
Koffie enigiemand?
Goeie middag kampmaters ! …
Goeie middag kampmaters !
Na aanleiding van Willem se kommentaar hierbo, ek het nou nie 'n studie gemaak oor die saak nie, maar ek bly baie teleurgesteld oor die deelname aan gesprekke op hierdie forum. Hier is ouens wat baie moeite doen om interessante onderwerpe met fotos te plaas, maar dan is daar net die handjievol getroues wat hul dank uitspreek en dan is dit dit.
Loer jy rond op sosiale media is daar oral lewendige gesprekke oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe, maar hier by ons gaan nie veel aan nie.
Ek is baie naby aan finaal moed opgee want ek vermoed my gesanik oor die swak deelname aan gesprekke sonder enige noemenswaardige sukses, irriteer die hel uit baie van ons.
Len, hou moed, die kamp…
Len, hou moed, die kamp seisoen begin binnekort vir die wat bang is vir koud kry😂
Ek beplan juis nou so vinnige weg breek Buffelspoort toe in die volgende drie weke, net te besig op die oomblik met Rambling Boy.
Goeie môre. As daar niks is…
Goeie môre.
As daar niks is om te breek nie dan breek ons maar die week.
Geniet dit
Môre Stoffel en ander wie…
Môre Stoffel en ander wie nog gaan kom inloer, geniet die dag, ek sien ek het vergeet om uit te log gister.
Laaste Woensdag van die week, glo julle besef dit![]()
More Stoffel...
...en Johann, en more aan al die laatslapers. Mag julle 'n vreugdevolle dag beleef
More More
Oom Len ek het al oorweeg om die ou onderwerp aan te roer oor die beste manier om n tent pen in te slaan, Yvonne stel belang daar in, maar ek dink dit is al bespreek. ![]()
Ek dink baie mense werk seker nog en het nie so baie tyd op hande om baie op die forum te praat nie.
Dalk moet ek vir Chucky vra om weer n draai hier te maak en die ou ooms gas te gee, maar dan gaan daar weer mense wees wat hom sleg sê en dan word hy weer verban.
Baie forums het al n stille dood gesterf. Wegry was een van hulle. Het ook lekker daar gekuier. Dink Facebook speel ook n rol. Daar word daar weer baie baklei en ek deel maar net goed en vra raad daar. Veral op Toyota Holics se groep. Hulle is ook redelik streng en jy word maklik afgegooi. Jy mag byvoorbeeld glad nie ander vervaardigers se voertuie daar sleg sê nie.
Ek self praat ook nie veel meer hier nie. Ek agtergekom na die godsdiens draad, kry ek n koue skouer van baie van baie mense op die groep. Is tot as admin lid geskraap van die rol ![]()
Maar ek bly nogsteeds lief vir meeste mense en die forum en sal alles doen om hom aan die gang tehou. Seker maar die Wegsleep forum wat in my are loop.
Geniet julle dag en wees veilig.
Goeiemôre almal (en Len) …
Goeiemôre almal (en Len)
Vanoggend 8:30 word die nuwe Penta onthul by 'n spesiale geleentheid net vir die "Ladies" met 'n breakfast.
Ek mag dus nie gaan nie , maar Lolla is genooi en sal kampforum gaan verteenwoordig.![]()
Lekker dag vir almal! ![]()
More ou staatmakkers
More almal byt vas naweek op ons dankie vir almal wat deelneem oppie forum skink daai koffie en geniet die dag vrede
More, gaan nog goed hier,…
More, gaan nog goed hier, hoop daar ook so.
Dit is werklik so dat Lennie n groot poging aanwend om die klompie aan die gesels te kry, maar neef kry soms skaam as ek sien hoe min reaksie daar is van die forum se mense. Ekself het nie altyd iets om by te voeg nie, bv die ou kampfoto draad. Ja as ek nou in die ou albums n foto van n foto neem, dan kan dit seker werk, maar dit sal vir my kunsmatig voel.
Miskien moet hier ook n tellertjie opkom, dan sal ons sien wie saamklets, en wie net lees en verbyhou. Dankie Len, ek geniet al jou probeerslae.
Ek mag dus nie gaan nie ,…
Ek mag dus nie gaan nie , maar Lolla is genooi en sal kampforum gaan verteenwoordig.
Anton, ek glo darem dat sy vir ons hier 'n verslag gaan kom skrywe met foto's
Môre al die mense, hoop dit…
Môre al die mense, hoop dit gaan goed.
Ons het gister iets aanskou wat ons nog nooit gesien het nie. Sonder om name of plekke te noem, iemand wat ons ken maar nie hier woon nie, het 'n huis hier wat hulle verhuur. Die huurder het amper 'n jaar gelede laas huur betaal. Soos dit gaan in ons land en niks meer reg gedoen word nie, was daar uiteindelik 'n hofbevel op die huurder gedien om uit te trek (Maandag) anders word hul deur die balju uitgesit (Dinsdag). Toe gebeur dit ook so. Die eienaar het ons gevra om te gaan kyk en ons het toe gesien hoe kom die balju daar aan met 'n klomp arbeiders wat die huis moet leeg dra. Maar die mense is binne en weier om die deure en/of ysterhekke oop te maak. Die balju was genoodsaak om 'n "locksmith" te laat kom wat toe moes oopsluit. Alles word uitgedra en buite die erf neergesit. Toe ons laatmiddag daar weg is, was hul nog besig daarmee en ons weet nie wat daarna met die huurders en hul eiendom gebeur het nie.
Die dokter het toe vir Colin laat weet sy slukderm funksioneer nie meer soos dit moet nie (om die kos af te werk na die maag) en dit is die groot rede hoekom hy moeilik sluk, alhoewel daar ook 'n vernouing is. Dit gebeur met ouderdom. Daar kan dus nie opereer word nie, Colin moet daarmee saamleef. Die goeie nuus is daar sal nie 'n tyd kom wat hy gladnie meer kan sluk nie.
Lekker dag vir almal.
Môre môre kan ons darem sê…
Môre môre kan ons darem sê môre is Vrydag!
Geniet die dag ![]()
Sterkte daar vir die oom,…
Sterkte daar vir die oom, Auntie.
Wat jy hierbo vertel het jare terug ook met my bure gebeur. Die balju het daar blykbaar die deur oopgebreek en alles uitgedra sypaadjie toe. Alles van "waarde" gevat en die res so gelos. Hulle het bv die vrieskas se inhoud uit gegooi en die vrieskas gelos.
Toe ek om die hoek kom lê alles net so gegooi en buurvrou is besig om die goed terug te dra tussen die trane. Ja, ek het maar gaan help terugdra
Penta bekendstelling
Môre vriende
Blykbaar het Jurgens net die dames genooi, hulle gaan spesiale Penta-house geskenke kry.
Jare gelede het my buurman altyd gesê, as die vrouens draai en draai om 'n wa, dan weet hy dat hy maar solank die papierwerk kan begin, die koop is gemaak.
Groete
Wessel
Môre sê Kampforum Sterkte…
Môre sê Kampforum
Sterkte dasr vir Oom Colin en die bure.
Geniet jou dag voluit in vrede.
Ja Shaun, die straight and…
![]()
![]()
Ja Shaun, die straight and narrow, nè?![]()





Mees Populêr ...