Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -2 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago

My Huis - Willem

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Ek weet wraggies nie waar om dit te sit nie ?

So ruk terug geeis vir die geyser wat gebars het en die een badkamer se plafon.

Toe die ou die plafon kom reg maak vra ek hom oor 'n ander gat in die sitkamer plafon.  Toe merk ons op dat daar orals krake is in die muur en ook die plafom wat weg trek van die muur.  Dit loop van Noord na Suid deur die huis tussen die sitkamer/kombuis aan die Ooste kant en die res aan die Weste kant.

Daar is geen turf in dié area nie en daar is ook geen groot boom naby nie.  Absa het 'n bou kontrakteur gestuur, hy het kom foto's neem en gesê hy kan niks doen nie maar sal sy verslag indien om 'n Ingeneur te laat kom kyk.

Vanoggend kry ek 'n e-pos van Gerhard 'n "Loss Validator" hy was nou hier en het weer klomp foto's geneem en gesê hy sal sy verslag vandag indien om 'n Ingeneur te laat kom kyk.

Die krake is al van lankterug maar mens merk dit nie as jy elke dag daarin vas kyk nie.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 27/11/2019 - 19:41

Absa het mos my eis afgekeer (keur).

Ek het met die nodige hulp teen Absa se keuse geappeleer en tot datum geen reaksie gekry nie.  Die eind datum was 25 Nov. 2019.

Vandag het ek die nodige dokumentasie by die Ombidsman ingedien en 'n verwysings nommer van hulle ontvang.

Nou is dit wag en sien wat gebeur.

Hou duimvas asb.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 28/11/2019 - 14:30

Middag Willem

Duimvas hou is 'n sagte uitdrukking, kom ons bid en vertrou dat geregtigheid sal seëvier.

Groete

Wessel

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 28/11/2019 - 18:32

Wessel, ek hoor jou, dieprobleem is net dat reg en geregtigheid nie altyd vir jou pas nie?

Onthou die ander party glo ook vas dat hulle reg is, dus een party sal altyd ongelukig wees met ń uitslag.

Willem ek vertrou dat die uitspraak in jou guns sal wees.

Hou ons op hoogte asb.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 29/11/2019 - 08:07

Môre Arie

Dit is ongelukkig ook 'n groot waarheid wat jy kwytraak. Daar kan lank en indiepte oor jou stelling debatteer word, en dit gaan moontlik onvanpas op die forum wees.

Ek het juis die week genoeg daarvan gehad, en ek is nie eers werklik betrokke by die saak nie, wil net die twis beredder. 

Laat ons liewer nie Willem se draad  besoedel nie. 

Groete

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 29/11/2019 - 08:32

Wessel, begin 'n nuwe draad oor geregtigheid - dit kan ook kampverband wees.  Byvoorbeeld Montagu Karavaanpark se rigiede beleid oor dagbesoekers en ander reëls : geskied geregtigheid hier om die Bestuur te verguis hiervoor ?

Willem se huis/Absa versekering geval :

Willem is 'n persoonlik pêl van my en ook 'n Kampforum-vriend en daarom vertrou ek dat die Ombudsman in sy guns sal beslis dat Absa gefouteer het.  Aan die ander kant is Absa (en sy voorgangers) my voormalige werkgewer vir 43 jaar en ek ken nie dié instansie as 'n klomp verneukers nie, selfs ook 11 jaar na my aftrede ervaar ek hulle steeds nie so nie.

Dus, mag geregtigheid tog geskied.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 29/11/2019 - 12:04

Len, ek ken ook vir Willem al baie jare, en ek hoop ter harte dat hul in sy guns sal beslis.

Soos jy weet het ek ook vir jare by Absa gewerk, en nou saam met die eiendoms versekering afdeling gewerk.

Ek sien meriete aan albei kante van die saak. Ek het ook heelwat kere met die ombudsman in sake gesit. Ek het altyd die gevoel (dalk verkeerdelik?) Gehad dat die ombudsman so bietjie meer simpatiek teenoor die klient is.

Wat ook al ek hoop regtig dat Willem sy saak wen, al geskied geregrigheid nie heeltemaal nie. 🏘😎

0

Ons kan maar net sien wat gebeur, wat ookal die uitslag. Daar was baie goeie argumente gelewer teen die repudiasie van die ABSA eis om in Willem se guns te val.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 01/06/2020 - 20:01

Ek het appel aangeteken teen die eis se afkeer.  Op Wed 11 Mar 20 09:22 het hulle (Ombudsman) my laat weet "

Good day

Kindly note that Mr Bester is attending to same and will revert to you.

Kind regards"

Toe kom die inperking sad

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 29/06/2020 - 14:22

Ek het nog nie weer iets val hulle gekry nie.

02 June 2020 Stuur Absa vir my 'n e-pos en sê die verband versekering word hernu in Julie 2020.  Dit het my meter baie vinnig in die rooi gejaag.  Ek het toe maar 'n klomp "ou koeie uit die sloot gegrawe" oor vorige eise wat nie afgehandel is nie en ook die huidige een wat nog sloer (seker ween die Covid-19) waarop ek toe met e-pos geantwoord het en ook die Ombudsman ge-Cc.

So nou wag ek weer. sad

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus