Hierdie paaie neem jou na die mooiste kampplekke denkbaar....





Waar is................
...........die fotos geneem ? Lyk vir my julle het nogal koud gekry.
Ek is ook nuuskierig om te…
Ek is ook nuuskierig om te weet waar die foto's geneem is.
As ek moet raai is die…
As ek moet raai is die eerste klompie in die Richtersveld. Die klipskerm , was nog nie daar nie, maar lyk soos weskus park.
Dit lyk baie lekker (en koud…
Dit lyk baie lekker (en koud
) Dankie vir die mooi foto's Gerhardt ![]()
Ja, Richtersveld en sy passe…
Ja, Richtersveld en sy passe asook Namaqua park. Langs die kus raak dit gou koud as daar n storm op die see is. Op plekke soos die voel ek vry, weg van stads geraas en mense, naby my Skepper en die natuur. Die mense saam met my is nie net n kennis nie maar siels genote.
Hondeklip baai

iewers langs die Weskus

Myself en die see

doodspas

Eet soos konings

Dis hoe n oggend moet begin

Nog 'n mooi en interessante…
Nog 'n mooi en interessante draad. Dankie Gerhardt.
Gerhardt dit is
Dis kos vir die siel daai stilte daai oop ruimte dit klink soms oor verdowend daai stilte my beurt kom nice draad Gerhardt
Wie wil nie hier kamp nie....
Ons het net anderkant Windhoek afgedraai in die Swakop rivier. Toe weer regs in die Khan rivier. In Julie is die lope droog maar baie los sand. Hier vind jy n mooi en stilte soos min. Ons het vir 5 dae gery en 1 voertuig gekry wat verby gekom het. Lekker koud in die aande en naby vriespunt.



Ai, ou Duitswes kruip darem…
Ai, ou Duitswes kruip darem maar onder 'n ou se vel in. Mooi foto's Gerhardt. Ek gaan nou nie só gelukkig wees soos jy om "off-road" te gaan tydens my komende Namibië-besoek nie, maar jou foto's wakker die antisipatie aan.
Dit lyk lekker. Dit laat my…
Dit lyk lekker.
Dit laat my terug verlang na my en Segekok se berge toer in April 2016.
Sal so paar foto's hier gooi as ek mag.





paaie na kampplekke
Môre Gerhardt
Jy maak my nou skoon jaloers, en maak dat ek 'n gebod wil oortree--begeer nie jou naaste se voertuig nie.
Grappies op stokkie, ek kyk met verlangende oë na jou bydraes en julle ouens is voorwaar gelukkig om ons land se natuurskoon so te beleef.
Plaas asb nog bydraes, fotos en teks, ek geniet dit
Dankie Wessel