Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Triton -Honda- Nissan Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -2 hours ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -3 hours ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Montagu Oktober 2026 saam gesels maurits1 -4 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 17/12/2018 - 08:32

Noudat Harry wys van die hoender skilpaadjies.. Haal gister T bones uit om te braai en toe gaan koop ons hout hier by die winkeltjie.   Ek het lekker gelag!  LOLLA sê sy sal die sak hout vat en ek sê vir haar maak net seker jy vat die regte hout vir Bees en moenie die hoender braaihout kry nie!   Sy het my geglo laugh en gesoek vir die bees hout. 

Hoender

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Mon, 17/12/2018 - 08:45

Die laat my nou weer dink aan die wyfies se haar kleure. Is tannie Freda se hare nie ook so blond nie?

Wag ek sien my hoekie wag vir my. 😉

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 17/12/2018 - 09:58

"Julle moet ook lekker eet en die dag geniet en wees veilig. "

Harry, wat bedoel jy hiermee ?  Die Love Life advertensie het ons mos geleer om altyd veilig te wees, selfs as ons kamp !

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 17/12/2018 - 12:53

Gees, Herman het mos gesê hy vermoed sy vrou lê en dink werk uit vir hom in die nag.laugh  Moontlik het jou vrou bietjie staarsiekte gehad laasnag?   

Nee, Gees, ek is nie blond nie, ek is platinum!!wink   Daar is vrouens wat duisende rande betaal om hul hare platinum te laat kleur.    Ek het myne sommer verniet gekry.laugh

Harry, geniet die kosmakery vir die ander mense, hoop hulle eet lekker.   Stuur groete vir Seeg!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 18/12/2018 - 05:49

Goeiemôre!   'n Heerlike oggend hier by Three Mountains!  Dit is oortrokke met' n ligte briesie wat waai, maar ek dink die reën terg net.  Dit sal wel. Lekker wees as daar so 'n paar millimeters val.

Julle moet almal' n heerlike dag hé smileyyes​​​​​​

Kan ek koffie skink? 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 18/12/2018 - 06:23

Wees gegroet, almal op die forum.   Die langnaweek is verby en vir sommiges is dit terug werk toe vanoggend.   Dit is darem 'n kort werksweek, so ook die volgende twee weke.yes

Ek glo almal wat kamp is besig om dit te geniet.   Voortrekker, hoe voel daai verkoue nou?

Ek hoop almal het 'n goeie dag.

0
Middelburg

Noel

Tue, 18/12/2018 - 06:55

Goeie more maters. Dankie vir die koffie en koffie sal lekker smaak !  Afgelope 2 dae het 24mm reen geval by die huis. Baie dankbaar daarvoor !! Ek is tans besig om afdak te sweis vir die boswa. Dit is verleng langs die ander afdak. Die kweekhuis afdak waar die  boswa huidig staan gaan nou houtwerk werkskamer wees vir die vrou.

Die maters wat nou kamp moet dit geniet  en maters wat Jan tuis bly is moet ook geniet.

Heerlike dag vir almal !!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 18/12/2018 - 07:31

Het 6 mm reen uitgegooi vanoggend elke een wat kamp gaan groot die wat by werk is soos ek byt vas ons beurt kom vir kamp en net rus koffie loop soos stroop vrede

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus