
Koffie enigiemand?
Toemaar Len, selfs ek maak…
Toemaar Len, selfs ek maak soms 'n foutjie, klein, of is dit nou klyn, of kluin, maar ja.
Len, my pa het 'n gesegde…
Len, my pa het 'n gesegde gehad van dat 'n perd val oor 4 bene, wat se kans het 'n mens wat net 2 het.
Goeiemôre almal. Nuwe week…
Goeiemôre almal.
Nuwe week begin weer en ons is in die middel van die winter.
Lekker Maandag vir elkeen en geniet die dag.
Môre Stoffel en al die mense…
Môre Stoffel en al die mense wat nog gaan kom groet, geniet die nuwe dag, en week, met alles wat dit mag bied.
Stoffel, hoe gaan dit met Alta?
Freda, is daar beter nuus oor Colin se gesondheid?
Harry, hoe gaan dit met Yvonne se heup?
Sterkte aan elkeen wat 'n gesondheid probleem ondervind.
More Almal
Johann sy gaan weer dokter sien die week. Dankie.
Dit is weer n nuwe week met sy nuwe dinge.
Dit gaan so rustig wees sonder my "werker" wat bedank het. Nou sal my bloeddruk weer daal.
My staf gaan Dinsdag en Woensdag vir opleiding. Ons het ons CAD program TEKLA na nuutste weergawe opgradeer, wat baie verskil van die huidige een wat ons gebruik. Ek gaan maar die telefoon beantwoord. Hulle moet my maar leer. Hulle het meer geduld met my en die agente se baas en ek is ook nie baie lief vir mekaar nie. Ek is glo te reguit met hom en sê wat ek dink van sy organisasie.
Ons het 7 lisensies van die program by hulle gekoop wat amper R300,000 elk gekos (elke jaar kos dit ook R 55,000 per lisensie om nuutste weergawe te bekom) so ek het seker regte as ek slegte diens kry. ![]()
Daar is deesdae soortgelyke programe wat minder kos. Maar ek het reeds die beleging gedoen.
Geniet julle dag en wees veilig.
Stoffel, hoe gaan dit met…
Stoffel, hoe gaan dit met Alta?
Johann, dit gaan al beter. Sy hoes nog baie maar sy is nou weer op die been
Môre sê KampforumGeniet…
Môre sê Kampforum
Geniet jou dag voluit in vrede.
Anton, nou hoekom plak jy…
Anton, nou hoekom plak jy daai WP blom aan elke pos ?
Ek verkues die "Babertondayze"
Goeie môre almal. Vanoggend…
Goeie môre almal.
Vanoggend is die weer lekker. Glo dat elkeen 'n lekker nagrus gehad het.
Lekker dag vir elkeen
Môre almal.
More Stoffel en ander wat kom.
Vandag is dit net ek en groot seun by die werk. Ander klomp is om kursus.
Geniet julle dag en wees veilig.
Wie drink saam ?
More almal sterkte vir almal wat werk om die pot aan die kook te hou die wat kamp gaan groot kamp n hond uit n bos koffie loop soos stroop vanoggend vrede
Ek drink saam! Goeiemôre…
Ek drink saam! ![]()
Goeiemôre almal! Lekker dag!
EK moet Nigel toe vanoggend vir werk ![]()
Goeie môre kampeer familie,…
Goeie môre kampeer familie, geniet julle dag ten volle.
Stetkte met die werk Harry, glo dit is vir die beste dat jy mense opleiding gee.
Ond hoor niks van Freda nie, hoop dit is 'n geval van "geen nuus, is goeie nuus"?
Anton kyk vir
Geniet daai koffie Anton hou die vragmotors dop in Nigel daar is ook laaste tyd bravos wat rondloop en aanjaag Stem Freda en ou gesie stil oppie forum
Môre sê Kampforum Geniet…
Môre sê Kampforum
Geniet jou dag voluit in vrede.
Goeiemôre
Ek is darem weer vanoggend by my rekenaar. Dit is koud soggens, ek lê al hoe later onder die kiberse!
Len, ek het darem nie gehuil oor Rafa se uitval nie. Hulle het altwee so goed gespeel maar Roger het uit en uit verdien om te wen. Dieselfde kan van die finaal gesê word. Ek glo daar was lanklaas sulke goeie tennis op TV. Ek was meer spyt oor Federer wat die finaal verloor het, as wat ek oor Rafa was.
Ons was gister heeldag by die hospitaal van 7vm tot 7nm. In daai tyd moes Colin wit goed drink en het hul foto's van sy slukderm geneem. Later teater toe om kamera te sluk. Tussen deur dit speel ons 'n "waiting game". Die dokter het nooit by Colin uitgekom nie, hy het te veel operasies gehad tot laat gisteraand. Die suster het ons toe ontslaan en gesê die dokter gaan Colin vanoggend bel.
Om terug te kom na die sport. Net die wêreldrugbybeker bly nou vir ons oor. Die super rugby en wêreldkrieket is verby en ons was nêrens, nie eers ietsie reggekry in Wimbledon die jaar. So, mag ons stilletjies positief bly en ons hoop plaas op Rassie en sy manne????
Ek hoop julle gaan almal 'n lekker Dinsdag geniet!
Onderwerpe ...
Ek kyk nou so na die Onderwerpe, dié wat nie Kamp verwand is nie het die meeste "views". Seker omdat dit nie elke keer 'n nuwe draad is nie ?
Sien Len wat gereeld vra vir gesprekke het nie op al die Kamp verwante drade geandwoort nie ?Wonder hoekom wys hy nie na ek hom gestoor het dieselfde soos terwyl ek hom plaas of soos in "edit" nie ?
Ok, ek het hom nou die "Snipping Tool" gebruik en dit is hoe hy moet lyk.






O....
O gaats Dusty, fout gemaak alhoewel my kommentaar oor Freda (ook van die Baai) steeds geldig is.