Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -2 hours ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 06/07/2019 - 07:31

Freda, julle moet daai sosaties geniet, klink heel lekker.

Hier is die dae ook lekker warm, sodra die son sak, tot so twee uur na hy weer op gekom het is dit baie koud.

Sterkte met die nek.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 06/07/2019 - 07:31

More More

Geniet dag.

Hier by os is die mis baie erg. Kan skaars 50 meter sien. Dit is ongeluks weer. Wees veilig.

Veel meer het ek nie vandag te sê nie.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 06/07/2019 - 08:42

Môre sê Kampforum.

Ek maak ook bees stert pot, die een dogter kom maar die ander en familie is vrot.  Ek bly lê tot ek voel dit is nie meer so koud nie.

Geniet jou dag voluit in vrede.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 07/07/2019 - 03:28

Die ketel so pas gekook wie drink saam gaan gou moer koffie aanmekaar slaan , Willem daai potte maak my lekke honger lekke dag vir almal vrede

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 07/07/2019 - 07:40

Goeie môre aan elkeen, geniet die dag vol uit, dit voel effens warmer vandag hier by ons.

Ek het erg laat geslaap vandag, die dag is al gevorderblush

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 07/07/2019 - 08:06

Dit is 'n koue Sondagoggend hier.  In die nag begin reën en die wind waai.

Dankie Johann, die sosaties was heerlik, saam met patat en ui, gebak in die kole.  Yum!

Toe sit ek lekker en kyk na Wimbledon terwyl die vuur brand hier langs my.   Veral, natuurlik,  na die Spanjaard, dit voel al vir my soos my kind wat daar speel.

Ek wens julle almal 'n heerlike en rustige Sondag toe.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 07/07/2019 - 08:19

Toe sit ek lekker en kyk na Wimbledon

 Antie ek sien Raffie en Feddie speel vroeg volgende jaar innie Kaap - Lolla en haar tennis maatjies giggel soos skool dogtertjies van opgewondenheid - gaan Antie ook kyk?smiley

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 07/07/2019 - 20:25

Goeie naand Kampforum vrinne !

Dis maar vrek koud hieronder by ons in die Kaap.  Vanoggend om 7vm my reënmeter leeggemaak  -  'n heerlike 13mm reën oornag gehad en die voorspelling is môreoggend nog 'n ligte reëntjie.

My Sondag was heerlik rustig en slaaptyd lê om die draai.

Lekker nagrus vir jou !

 

Ns. Ek aanvaar 'n koffiekroeg is van vroeg tot laat oop en nie noodwendig net beskikbaar vir 'n vroeë geselsie nie.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 07/07/2019 - 21:18

Sjoe die koffie kroeg se kombuis lyk soos n varkhok.

Dit is net n klomp vuil Blou Bul bekers wat hier rondstaan.

Moet sê die WP manne was darem hulle bekers as hulle klaar koffie gedrink het. cheekydevil

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 08/07/2019 - 06:59

Goeie môre kampforum lede, julle moet die dag, en week, met die uitdagings wat daarmee gepaard gaan, in die gesig staar en maalvleis maak van enige iets wat taai voorkom.

Hoop almal wat olik gevoel het is weer op die been.

Geniet die week wat wag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus