Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -39 minutes ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Reën November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -2 hours ago

RUGBY

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on

l

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 05/08/2017 - 19:07

Sien ons kyk mos nie eintlik Rugby nie...ek het wel 'n uiltjie geknip en toe ek nou wakker word, met n koffietjie sit - wonder ek toe wat het gebeur met die groot rugby vsndag????

Daar op FB loop ek toe die bogeplaaste prentjie raak en die eerste gedagte wat in my kop op kom was .....   FREDA!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 05/08/2017 - 19:44

My span het my nie teleurgestel nie.  Hulle was waardige "runners up" en het verdien om daar te wees.  Die Crusaders was die beste span op die veld en het verdien om te wen. Ongedwonge foute van die Lions het hul 'n voorsprong gegee van 22-3.  Net vir 50 minute.  Toe kom die Lions en met hul gewone veggees het hul die laaste 30 minute gewys hoe hulle kan terugbaklei en nie gaan lê nie.  En  met net 14 manne op die veld, verloor hul net met 8 punte.   Arme Kwagga, hy moet baie sleg voel en gaan nie slaap vanaand nie.  Die teleurstelling was openlik op die Lions span se gesigte te sien maar ek bly trots op hulle.  Volgende jaar probeer ons weer!

Mr Bean, gaan ry jy eerder rond met jou geel Mini.  laugh

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 05/08/2017 - 21:16

Segekok, van watter "balls" praat jy nou?  So tyd terug het 'n Britse speler, tydens 'n laagvat, 'n "ruptured ball' gekry.  Hy het aangehou speel vir die res van die wedstryd.   Daarna het die afrigter vir hulle gesê, "Guys, I told you to put your balls on the line for this match, but I did not mean it literally".  Die speler se reaksie was "In future, I will protect the one I have left, that is for sure".    Ons hou een bal dop op die veld, maar vergeet van al die ander balle wat in gevaar verkeer. laughlaugh

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 06/08/2017 - 11:26

"ruptured ball"

Freda ek probeer myself nou indink hoe lyk 'n ruptured ball, en hoe gebeur so iets?  Gelukkig is daar altyd baie ekstra balle op so 'n rugby game...

 

 

ball

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 06/08/2017 - 12:26

Ek het ongelukkig verkeerd geskryf bo.   Dit moet eintlik wees "ruptured testicle".   Daai gedoentetjie van die ou het regtig seergekry, ek weet ook nou nie tot hoe vêrre was dit "ruptured" nie.   Lyk my julle het dus nie my storie reg verstaan nie.laugh

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 06/08/2017 - 14:51

Jammer dat hul verloor het hulle het hard probeer

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 26/08/2017 - 07:39

Ek is n WP ou gewoond aan verloor maar eish het die bulle probleme wat n pak slae gekry in Nelspruit gister aand die poemas was giftig

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 26/08/2017 - 08:46

By die Leeus is dit net so gesukkel.   Die probleem is ons raak gewoond aan die spanne se goeie spelers in die Superrrugby.  Daarna gaan hulle na die Springbokspan en dan is die provinsiale spanne heel anders.   Wel, my span kan maar vergeet van die Kerriebeker!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 26/08/2017 - 20:01

Geluk met jou span, Johann. Dit was 'n goeie drie op die einde wat hulle uit en uit laat verdien het om te wen.    Toemaar, die OP kweek net so baie goeie spelers wat gedurig die gaat vat na ander weivelde.   Dit is maar ons unies se lot in die rugbywêreld.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus