Veilig hier, die pad was nie so besig kort na 12:00 toe ons by die huis weg is nie.

Ek sie oom Willem kan nie…
Ek sie oom WilSur kan nie meer n vol tent opslaan nie. ![]()
Kyk hoe deurmekaar lyk alles…
Kyk hoe deurmekaar lyk alles, dit is net wasgoed, toue en opblaas poppe, ek meen matrasse waar jy kyk 😂😂😂.
Check daai Ford Territory so in die hoekie.
Lyk ook nie vir my of daai…
Lyk ook nie vir my of daai wa mooi level staan nie?
Die voltent werk net vir die…
Die voltent werk net vir die lang kampe. Dalk moet ek meer begin lank kamp.
Fie stand is lekker groot (No.2) van die ander is maar klein. Het weer gaan kyk na ons stand vir Desember, lekker eenkant en die plaveisel is moer groot, sal hom gaan meet.
Die nuwe staanplekke met privaat ablusie is ook baie nice, maar die koelte is nog min.
Baie nice Willem, mooi gras…
Baie nice Willem, mooi gras staanplek wat jy het.
Geniet.👍
Willem.............
Willem, as jy net die rally opslaan, gooi jy nie grondnette uit nie en sit jy ook nie jou "skirting" oor die wiele op nie ?
Hoe vervoer jy die voorste tafel, pas dit in die Ford ? En waarvoor gebruik julle die opblaas matras ?
Is julle kombuisie agter opgeslaan ?
Is daar ook las van blouape ?
Len, As die gras mooi is …
Len
As die gras mooi is dal los ek die grondnette (dié keer by die huis vergeet)
Daai tafel blaaie is in twee en pas onder die bed.
Ja die kombuis is opgeslaan.
Dit is Wijan se matras wat in sy tent gaan, dié was nog nie opgeslaan nie.
Ek het nog geen aap se kind hier gesien nie.
Ek het so ingetrek om nie met my rug na die ander te staan nie, ons is 4 karavane saam anders sou ek anders gestaan het.
Gister het dié mooi kat vir…
Gister het dié mooi kat vir ons kom kuier, is nogals mak. Die vorige kamp bestuurder het hom glo met 'n bottel groot gemaak, hy gegin nou sy eie kos vang.

Jinne Willem,
julle is gelukkig. Gedurende die 5 dae wat ons in Dinokeng was het ons nie eens 'n huiskat gesien nie.
En oom Sarel, as wat se…
En oom Sarel, as wat se spesie sal oom, oomse wyfie beskryf!!??.
Skerp.....
Skerp Gesie !
Willem, dit lyk vir my na 'n rooikol-muskejaatkat (civet op Engels). Word nogal baie verwar met 'n kleinkol-muskejaatkat (Engels genet) wat donkerbruin bene het. Wat sê die kenners op die forum ?
Daai kat sou net dalk saam…
Daai kat sou net dalk saam met my huis toe gegaan het, ek is 'n kat mens, of is dit nou katterage mens![]()
Seker katerige mens. Was…
Seker katerige mens.
Was ook baie lief vir katte - lief om hulle vir my honde te voer!
Darem nie ek is te lief vir diere maar ek sal n kat streel en bietjie aandag gee maar daar stop dit.
Dis mos maar eintlik ń troeteldier vir Oujongnooiens of wat praat ek alles?
Ons was voor 13:00 veilig…
Ons was voor 13:00 veilig terug by die huis.
Daar was so soortvan pad bokade op die N1 voor Murryhill wat nogals die verkeer vloei belemmer het maar die blou manne het hulle werk mooi gedoen. Almal wat in die geel lyn beweeg, een het gefink ns hy by hulle verby is gaan hy met spoed daar ry, wel die man in blou het nie op hom laat wag nie en ook teen hoë spoed agterna gesit. Ander een het waarskuwing gekry en besluit hy gaan maar weer terug in die geel baan, toe kry hy maar die boete.
So paar foto's by Dinokeng ...
Hierdie ou en sy vrou is nou al twee jaar permanent op die pad, het als verkoop tot later. Hulle is van 1 Mei by die Eiland Spa. So gaan groed gerus (kan nie die naam onthou nie, slegte punt van my)


So paar staanplekke.



So paar foto's by Dinokeng ...
Hierdie foto's is van die blokke met privaat ablusies. Die blad is volgens my 8 x 8m, hulle moet nog dakkies oor die buite opwas plek sit. Die koelte is maar skaars ![]()





Daar is 4 van hierdie blokke, die staanplekke is nie presies soos om die ablusies nie. Daar is ook nog 3 in aanbou en behoort by Desember klaar te wees.





Lekke Willem
Sien julle is reg vir kamp geniet hom Willem hier by Buffelspoort n oord stamp vol