Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -5 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -5 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -8 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 18/12/2018 - 19:37

Vir die wat nog altyd gewonder het hoekom n Landrover sulke plat modderskerms het. Lekker plek vir die gereedskap.

Lamdy

Wil die een bysit, kyk wat se ougat hemp het Sakkie aan, hy het amper 2 dae lank geneem om die aangepakte olie en stof bietjie te tem. Dit is Landrover se manier is om olie lekke aan te spreek, verstop hulle met n mengsel van olie en stof. 

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 19/12/2018 - 05:27

Goeiemôre!. Anton jnr wil in die berg gaan stap, gou koffie en milo en dan sal ons die pad vat. 

Julle moet 'n lekker dag hé! smiley​​​​​​

Môre Stoffel! 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 19/12/2018 - 05:47

Vandag is dit die oppak en weer huis toe. 

Dan is dit werk vir twee dae, kantoor se jaar end ete, dan sluit ons tot 7 Jan. 

Geniet julle dag en wees veilig. 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 19/12/2018 - 06:36

Ek hoop almal voel fris en gesond vanoggend.

Die wat kamp, moet dit nog steeds geniet.

Ek moet vandag 'n pot sop kook vir die Uncle.   Moet darem sorg dat hy ook kos het vir Kersfees.laugh

Lekker dag vir almal!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 19/12/2018 - 07:04

Goeie môre aan almal, geniet julle laaste Woensdag voor Kersdag.

Stoffel, hoe gaan dit met jou dogter nou?

Anton, geniet die berg, een van my gunsteling tyd verdrywe gewees om te gaan berg klim.

Harry, julle moet veilig terug ry, en groete vir Deon-hulle.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 19/12/2018 - 07:16

Die week stap aan skink daai koffie of tee kamp lekke werk lekke en Harry / Deon lekke oppak en veilig terug ry vrede

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Wed, 19/12/2018 - 07:38

Hoop julle kamp lekker,ry veilig, geniet die dag by die werk (?) Ens.

Ons gaan nou die hondjie vir 'n stappie op die strand  vat, maar die wind waai weer erg. Sal seker maar 'n kort stappie wees

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 19/12/2018 - 11:55

Jy is 'n baie voorbeeldige seun, Voories.  Kyk net hoe mooi doen jy verslag aan ons van al jou doen en late.   Nee, wag, jy vertel ons darem seker nie "alles" nie.   Nou hoekom maak jy die potjie nie ook stap vir stap en neem weer foto's soos jy aangaan nie?   Nog 'n kookles vir ons op die forum.

Ek kan hoor en sien julle geniet dit daar. yes

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 19/12/2018 - 18:10

Dit drup so liggies hier, seker so 1mm. Toe vra Von my, in die dae toe dit nog duime gereen het, hoe het mense gepraat van sulke effentjies reen. 

Vir die jonges, duime was daar 12 van in n voet. Een duim is 25, 4mm lank. Duime was in helftes en  kwarte opgebreek, maw n halwe duim, kwart duim, en in kleiner agstes van n duim. My oupa het altyd gepraat van n klein mate as n aks, seker eintlik n agste van n duim, maar nooit gehoor praat van n aks reen nie. Dalk het die reen daai jare net in duime gekom, nie die effentjies van vandag nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 19/12/2018 - 18:35

Mense maar my maag is nou lekker vol na daardie lekker hoender potjie wat ek vanmiddag gebou het.  

Ek kan voel die vakansie het nou ingeskop want al wat ek nodig het en dra is my swembroek.  Hemde is nou amptelik iets wat net vir die beskawing benodig word.

Sit nou lekker rustig hier in die koelte na 'n warm dag en dink ek moet vir my' n koffietjie gaan bou, doodstil en net die klanke van voëls en kampeerders en die reuk van braaivleis vure wat oorheers smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus