
Koffie enigiemand?
Len kwaad?
Môre neef Herman en ander
Ek pleit bewusteloos aangaande Len se afwesigheid.
Het hy nie iets genoem dat hulle nou sou gaan kamp het in Addo nie?
Of, dalk het hy internet sein verloor met die Kaapse storms.
Soos ek hom ken ,sal hy weer sy verskyning maak met 'n mooi foto, om Augustus se Koffiekroeg te open.
Groete
Môre kampvrinne Vandag is…
Môre kampvrinne
Vandag is die amokmakers gesnoeker. Hulle kon nie die busse verwyder uit die depots nie aangesien die polisie die ingange versper met hulle voertuie en die busse nerens heen gaan nie.
Noiu wil die rakkers die krag en water afskakel in die middestad en ook die riool oopmaak sodat dit deur die strate kan vloei. Scary ding is dat hulle dit heel moontlik gaan doen en die nodige kennis het om dit reg te kry.
Dit is nou wat gebeur as die base vir hulle self 18% verhoging gee en die klase kry 5 %
Ek hoop al die siekes voorspoed to mag julle gou beter word. Ek self moet net keer of dit gaan te goed
Groetnis
Ek hopie oom Lennie is kwaad…
Ek hopie oom Lennie is kwaad vir my nie? ![]()
GM
Goeie môre Kampforum !
Ek is kwaad vir niemand nie, net teleurgesteld.
Foto verwyder : Dis ek wat die foto van my Nissan en Exclusive verwyder het. Ek wou 'n punt bewys dat iets wat ek geplaas het wat 'n ander forum-vriend aanstoot gee, onmiddellik verwyder kan word. Ek weet baie goed Gryswater het net my been getrek met sy "beswaar" oor die foto en dat dit nie 'n werklike beswaar was nie, maar ek wou net 'n punt bewys wat gedoen kan word as 'n mede-forumlid ongemaklik voel oor 'n kommentaar.
Die stort-storie : Ek het geen eis gestel nie, ek het vriendelik gevra dat die betrokke stokou draad wat op ander sosiale media en op Kampforum sonder sukes bespreek is, asseblief verwyder word. Die reaksie was daar moet eers oor gestem word en die reuse getal van 13 lede van die forum het gestem : 4 vra verwyder asseblief, 6 versoek die draad moet behoue bly en 3 het geen opinie oor die saak nie. Die draad word dus behou.
My optrede : Ek kan uit die aard van die saak nie vir ander besluit of die bespreking van jou neus blaas in 'n ablusie-stort, winde los of warm urine wat teen jou been afloop aanvaarbaar is of nie. Vir sommiges is dit humoristies en vir ander is dit afstootlik om dit op 'n openbare gespreksforum "lekker oor te gesels."
Die feit dat hierdie dinge werklik gebeur, is na my mening geen verskoning om dit op 'n platvloerse wyse in die openbaar te bespreek nie, veral omdat tyd geleer het dat mense wat ablusies misbruik nie hier lees nie of hulle nie aan hierdie gesprekke steur nie. Wat is die sin dan ?
Ek besef al te goed dat in enige groep mense verskil persoonlikhede en opvoeding hemelsbreed en daarom kan 'n mens nie jou wil op ander afdwing nie. Daarom het ek die besluit geneem om eerder die stilswye roete te neem tot tyd en wyl die betrokke draad wat my irriteer, met die loop van tyd van die radar af verdwyn het sonder dat dit amptelik verwyder is. Ongelukkig het die gesprek nou weer hervat.
Môre Oom Len Bly om van oom…
Môre Oom Len
Bly om van oom te hoor. Ek self probeer meer gesels (Soos oom ons almal al versoek het om te doen). Amper gedog die pathy is geruil vir `n Ford ![]()
Sommige gesprekke is maar nie vir almal nie. Ek self ignoreer maar dit wat my nie aanstaan nie.
Ek het `n wit bougainvilla gekoop eerste keer wat daar een beskikbaar was by ons kwekerye.
Groetnis
Sien ek ook uit daarna dat…
Sien ek ook uit daarna dat hierdie morsige draad nie meer op die aktiewe onderwerpe lys verskyn nie.
....tot tyd en wyl die betrokke draad wat my irriteer, met die loop van tyd van die radar af verdwyn........
Len, ek like jou nog kwaai!!…
Len, ek like jou nog kwaai!! Stem, die draad is stupid en raak simpel, standpunte is gemaak en basta.
Op n ligte meer aangename noot.............ek ry 3 uur om my verbeterde, geligte, sterker, mooier karavaan te gaan haal.
Nou gaan daai Rapier sy naam gestand doen!
Rapier opgekikker
Middag Frikadel
Nou moet jy meer info gee. Wat het jy aangevang met jou wa, op "steroids" gesit om dit 'n boswa te maak?
Groete





het iemand vir Lennie kwaad…
Oom Len is seker baie besig met ander baie belangrike take dinge en het nie nou tyd vir ons sinnelose praatjies hier nie? Weet nie of hy sy foto en inset verwyder het nie? EK dink nie sulke kleinighede pla hom vreeslik nie.