Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -10 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -18 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -18 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -19 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -20 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -22 hours ago

Boepies

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagse al die kampers.

Wat neef byval is al die boepies onder die manne, jonk en oud. 

n Boep kan seker amper  dieselfde geklas word as Gout, sien Gout is die resultaat van goed leef, baie rooivleis, bier en wyn. Arm mense het nie Gout nie. Dan die bierboep, die word nie sommer netso gekry nie, nee, dit is braaivleis en bier, brannas en coke by die vate vol.

Is dit dalk dat die boep wat n t hemp soos n afdak laat lyk, kamper drag is, sodat ons mekaar in die winkelsentrums kan raaksien, en so effe skuinskop n knik van erkenning gee. Daai effe agtetoor loop, plakkie se hakke plat getrap om mooi in balans te bly is kenmerkend van aanpasbaarheid. 

Wel gedaan vir die wat dit met trots uitstal.

Groetnis.

 

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 28/02/2019 - 09:18

Voorie, synde neef se finansiele situasie nie oormatige gebruik van luukshede in die lewe toelaat nie, is ek nog nie lid van die klub nie, dalk eendag. Miskien loop ek te veel hier op die plaas rond om bietjie te " bou" aan die Gout kristalle op die tonewink

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 28/02/2019 - 11:39

Ek het nou lekker gelag vir Herman wat praat van 'n afdak hemp.   Maar ag wat, 'n man met 'n boep is OK vir my.  Nie te versmaaie nie.  laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 19/10/2022 - 08:09

Jig, oftewel gout soos meeste mense dit ken, was tot ‘n paar jaar gelede vir my soos ‘n Land Cruiser - nie iets wat ek ooit sal kry nie. Ons het Saterdag ‘n feesviering van die lewe gehad by die kerk, en daar was twee skape op die spit. Ek vermoed dit het bygedra tot die pyn in my regtervoet waarmee ek Sondagnag wakker geword het, en wat nog nie gewyk het nie. 
 

Toe dink ek, dat ek bietjie by meer ervare manne moet kom kers opsteek oor hoe ‘n jig aanval voorkom en/of behandel kan word. Ek weet daar is voorskrif medisyne, maar wat as dit mens tref terwyl jy bv in Kgalagadi is (waar ons DV oor net bietjie meer as vyf maande gaan wees). Deel bietjie julle voorkomende en behandeling doepas asseblief. Ek het bv al Jigsemur gesien op winkelrakke. Is dit net ‘n slim naam of doen dit wat die naam sê?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/10/2022 - 08:25

Môre Vriende

Na aanleiding van Chris S se opmerking hierbo, in my geval geld dit nie. 

Ek mag dalk nooit jig/gout kry nie, van die ander is ek steeds onseker. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 19/10/2022 - 08:57

....weet ek nie wat jig of gout is nie.  Hoor wel baie oumense kla daarvan.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 19/10/2022 - 09:00

Jig is n ry man se kwaal. Te veel rooi vleis en drank. Die wat daarmee sukkel, moet maar die lekker vet spitbraai en die paar liter bier daarmee saam inperk.

Jy kan van Dr Vogel se "Alcaline Powder" daagliks drink om die suur te probeer verninder, maar as daai toon eers rooi geword het, weet ek nie van raad nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/10/2022 - 09:00

....windmakerig nê!!!!

Aangesien ek jou in lewende lyf gesien het Aprilmaand, weet ek dat jy nie nou jok nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/10/2022 - 09:04

Môre neef

Jou opmertking word as korrek gedemonstreer deur die volgende voorbeelde;

1] kyk hoe lekker geset is die voorstegestoelte regeringsmanne. In hulle kultuur word dit juis gereken as 'n bewys van "vooruitgang" en welgesteldheid.

2] die postuur van die lot herfsblare by KarooNP. Duidelik 'n klomp armgatte wat daar byeen was.laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 19/10/2022 - 09:57

die postuur van die lot herfsblare by KarooNP. Duidelik 'n klomp armgatte wat daar byeen was

As jy my geld aan my postuur wil meet, kwalifiseer ek nie as 'n armgat nie. Daarvoor is die boep wat ek saamdra 'n te groot ontsteltenis vir Ralie. Sy sê altyd dat die res van my lyf vertoon nog goed, maar sy wens dat sy my boep kan laat uitslag. Ek het maar vrede gemaak daarmee, maar gelukkig is ek nog jigvry ("touch wood").

Net voor een van die hengeltrippies saam met my seun en sy jongklomp-vriende Hentiesbaai toe, het ek skielik 'n pyn in my regtertoon ontwikkel. Ek gaan kry toe maar by my plaaslike apteek oor-die-toonbank medikasie vir jig. Die apteker stel toe voor dat ek maar twee pakkies van die tablette saamneem toe sy hoor ons gaan vir twee weke. Haar woorde was: "Julle gaan tog nie net seewater snuif nie". Gelukkig was dit nooit nodig om die medikasie te gebruik nie - ten spyte van die baie polisiekoffie.

Maar ek het verstaan dat jig 'n pes van 'n ding is. 'n Oud-kollega van my het dit hewig gekry. Al alkoholiese drankie wat hy sonder probleme kon gebruik was "cane". Bier en wyn veral, was soos gif vir sy toon.

Sterkte Chris WH.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 19/10/2022 - 13:49

Wil nou 'n klip in die bos gooi.

Gout is beslis nie 'n rykman kwaal nie want my Pa het nie 'n knerts gevat nie behalwe met spesiale geleentheid 'n biershandy. Ook nie vleis met vet aan geëet nie (so ook nie ek nie sny die vet af) en tog het hy bietjie gout gekry. 

Myself is baie gepla met sooibrand as gevolg van te veel suur en moet maar pasop vir brood. Gebruik maar 'n pilletjie somtyds vir dit.

Boeppens -- van kleins af het ek altyd gesê dat ek nooit 'n boep wil hê nie. Met die inperking dat ek nie kon oefen nie het daar so 'n rolletjie ontwikkel en het dadelik werk gemaak daarvan. 

Weet nie wat ek gaan doen as ek nie meer aktief kan wees nie want is  doodseker dat die boep sal kom. 

Sal dan maar by die klub aansluit. 😂

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 19/10/2022 - 14:02

Nou ja, ek sal nooit ‘n Land Cruiser kry nie maar nou weet ek hoekom. Ek eet en drink blykbaar soos ‘n ryk mens en daar bly dus nie genoeg oor vir die paaiement nie. 
 

Ek dra so 8kg te veel saam, maar ek is 1,98m lank so ek het darem nie ‘n afdakboep nie. Ek is nie oortuig dat dit in elk geval iets te doen het met jig nie. Dit is die gevolg van te hoë vlakke uriensuur wat deur sekere kos (soos rooivleis) en alkohol veroorsaak word. As daar meer is as wat jou liggaam kan verwerk, vorm dit kristalle wat plaaslike inflammasie (en die pyn) veroorsaak. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus