Veilig hier, die pad was nie so besig kort na 12:00 toe ons by die huis weg is nie.

Kon jy......
Kon jy al vasstel waar die waterdruppels teen sykant van die add-a-room vandaan kom ? Ek het dit eendag ook teen die kant van ons rally sykant opgemerk, maar nooit weer nie.
Dinokeng Resort
Frik, die oord is nog nie propvol nie, maar sal seker want Surette se broer kon net vir 2 nagte plek kry oor Kersdag. Ons ry weer die 7de Jan. 2020.
Len, Dit lyk of dit op die nate is waar die water deur gekom het. Ek het 'n WhatsApp boodskap met die foto's vir Ina by Jurgens gestuur, sal maar sien of hulle gaan help ? Jy kan die penne tussen die stene in slaan.
Dinokeng Resort
Ons het die dag met heerlike sonskyn begin, teen laat middag het die wolke van Pretoria af ons bekruip. Na die bui reën het die son weer sy ferskeining gemaak en kon die braai vuur aangesteek word.

Môre Willem, dit lyk goed…
Môre Willem, dit lyk goed daar, jou staanplek is lekker groot volgens wat ek hier kan sien julle moet dit baie geniet👍
Wat die lek betref, ek het dieselfde probleem op my addaroom (gebruik mos die hoof tent se dak - self maak maakte panele). Wanneer ek die ekstra panele gebruik, en dit reen, dan lek dit by die onderste kant van die dak self.
Ek het al seëlaar gespuit, niks help regtig nie, het ook silwer "duck tape" op geplak, dit help in 'n mate.





Mooi kamp daai
Hoe vol is die kampterrein al en tot wanneer is julle daar?