderneming ondersteun om weer 'n gerekende maatskappy in die bedryf te wees
  • Dat daar 'n produkreeks sal wees wat die Suid-Afrikaanse kampeerbedryf sal geval

 

LEES OOK HIER:    JURGENS Ci Die WAARHEID

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 02/11/2018 - 20:33

Hoe dit ook al sy, die putco reeks het Jurgens ook seer gemaak, maar, ek is vol moed dat die nuwe reeks 'n wen resep gaan wees, ons moet, of liewer die mense  wat nog kan koop, moet Jurgens net ondersteun.  Ek het klaar gekoop, maar hoop dat die naam weer in ere sal herstel.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 03/11/2018 - 06:35

as ek net die dollars het en n goeie quality een kan vind.

Putco gebruik mos die Scania F94  Marcopolo  Torino Body -  Ek sien daar is een op Gumtree vir R585,000  'n 65 seater! wink

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 03/11/2018 - 07:50

Gesie, ek stem  100%  saam met jou, die Putco reeks was vir my ook baie mooi, maar ongelukkig was die afwerking binne, en die vakmanskap die ding wat die reeks gekelder het.

Die Putco reeks is vir my mooi,

Ek het by Buffelspoort twee keer na hul uitstallings gaan kyk, en die kwaliteir het veel te wense gelaat.

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Wed, 14/11/2018 - 12:20

Ek sal maar se wat ek wil. Jurgens was glad nie so sleg toe hulle verkoop was nie maar probleem is dat nuwe besem gewig rond gegooi en mense wat geweet het wat is wat het geloop. Ek stem die Putco reeks was die mooiste jurgens in jare gewees en is jammer hulle is nie meer nie. Daar was baie min vernuwing gewees in laaste 20 jaar. Ek hou nie van manier waarop Imperial besigheid gedoen het nie maar ongelukig is dit maar die way wat hulle dinge doen. Ek het myself belowe sal nie weer voertuig koop wat deur Imperial ingevoer word nie.  Ek het naweek na Okto en stealth gekyk en moet se dit lyk goed. Die quntum ook baie mooi het vriend wat een het. Die fabriek lewer tans net woonwaens aan die handelaars wat aaan hom behoort en hulle specials is goedkoper as wat hy bereid is om waens aan ander handelaars te verkoop.  Ek stem saam pryse is baie hoog maar ek kan sien waar ek my wa bou wat dit werklik kos en dan het ek nie my ure by gewerk nie en ook nie wins en waarborg en handelaars wins of niks nie. Glo my ons gaan nie geodkoop waens weer sien nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 14/11/2018 - 14:14

Ski, ek stem heeltemaal saam met jou, daar was in die algemeen nie groot fout met die Jurgens waens gewees nie, ek dink dit is maar die ou storie, as jou vriend dalk 'n probleem gehad het, moet jou probleem mos groter wees??

Ja die koste aspek, ek glo jy sal presies kan weet wat so wa kos, ons is baie vinnig om te oordeel en se ons word uitgebuit, sonder om regtig te weet wat aangaan.

Meeste mense wat nie iets kan bekostig vertel hoe belaglik duur dit is, dit is nie noodwendig duur net omdat jy dit nie kan bekostig nie?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 10/12/2018 - 08:49

Ek sien 'n koerantadvertensie sê die Hooggeregshof in Pretoria het op 14 Desember 2018 vir Jurgens Ci (Pty) Ltd onder voorlopige likwidasie geplaas.  Jurgens Ci het tyd tot 6 Februarie 2019 om die bevel teen te staan.  Die firma wat die aansoek gebring het is Megafreight Services (Pty) Ltd.

Dit is tragies, alhoewel nog nie finaal nie.  

Ns. My datum 14/12 is foutief  -  koerant advertensie weggegooi, kan nie nou kontroleer of ek 'n tikfout gemaak het nie.  Is dalk 14/11

'n Google-search wys Belgotex het al in September 2018 aansoek gedoen vir JurgensCi se likwidasie.

0

Dis nie goed nie want as daar enige sprake was dat die besigheid gered sou kon word sal daar dalk n Besigheids redding gewees het - nou lyk dit egter nie so nie wat beteken dis die einde is van die pad.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 10/12/2018 - 09:20

Die hofbevel was dus 14 September en nie "Desember" nie  -  snaaks, ek het nogal my bril opgehad !

Ons sal nou moet kyk wat gebeur op 6 Februarie 2019 of die nuwe eienaars die bevel gaan teenstaan.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Mon, 10/12/2018 - 09:33

This  is probably the biggest and best shake up since old man Jurgens left, and I’m very happy it has finally happened.

The biggest positive that seems to be coming out of this is that the franchises are going to be mulit-franchise, so that’s going to eliminate the monopoly that has been strangling the industry, the smaller players will have access to service & backup / marketing on a national  basis...

Long story short, It’s should level the playing field, and we the consumer should now begin to get value for money VIA competativeness.

The arrogance of CI has been staggering. Poor service, shoddy workmanship, crummy materials and over-inflated prices coupled with a take-it-or-leave-it attitude.

It’s got nothing to do with “can’t afford”, but everything to do with value for money....

Why should anyone pay the asking price if the product is crap? Either you put up with it or you don’t spend.... Myself? I choose not to spend, I've struggled too hard and too long to throw my hard earned lucern away...

It’s got nothing to do with “here and there there is a small issue” It’s got to do with dowright shoddy workmanship, cheap and substandard build techniques. I’m not relying on hearesay, I’m recounting what I myself have observed, in many of their products., over a number of years.

The list of sheer rubbish I PERSONALLY have seen ranges from: - cracks above doors, rot around windows, broken steady’s, broken cupboard latches, leaky showers, the list is endless...

The latest is the Gypsey lite that they tried to foist onto the public....

Please bear in mind, I’ve been in quality, quality assurance and quality management for the better part of 40 years, I’m trained to see these things.

The South African camping fraternity deserve better, and at last, it seems we are going to get it.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 10/12/2018 - 09:35

Ek hoop van harte so, dit sal 'n tragedie wees as Jurgens tot niet gaan, ek het ook self baie te sê gehad oor die kwaliteit van Jurgens, maar die nuwe eienaar het hart probeer. My persoonlike opinie, imperial het die skip gesink. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 10/12/2018 - 10:34

Altyd vir my baie hartseer om 'n besigheid te sien ondergaan.

Ek was en is nog steeds 'n groot aanhanger van Jurgens, nog altyd net uitstaande kwaliteit en goeie diens gekry.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 10/12/2018 - 11:51

"Long story short, It’s should level the playing field, and we the consumer should now begin to get value for money VIA competativeness.

The arrogance of CI has been staggering. Poor service, shoddy workmanship, crummy materials and over-inflated prices coupled with a take-it-or-leave-it attitude."

Warren, I hope you are correct that "better value for money" is on the horizon.  Take into account that the new Okto caravan manufacturing plant has the following ex-JurgensCi employees employed :-

  • Production Director
  • Designer
  • If I am not mistaken, also the previous CEO of JurgensCi is the CEO of Okto. (I could not verify this).
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus