Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -1 hour ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 14/07/2019 - 13:11

O gaats Dusty, fout gemaak alhoewel my kommentaar oor Freda (ook van die Baai) steeds geldig is.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/07/2019 - 06:56

Môre Stoffel en al die mense wat nog gaan kom groet, geniet die nuwe dag,  en week, met alles wat dit mag bied.

Stoffel, hoe gaan dit met Alta?

Freda, is daar beter nuus oor Colin se gesondheid?

Harry, hoe gaan dit met Yvonne se heup?

Sterkte aan elkeen wat 'n gesondheid probleem ondervind.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 15/07/2019 - 07:14

Johann sy gaan weer dokter sien die week. Dankie.

Dit is weer n nuwe week met sy nuwe dinge.

Dit gaan so rustig wees sonder my "werker" wat bedank het. Nou sal my bloeddruk weer daal.

My staf gaan Dinsdag en Woensdag vir opleiding. Ons het ons CAD program TEKLA na nuutste weergawe opgradeer, wat baie verskil van die huidige een wat ons gebruik. Ek gaan maar die telefoon beantwoord. Hulle moet my maar leer. Hulle het meer geduld met my en die agente se baas en ek is ook nie baie lief vir mekaar nie. Ek is glo te reguit met hom en sê wat ek dink van sy organisasie. devil Ons het 7 lisensies van die program by hulle gekoop wat amper R300,000 elk gekos (elke jaar kos dit ook R 55,000 per lisensie om nuutste weergawe te bekom) so ek het seker regte as ek slegte diens kry. smiley

Daar is deesdae soortgelyke programe wat minder kos. Maar ek het reeds die beleging gedoen.

Geniet julle dag en wees veilig.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 16/07/2019 - 05:27

More Stoffel en ander wat kom.

Vandag is dit net ek en groot seun by die werk. Ander klomp is om kursus.

Geniet julle dag en wees veilig.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 16/07/2019 - 07:19

More almal sterkte vir almal wat werk om die pot aan die kook te hou die wat kamp gaan groot kamp n hond uit n bos koffie loop soos stroop vanoggend vrede

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 16/07/2019 - 07:29

Goeie môre kampeer familie, geniet julle dag ten volle. 

Stetkte met die werk Harry, glo dit is vir die beste dat jy mense opleiding gee.

Ond hoor niks van Freda nie, hoop dit is 'n geval van "geen nuus, is goeie nuus"?

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 16/07/2019 - 07:33

Geniet daai koffie Anton hou die vragmotors dop in Nigel daar is ook laaste tyd bravos wat rondloop en aanjaag Stem Freda en ou gesie stil oppie forum

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 16/07/2019 - 07:36

Ek is darem weer vanoggend by my rekenaar.  Dit is koud soggens, ek lê al hoe later onder die kiberse!

Len, ek het darem nie gehuil oor Rafa se uitval nie.  Hulle het altwee so goed gespeel maar Roger het uit en uit verdien om te wen.  Dieselfde kan van die finaal gesê word.  Ek glo daar was lanklaas sulke goeie tennis op TV.  Ek was meer spyt oor Federer wat die finaal verloor het, as wat ek oor Rafa was.  

Ons was gister heeldag by die hospitaal van 7vm tot 7nm.  In daai tyd moes Colin wit goed drink en het hul foto's van sy slukderm geneem.  Later teater toe om kamera te sluk.   Tussen deur dit speel ons 'n "waiting game".   Die dokter het nooit by Colin uitgekom nie, hy het te veel operasies gehad tot laat gisteraand.  Die suster het ons toe ontslaan en gesê die dokter gaan Colin vanoggend bel.

Om terug te kom na die sport.   Net die wêreldrugbybeker bly nou vir ons oor.   Die super rugby en wêreldkrieket is verby en ons was nêrens, nie eers ietsie reggekry in Wimbledon die jaar.  So, mag ons stilletjies positief bly en ons hoop plaas op Rassie en sy manne????

Ek hoop julle gaan almal 'n lekker Dinsdag geniet!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 16/07/2019 - 08:42

Ek kyk nou so na die Onderwerpe, dié wat nie Kamp verwand is nie het die meeste "views".  Seker omdat dit nie elke keer 'n nuwe draad is nie ?

.
.

Sien Len wat gereeld vra vir gesprekke het nie op al die Kamp verwante drade geandwoort nie ?Wonder hoekom wys hy nie na ek hom gestoor het dieselfde soos terwyl ek hom plaas of soos in "edit" nie ?

Ok, ek het hom nou die "Snipping Tool" gebruik en dit is hoe hy moet lyk.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus