
Mr Bean, vir jou informasie....
My span het my nie teleurgestel nie. Hulle was waardige "runners up" en het verdien om daar te wees. Die Crusaders was die beste span op die veld en het verdien om te wen. Ongedwonge foute van die Lions het hul 'n voorsprong gegee van 22-3. Net vir 50 minute. Toe kom die Lions en met hul gewone veggees het hul die laaste 30 minute gewys hoe hulle kan terugbaklei en nie gaan lê nie. En met net 14 manne op die veld, verloor hul net met 8 punte. Arme Kwagga, hy moet baie sleg voel en gaan nie slaap vanaand nie. Die teleurstelling was openlik op die Lions span se gesigte te sien maar ek bly trots op hulle. Volgende jaar probeer ons weer!
Mr Bean, gaan ry jy eerder rond met jou geel Mini. ![]()
Rugby is a game that is…
Rugby is a game that is played by men with oddshaped balls....
Segekok, van watter "balls"…
Segekok, van watter "balls" praat jy nou? So tyd terug het 'n Britse speler, tydens 'n laagvat, 'n "ruptured ball' gekry. Hy het aangehou speel vir die res van die wedstryd. Daarna het die afrigter vir hulle gesê, "Guys, I told you to put your balls on the line for this match, but I did not mean it literally". Die speler se reaksie was "In future, I will protect the one I have left, that is for sure". Ons hou een bal dop op die veld, maar vergeet van al die ander balle wat in gevaar verkeer. ![]()
![]()
Freda n rugby bal is mos nie…
Freda n rugby bal is mos nie rond nie.....
Julle mans praat my deurmekaar
Ek weet nou nie meer van watse balle ons praat nie!!
"ruptured ball"…
"ruptured ball"
Freda ek probeer myself nou indink hoe lyk 'n ruptured ball, en hoe gebeur so iets? Gelukkig is daar altyd baie ekstra balle op so 'n rugby game...

Nee, Voortrekker
Ek het ongelukkig verkeerd geskryf bo. Dit moet eintlik wees "ruptured testicle". Daai gedoentetjie van die ou het regtig seergekry, ek weet ook nou nie tot hoe vêrre was dit "ruptured" nie. Lyk my julle het dus nie my storie reg verstaan nie.![]()
Lekker vir my Cheatahs, go…
Lekker vir my Cheatahs, go boys go.?
Freda, asb onthou net een ding.
BLOEMFONTEIN is due Springbokke se kweek skool.
Dit is wat Dok Danie Craven…
Dit is wat Dok Danie Craven voorspel het gaan gegeur as rugby professioneel gaan, maar dit daar gelaat.






Sien ons kyk mos nie eintlik…
Sien ons kyk mos nie eintlik Rugby nie...ek het wel 'n uiltjie geknip en toe ek nou wakker word, met n koffietjie sit - wonder ek toe wat het gebeur met die groot rugby vsndag????
Daar op FB loop ek toe die bogeplaaste prentjie raak en die eerste gedagte wat in my kop op kom was ..... FREDA!