Eerste keer in 18 jaar opgesit weer.
Die 'Ou Lady' se voltent is 49 jaar oud en gaan verseker nie die reën buite hou nie.
Ons wil graag probeer om weer dieselfde tent te laat maak maar sal nog wag vir die skip om te kom,
ek hoor dit kos baie.
Die meeste lyk nog goed ? …
Die meeste lyk nog goed ? Jy kan hom mos net weer seël ?
Gerhard, jy kan die tent mos…
Gerhard, jy kan die tent mos net herseel en die paar plekkies laat reg maak.👍
Gaan eers herseel
Dankie oom Willem, oom Johann en Sleep nou. Vir die ouderdom is die tent nog mooi ja.
Die oorspronlike merke is nog op die tent vanaf die fabriek.
Ons wil eers die tent herseel en patch maar sal later van tyd 'n nuwe tent laat maak.
Die grootste probleme is ook maar eintlik klein. Hier en daar in die dak is 'n plekkie wat ek clear silicone sal gee en verder is dit naald en garing met baie liefde saam.
Nog so paar foto's
Gerharddak is 'n plekkie…
Gerhard
dak is 'n plekkie wat ek clear silicone sal gee
Ek sal dit nie aanraai nie, werk toe wat toe gewerk kan word en dan kry jy daai tent seel goed.
Kyk na Tentco se Care & Maintenance
Seam Leakage
Ensure tent has been initially wetted and allowed to dry before first usage in order to allow natural swelling & Seizure of both canvas & Stitching. Thereafter if small leakage still occurs, use of a wax stick applied along the inside of the entire seam should suffice.
Hier is nog een.
PVC Seam Sealer
Dankie oom Willem...
Dankie oom Willem, ek sal die silicone los. ![]()
Wonder ek nou of mens so 'n…
Wonder ek nou of mens so 'n tent weer sal kan kleur? Ek dink nou how mooi hy sal lyk as mens al die gate toemaak ens , kleur en dan seël?
Oom Len...
Oom Len, Eskom het nog nie weer die liggies afgesit nie, so die kers is weg geberê in die kas.
Ek sal probeer om vir oom 'n mooi storie te soek.
Anton, ek het ookal gewonder of ek daai tent weer kan kleur maar ek twyfel.
Hahaha Len! Eerste keer in…
Hahaha Len! Eerste keer in 18 jr tent opgeslaan! ![]()
Dyeing a canvas tarp is an…
Dyeing a canvas tarp is an easy project as the untreated natural canvas will hold dyes better than many other fabrics. Because a tarp is generally quite large, you will need to dye it in a large wash tub or a bathtub instead of your washing machine, then wash it in an industrial-sized washing machine before and after dyeing to ensure that it is properly cleaned. Any fiber-reactive dye will work on canvas and will produce better, longer-lasting results than clothing dyes like RIT.
Step 1
Wash the canvas tarp thoroughly.
Step 2
Fill the tub or bath with at least 20 gallons of warm water, pouring in the non-iodized salt at the same time so that it dissolves completely.
Step 3
Dissolve the dye in about 2 cups of warm water (or according to manufacturer's instructions), then pour the dye into the tub of water. Stir slowly to make sure the dye is completely dissolved throughout the water.
Step 4
Place the canvas tarp in the dye water, and stir it every few minutes for at least 20 minutes.
Step 5
Dissolve the soda ash fixer into about 2 cups of warm water. Over the course of 15 minutes, add the dissolved soda ash to the dye water, stirring constantly. Do not allow the soda ash mixture to touch the tarp directly—move it aside with the stick or paddle.
Step 6
Continue stirring the dye bath every three to four minutes for the next 30 minutes (light colors) to one hour (dark colors or red).
Step 7
Drain the water and rinse any excess dye from the tarp. Wash the tarp in hot water to remove the rest of the excess dye.
Ek het 'n girlfriend gehad…
Ek het 'n girlfriend gehad baie jare gelede wat in die dye Industrie gewerk het en ek weet dit is moontlik, maar dit gaan 'n GROOT proses wees en jy gaan 'n groot "was" bak nodig hé met baie warm water en dan die nodige middels wat op die regte manier ingemeng word om die pH ens reg te kry soadt die kleursel "vat" - die grootste uitdaging sal ook wees om die kleur eenvormig te kry en nie kolle of plekke waar dit donkerder of ligter as ander is nie. Daar is plekke wat sulke jobs sal doen en die nodige boilers en potte en kleursels het met die nodige ondervinding natuurlik.
Herstelwerk
Hi Gerhard,
Voor jy 'n klomp onnodige geld uitgee op daai tent, wil ek en jy nie een Saterdag kyk of ons saam met Ouma se Singer nie weer die outjie kan heel maak nie.?
Ek is geensins professioneel met die tipe van besigheid nie maar het al nuwe ritssluieters vir manne ingesit, afdakkies gemaak en kan my self help met die stikwerk.
Naald en gare gaan nie heel spoggerig werk nie so gee my 'n luitjie by Nul agt 2 - 292 - Twee 7 Twee 8 dan maak ons plan.
Ek bly in Birchleigh langs die R21, so ook nie myle weg van jou as julle in Elarduspark bly nie.
Groete
Andre
Dit is nou nice! Laat weet…
Dit is nou nice!
Laat weet my asb as julle so iets doen, dan kan ek ook kom kiuier en 'n paar foto's neem? ![]()
Singer masjien
Môre almal
Stikwerk met 'n Singer!!! My ma het ook 'n Singer, mens moet dit letterlik met die hand draai.
Klink my of ons rerig handige mense op die forum het---tot naaiwerk
Groete
Wessel
Stikwerk met 'n Singer Het…
Stikwerk met 'n Singer
Het ook een by die huis en dit werk ook goed met tente. Het egter 'n semi-industrieële een ook wat nog werk al is dit oud
Wessels
Nou hoe bedoel die meneer nou.
Stikwerk - ek doen daai een met 'n slinger Singer. Stukwerk het ek nog altyd verstaan as oordintlike Afrikaans vir "piece job".
Naaiwerk - daai kan OOK stikwerk wees, of ????, ons "kerkmense" praat nie uit oor die ander moontlike betekenis nie ne.![]()
Singer stikwerk
Middag Andre
Is onse moedertaal nie pragtig nie, al klink dit soms op die oor as blatant.
Lekker stik![]()
Wessel





Hier is die foto's van vandag se opslaan
Die tent was laaste gebruik in Junie 2001, na dit het die rally tent by gekom en tent is nooit weer gebruik nie. Dit is die kondisie waarin hy was toe my ouers die wa gekry het Februarie 2001.
Hier is die foto's van vandag se opslaan