Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Raai wat's vir aandete vanaand. Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -6 minutes ago
baie roete opsies... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Toer Kaap toe Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Vlieg Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Prys van brandstof Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
nie geweet.... Nog lekker hoender resepte Wessel Strydom -2 hours ago

Karmenaadjie

Centurion
Submitted by Voortrekker on

"Karmenaadjie. Dis ’n skotteltjie gasvryheid wat aangedra word na die nuwe bure. Of ’n vleisgeskenk, afgekerf van jou gesin se maaltyd en aangebied met ’n oop gemoed." liplekker.co.za

Gister so 'n lekker gestaan en geels met Nadia, saam met Bettie en Nick (lang kampers) oor die kampeer kultuur en toe duik die woord of" gewoonte"  van' n karbenaadjie op.   

Nou ek staan al vir 6 dae hierso en niemand het nog vir my 'n karbenaadjie gebring nie? angel  So verstaan ek ook dat die houer of bordjie of skotteltjie nooit leeg teruggeneem word nie. 

Karbenaadjie

Bogenoemde geneem van Reviewonline.co.za 

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 22/12/2018 - 09:06

Ja, dis presies wat 'n karmenaadjie is.   'n Skotteltjie met 'n lekker stuk vleis daarin.  Ek ken dit van my kinderdae, daardie woord.  Ongelukkig, dink ek, dit en die mooi gewoonte het half uitgesterf.

0
Traveler

Nadia

Sun, 23/12/2018 - 09:23

Goeie môre, ek het maar so deur die jaar se permanente kamp geleer dat as mens bietjie ekstra eetgoed gemaak het soos bv  Pannekoek, muffins of skons ens gebruik ons net wat ons benodig en die ekstra word dan as karmanaadjie aan die bure geoffer. En dis waar die gesprek met mede lid Voortrekker begin het. Ongelukig vir hulle as gesin het ons 3 permanente kampers se etes vir die afgelope week baie volgens beplanning verloop met net die nodigste vir ons eie gebruik en die geleentheid om ñ karmanaadjie te deel was baie skaars. Mens moet maar ook in vandag se leeftyd spaarsaam werk met dit wat jy het want lewens kostes is maar oor die algemeen duur. Maar wie weet dalk is dit moontlik dat ons mekaar weer raak kamp en die geleentheid om ñ karmanaadjie te deel.

Veilig ry en geniet jul kamp by Dube! Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar.

Groete Nadia 

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 23/12/2018 - 11:02

Hi Nadie, baie welkom hier!!!

Ja ons sou ook nou by Drie Berge gestaan het, maar wou tot einde Jan staan, ongelukig nie uitgewerk nie?

Ek weet Koos en Johanna is nog daar, Apie en eileen is seker einde Nov daar weg, wie van ons permanents is nog daar?

laastens, ons sal julle graag erens wil raak kamp.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus