Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -5 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -7 hours ago

Hulp vir Janwillem

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Ek het gister toevallig gehoor dat Janwillem glad nie hier kan registreer nie.

Hy was op die vorige forum geregistreer as Janwillem en so ook op die wegsleep forum.

Julle sal hom onthou as die Shark suporter wat so lekker gesels het op Dries se rugby draad.

Ek het ongelukig geen kontak besonderhede van hom nou by my nie, maar ek glo julle sal sy inligting op die vorige forum vind?

Ek is op die oomblik weer omtren permanent van die lug af, hou so bietjie vakansie ver weg van alles net ons bos en wild.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 12/04/2017 - 09:48

Janwillem -  Dankie Arie.

Hier is 'n janwillem op hierdie forum.  Ek het sy details van die ou platform afgekry en sy aktivering epos was gestuur.   Die profiel was ook ge aktiveer.  Dit wys hy was laaste die 10de April hier gewees?

Weet nie of dit dieslfde persoon is nie?   sy epos adres:  @maxproppinetown.co.za

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 12/04/2017 - 11:10

Ja dit is die selfde man, gister gehoor hy probeer registreer maar kom nie reg nie?

Dankie in elk geval.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 12/04/2017 - 21:04

Hier by my het dinge al op April fool dag begin lol, en Donderdag ( 6 April ) slaan die weerlig my modem uit. Kon eers weer Maandag iets deur wifi doen.

Hoop Janwillem se dinge kom gou reg.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Thu, 13/04/2017 - 08:31

Johann, ek lees nou van jou weerligskade, dis maar probleem. Ek het lank terug aangeleer om wanneer daar effe donderweer begin dreun, ALLES uit te prop, rekenaar/s, modem, absolouut alles.

Ons het ADSL lyn van Telkom, en ek het na lang gesukkel om probleme op te los tussen besigheids en privaat lyne konsolidering, nuwe router ook by Telkom weer gekry saam met ons nuwe 2 jaar kontrak. Ingesluit was ge-intregreerde simkaart met dongle en klein wifi modempie, waar simkaart ook kan ingaan. 

Ons het so 3 tablette, 1skootrekenaar en 3 selfone wat tuis op die WiFi werk, en, wanneer dit nodig word om die router uit te prop a.g.v. donderweer, skakel ek bloot die klein modem aan, en die WiFi is beskikbaar. 

Ons totale koste is R533.00 per maand, en sluit dievolgende in:telefoon-lynhuuur, ADSL (2mb lyn), Caller ID, Gratis oproepe landwyd na ander Telkom nommers, en 20gb data per maand (softcap). Ons hert altyd 40gb per maand gehad, teen R50.00 meer, maar maandeliks het helfte ongebruik verlore gegaa. Die data is outomaties ook op die simkaart, so wanneer ons weggaan, neem ons klein modem saam en het ons data beskikbaar waar ons gaan. Hulle gebruik naaste sterk toring van watter diensverskaffer ookal om die diens te gee.

Wanneer ons sommer net dorp toe gaan, sit ek of Linda die klein modem in handsak of waarookal, en werk al die pad met die WiFi vir whatsapp en waarvoor ookal benodig, of wanneer ons langpad ry, lê modem sommer in die kar op veilige plekkie!!

Vir ons is dit die beste diens nog, en koop GEEN los data meer by enige ander verskaffer.

Die selfne word bittermin gebruik vir vir bel, en indien nodig, is meeste kontakte (familie) op watsaap, en whatsapp calls word dan gemaak.

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 13/04/2017 - 10:36

Janwillem

Dankie julle ek is nou "ingeboek"

Jan Roux

YAY!   maak my hart bly as forum lede hier is en kan deelneem!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus