Ek het gister toevallig gehoor dat Janwillem glad nie hier kan registreer nie.
Hy was op die vorige forum geregistreer as Janwillem en so ook op die wegsleep forum.
Julle sal hom onthou as die Shark suporter wat so lekker gesels het op Dries se rugby draad.
Ek het ongelukig geen kontak besonderhede van hom nou by my nie, maar ek glo julle sal sy inligting op die vorige forum vind?
Ek is op die oomblik weer omtren permanent van die lug af, hou so bietjie vakansie ver weg van alles net ons bos en wild.
Baie Dankie Arie. Ek het sy…
Baie Dankie Arie. Ek het sy password reset en vir hom epos gestuur. Hoop hy kom nou reg.
Dankie Anton, hy se hulle…
Dankie Anton, hy se hulle het probleme met hul server, kry geen e-mail en kan niks stuur nie.
Sodra dinge weer werk sal hy jou kontak, maar klink my dit kan dalk 'n week of twee neem
Net so gesukkel.
Hier by my het dinge al op April fool dag begin lol, en Donderdag ( 6 April ) slaan die weerlig my modem uit. Kon eers weer Maandag iets deur wifi doen.
Hoop Janwillem se dinge kom gou reg.
Chris Du Preez, ek is bly om…
Chris Du Preez, ek is bly om jou hier te sien! Jou naam het so leeg gelyk toe sit ek vir jou 'n tydelike familie wapen op.
Weerlig
Johann, ek lees nou van jou weerligskade, dis maar probleem. Ek het lank terug aangeleer om wanneer daar effe donderweer begin dreun, ALLES uit te prop, rekenaar/s, modem, absolouut alles.
Ons het ADSL lyn van Telkom, en ek het na lang gesukkel om probleme op te los tussen besigheids en privaat lyne konsolidering, nuwe router ook by Telkom weer gekry saam met ons nuwe 2 jaar kontrak. Ingesluit was ge-intregreerde simkaart met dongle en klein wifi modempie, waar simkaart ook kan ingaan.
Ons het so 3 tablette, 1skootrekenaar en 3 selfone wat tuis op die WiFi werk, en, wanneer dit nodig word om die router uit te prop a.g.v. donderweer, skakel ek bloot die klein modem aan, en die WiFi is beskikbaar.
Ons totale koste is R533.00 per maand, en sluit dievolgende in:telefoon-lynhuuur, ADSL (2mb lyn), Caller ID, Gratis oproepe landwyd na ander Telkom nommers, en 20gb data per maand (softcap). Ons hert altyd 40gb per maand gehad, teen R50.00 meer, maar maandeliks het helfte ongebruik verlore gegaa. Die data is outomaties ook op die simkaart, so wanneer ons weggaan, neem ons klein modem saam en het ons data beskikbaar waar ons gaan. Hulle gebruik naaste sterk toring van watter diensverskaffer ookal om die diens te gee.
Wanneer ons sommer net dorp toe gaan, sit ek of Linda die klein modem in handsak of waarookal, en werk al die pad met die WiFi vir whatsapp en waarvoor ookal benodig, of wanneer ons langpad ry, lê modem sommer in die kar op veilige plekkie!!
Vir ons is dit die beste diens nog, en koop GEEN los data meer by enige ander verskaffer.
Die selfne word bittermin gebruik vir vir bel, en indien nodig, is meeste kontakte (familie) op watsaap, en whatsapp calls word dan gemaak.
YAY! Janwillem
Janwillem
Dankie julle ek is nou "ingeboek"
Jan Roux
YAY! maak my hart bly as forum lede hier is en kan deelneem!





Janwillem - Dankie Arie…
Janwillem - Dankie Arie.
Hier is 'n janwillem op hierdie forum. Ek het sy details van die ou platform afgekry en sy aktivering epos was gestuur. Die profiel was ook ge aktiveer. Dit wys hy was laaste die 10de April hier gewees?
Weet nie of dit dieslfde persoon is nie? sy epos adres: @maxproppinetown.co.za