Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -2 hours ago
Vroeg oppie strand Geert - Ballito Geert -3 hours ago
Geert, Geert - Ballito Johann L -3 hours ago
Rona, November 2026 Johann L -3 hours ago
Reenbui Geert - Ballito Geert -4 hours ago
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -11 hours ago

Huiskrag tydens beurtkrag

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on

Beurtkrag

Ek geniet nogal die vrede en donker tydens beurtkrag maar daar is ander oorwegings noudat ons weet beurtkrag gaan deel van ons daaglikse lewe wees vir 'n geruime tyd. 

  • Skade aan yskaste en diesmeer
  • Gebrek aan sekuriteitstelsels tydens beurtkrag
  • Gebrek aan produktiwiteit tydens beurtkrag
  • Gebrek aan noodsaaklike toerusting tydens beurtkrag
  • Ens, ens, ens...

Gelukkig is hier 'n klomp vernuftige mense op die forum, en het ek gedink ons kan mekaar bietjie raad gee oor hoe om die probleme te systap.

Wat skade aan yskaste betref het ek die toestel raak geGoogle. Weet iemand of dit doeltreffend is? Dis nie vreeslik duur nie. https://www.takealot.com….

Dan sal ek graag ook menings wil hoor oor 'n bekostigbare, betroubare kragopwekkertjie vir tuisgebruik tydens beurtkrag. Ek besef dat dit nie so eenvoudig is nie, aangesien dit afhang van wat mens alles wil dryf.

By ons is dit hoofsaaklik my vrou se twee iMac rekenaars (omtrent so 600W maksimum) sodat sy en haar assistent kan aanhou werk tydens beurtkrag. Ek kyk na 'n modelletjie soos die Ryobi 2000W Inverter generator https://www.takealot.com…

Dit moet 'n inverter generator wees aangesien dit krag moet voorsien aan rekenaars, en ek is nie lus vir 'n raserige een nie, so ek is bereid om die premie te betaal vir 'n stiller een. Nou is my vraag, moet mens die kragopwekkertjie deur jou huis se DB laat koppel of kan jy hom direk gebruik? Verder, is die model hierbo aan te beveel of is daar 'n beter opsie? (bekostigbaarheid in ag geneem).

Enige ander voorstelle of raad kan ook maar hier gegooi word. Byvoorbaat dankie.

Hieronder ook aangeheg 'n PDF vannaf Neef Herman met groter solar opsies:

Attachment Size
SYSH1800-PLUS-003.pdf 634.84 KB
Preparing for Load Shedding_0.pdf 150.09 KB
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 12/04/2019 - 10:01

Ek begin bietjie wonder oor die Mecer. Vriend het so model in sy plaashuisie wat die besproeings rekenaar monitor, die "timer" raak uit waneer krag af is. Dit is dus n permanent gekoppelde eenheid.  Onlangs toe hy huisie oopsluit stink die hele plek na suur. Die affere het die batterye gekook, die is nou tot nuut, hy het dit uitgehaal, se dit is n gevaarlike besigheid want hy kom net een keer per maand plaas toe.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 12/04/2019 - 16:13

Wat my pla is die veiligheids sisteem in die toestel. Het met n ander man gesels, die is nie n geisoleerde geval nie. n Battery wat oorlaai word kan glo ontplof het ek gehoor by die, let wel, onkundiges.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 12/04/2019 - 18:10

...............30 Mecer 1440watt eenhede namens my seun oor die afgelope 8 jaar gebou  en net een het na 7 jaar die gees gegee. 90% van hierdie eenhede hardloop permanent om onmiddellik in te skop as daar 'n kragonderbreking is.  As die monitor dopgehou word, kan duidelik gesien word hoe die batter-laaier afskakel as die batterye gelaai is.  Daar is ook 'n waaiertjie wat afskakel as die laaier afskakel.

Dis 'n bekende feit dat 'n battery wat voortdurend gelaai word, begin naderhand kook, skei 'n nare suur-reuk af en kan ontplof.  Ek glo dat in die geval wat Herman noem, het die laaier in die inverter foutief geraak en nooit afgeskakel nie.  Sulke breke is altyd moontlik by elektroniese komponente.

 

0

 

Ek het die Mecer inverter en komponente 5 jaar gelede gekoop en dit self gebou.

Oom Len, ek het vandag uiteindelik vandag my diep siklus batterye gekry en wil nou my R1440W Mecer inverter toets. Volgens die handleiding moet 'n DC breaker gekoppel word tussen die batterye en inverter. Is dit werklik nodig? 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 28/05/2019 - 18:16

..........maar vir gemoedsrus, maar die kabels wat Mecer saam met myne voorsien het (met koppelstukke weerskante van die kabel, het nie 'n breker tussen-in gehad nie.  In myne se geval is kabels baie kort tussen die batterye en die inverter en dit maak nie eintlik sin dat dit daar moet wees nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 29/05/2019 - 09:00

Dankie Oom Len. Mecer het kabels (taamlik dun) ingesluit by myne ook (ook sonder 'n breaker) maar in die handleiding dui hulle aan dat daar wel een moet wees.

Verder is dit 'n 24V stelsel en daar is nie kabels ingesluit om die twee batterye aan mekaar te koppel nie. Ek weet min tot niks van elektrisiteit nie. Nou wonder ek of dit saakmaak as die kabel wat ek gaan koop om die twee 12V batterye in serie te koppel sodat ek 24V kan kry dikker is as die wat Mecer voorsien het om die batterypak mee te koppel aan die inverter? 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 29/05/2019 - 09:27

Wildehont, my vermoede is die volgende:

1. Die breker se doel is net om die baterye te "ontkoppel" sou jy aan die inverter kant wil werk, bv. additionele koppeling ens. wil aan bring.

2. Die dikker draad wat jy gebruik om 'n sweis masjien se kabels sal verseker die krag / stroom kan hanteer, dus sou ek voorstel, gaan vir die dikker kabel van die batetye af tot by die inverter se "input" 

3. Vir 24 volt, sal jy die batetye in serie moet koppel - parralelle koppeling gee net 12 volt.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 29/05/2019 - 09:40

Wildehont, ek het ook die 24V Mecer inverter en die batterye is in serie gekoppel. Ek het ook die sweis masjien kabel gekoop vir die koppeling van die 2 batterye en gladnie 'n breker ingesit nie.

Geen probleem tot dusver opgetel nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 29/05/2019 - 09:48

.................Hennie en Johann hierbo vermeld het, het ek ook 'n kort stukkie lekker dik sweismasjien-kabel gebruik om die positiewe pool van die een 12V battery met die negatiewe pool van die ander 12V battery te verbind om 24V beskikbaar te stel.  As die twee batterye langs mekaar staan, het jy 'n baie kort stukkie nodig.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 04/07/2019 - 10:42

So het die verkiesing gekom en gegaan en die winter sy(haar?) tande begin inslaan en nog geen beurtkrag weer sedert ek vir my batterye en 'n inverter (ten duurste) aangeskaf het nie. Ek weet nie of ek moet bly of kwaad wees nie. 

Ek hoor egter vanoggend op die nuus dat die regering nou oorweeg om Eskom se skuld in geheel oor te neem. Dis omtrent dieselfde as om vir jou seun wat matriek gedruip het te sê jy sal namens hom sy matriek doen die volgende jaar. 

0

Worcester.

Ek wil graag aan jou voor stel om liewers 'n Dubble pole DC breaker (Maak seker dit is DC en nie AC nie, hulle verskil) te instaleer in jou stelsel of 'n DC fuse (nadeel is as fuse blaas moet jy vervang) waar DC breaker kan jy net weer aanskakel maar fuse is vinniger vir beskerming van jou stelsel.

Dis belangrik om DC breaker tussen PV Panele en Charge Controller, tussen Charge Controller en batterye te instaleer en dan ook tussen batterye en inverter. Onthou dis DC sisteme en die amps wat deur vloei is hoër as in AC. Dan ook belangrik om AC breaker tussen inverter en plug of multiplug te instaleer.

Dis vir jou eie veiligheid.

Die ding is as iets verkeerd gaan in die stelsel brand alles uit en kan ook sekondere gevare hê. Maak altyd seker dat jy tussen (min) 4mm2 na 6mm2 PV draad tussen panele en CC het, 16mm2 tussen inverter en dan 20mm2 tot 25mm2 tussen batterye koppelings het. DC breaker min 60A 12v sisteme (2000W tot 2500w) Onthou 12v system trek meer amps as 24V sisteme hoe hoër jou volts hoe minder jou amps.  Toets gerus die amps wat deur jou DC sisteem gaan jy sal verbaas wees wat die amps is.

Ek het gesien hoe lyk inverters, batterye en drade wat ontplof het of gebrand het regtig nie nice nie.  (Gaan google daar is ook voorbeelde) daai DC breaker kos jou tussen R 100 en R 200 maar beskerm jou R15K to R50K sisteem. Die probleem is mense onderskat die vermoeë van DC krag.  By DC word drade baie vinniger warmer en begin smelt wat veroorsaak dat drade aan mekaar raak.

Belangrik om te onthou DC dik draad en AC dunner draad. Google gerus cable/wire size hier is adresse:

https://www.altestore.co…

https://www.voltex.co.za…

Ek hoop die inligting is van waarde vir almal.

 

So ten laaste 48v is die min DC wat nie gevaarlik is nie alles hoër is lewens gevaarlik. (Onthou dis nie volts wat jou doodskok nie maar die amps van DC). [Wel ek gaan nou nie try nie dis nie dieselfde as om 'n 9v te toets op jou tong nie] :-) :-)

DC baie lekker en baie handig maar wees altyd versigtig en onthou om altyd gereeld alles te toets en seker te maak dat alle koppelings nog stewig is en nie kortsluitings veroorsaak nie.

Lees gerus die volgende:

http://www.acsolarwareho…

DC arc faults on solar PV systems have been identified as the root cause of over 250 domestic and commercial building fires in Australia

 

 

  

 

 

 

 

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 18/09/2019 - 07:17

Riaan dankie vir jou inset hoop die manne lees dit na ek jou inset n paar keer gelees het maak dit sin wat ek wel weet van krag is gevaarlik

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 18/09/2019 - 11:51

Dankie Riaan, baie insiggewend !

Ek het onlangs eers geleer dat hoe laer die volts daal, hoe groter word die amperes wat vloei en hoe warmer word die toerusting tot hulle (of die drade) uitbrand.

In die lig hiervan die volgende vraag : As 'n 12V volgelaaide kar-battery gekoppel word aan 'n effense ontlaaide 12V battery (in die karavaan), sal die krag ontlaai uit die kar-battery na die karavaan-battery totdat hulle vlak gelyk is ?  Sou jy sê dis 'n gevaarlike gebruik ?

Nog 'n vraag :  wat is die posisie in die bogemelde vraag sou die kar aangeskakel word sodat die altenator loop ?  (Ek aanvaar dit sal problematies wees want jumper kabels is altyd besonders dik).

 

0
Springs
Profile picture for user Riaan

Riaan

Wed, 18/09/2019 - 20:42

In reply to by Len Loader

Len

Alles werk totdat daai grys rook daar uitkom wat jy nie weer kan terug sit nie.........

Voor ek antwoord [gaan ek jou universiteit toe stuur :-) ] gaan kyk gerus na die volgende inligting

https://batteryuniversit…

Sovêr ek verstaan is daar 'n verskil op die manier wat jy die batterye koppel (in serie of parralel) en of jy hulle dadelik gaan laai en  of  jy krag gaan krag onttrek?

Len soos ek verstaan is met ligte ladings soos LED ligte min amps nie regtig noemenswaardige invloed nie maar sodra groter amps benodig word en meer batterye begin daar ander faktore rol te speel.

Ek verstaan ook en het al self my 7.2A batterye so gelaai van groter amp battery na kleiner amp battery maar hulle sal nooit 100% vollaai nie (dis is net vir nood en vat 'n hele rukkie) so ja die krag sal oorvloei van een battery na die ander maar sal nooit 100% gelyk wees nie en dan is jou ander battery se krag ook laer. (Krag werk amper soos water wat uit 'n tenk gely word, grote van pyp en drukking).

Sovêr ek weet is dit belangrik om seker te maak dat jy die selfde tipe batterye aanmekaar koppel en ook dieselfde grote. (Daar is wel mense wat kleiner en groter saam koppel (en verskillende tipes) maar sovêr ek weet word dit glad nie aanbeveel nie want die tipe batterye lewer verskillend krag en laai op verskillende maniere.

Ek probeer altyd die batterye op dieselfde vlak te laai voordat ek hulle aanmekaar koppel sodat dat hulle gebalanseer is en daar van daan kan hulle saam in serie of paralel gelaai of krag onttrek word.

Ook belangrik is om nie ou en nuwe battery saam te koppel nie, gevaarlik en jy kry ook net die lewering van wat die oudste battery kan lewer (Amps), volts sal amper dieselfde wees maar amp lewering sal die van ou battery wees. (Selfde vir Solar panele oud en nuut).

Len ek sit vir jou die inligting op oor jou laaste vraag............ niks snaaks bedoel nie ek leer ook maar so stappie vir stappie............ maar veral met vandag se tegnologie en verskillende eletroniese komponente in voertuie is dit belangrik om te verseker en te weet of jou voertuig gejump start kan word of nie (Neem kennis van warning......... 

https://www.dummies.com/…

(Warning) If either vehicle has an electronic ignition system or is an alternatively fueled vehicle, the use of jumper cables may damage it).

Len ek hou maar altyd die stelling ingedagte wanneer ek met batterye en elektrisiteit werk....

Alles werk totdat daai grys rook daar uitkom wat jy nie weer kan terug sit nie.........

Een ding wat ek ook geleer het is gebruik altyd veiligheids brille as jy met Loodsuur batterye werk mens het net 2 x oë en moet nooit naby rook of vuurhoutjie/spark naby batterye bring nie (Veral batterye wat nie baie goed geventileer is nie hulle ontplof en veroorsaak groot skade.

Ek hoop die inligting maak sense (ek maar liewers bang Jan as dooie Jan) Uitrusting en voertuie ens kos baie geld vandag so persoonlik probeer ek maar eers op lees (read the manual) en vrae baie vrae voordat ek iets uit toets.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus