Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Reën November 2026 Rona du Plessis -35 minutes ago
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -52 minutes ago
Watertenkwaens November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie mòre Wessel ! November 2026 Len Loader -1 hour ago
Water November 2026 Geert -3 hours ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago

Sukkelende ESKOM & SAL

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Kom ons gesels 'n bietjie oor landsake terwyl daar nou 'n gebrek aan kampsake-gesels is. Ek glo nie die ondervermelde kan as politiek beskou word nie, want dit gaan oor twee sukkelende ondernemings.

ESKOM Vir die eerste keer in jare voel ek iewat meer gerus. Ek kry die indruk dat die klem nou op onderhoud val, eerder as op herstelwerk van goeters wat breek. As ons om hierdie rede met deeglik geskeduleerde beurtkrag moet klaarkom om die agterstallige onderhoud in te haal, wil ek amper sê dit is verskoonbaar.

Ek mag verkeerd wees, maar ek kry die indruk dat die man aan die stuur mag dalk nie 'n elektriese ingenieur wees nie, maar hy het beslis die bestuursvernuf en finansiële kennis om so 'n groot skip te begin omdraai. Voeg daarby dat die minister van Mynwese nou die groenlig gegee het dat myne wat 30% van Eskom-krag verorber, dit nou self kan opwek. Hoe Eskom daardie geweldige bedrag skuld gaan hanteer, weet ek nie. Nou net gehoor die Hooggeregshof het Eskom se saak teen NERSA om 'n 16% tarief-verhoging van die hand gewys.

SAL Dis nou 'n perd van 'n ander kleur.   Gwede Mantashe het die naweek verras deur te sê as SAL nie deur sakeredding gered kan word nie, moet dit maar verkoop word of onder gaan. Cyril Ramaphosa het eweneens Vrydag verras toe hy en Pravin Gordhan gesê het hulle stem nie saam met die sakeredders se plan om so baie nie-winsgewende binnelandse vlugte te kanselleer nie. Hulle standpunt mag twee redes hiervoor hê :-

• Hulle weet die sakeredders tree onafhanklik op en hulle mag nie met besluite inmeng nie. As die sakeredder-plan nie vir die eienaars aanvaarbaar is nie, moet SAL gelikwideer word

• Hulle sê dinge om die belhamels in hulle geledere tevrede te stel, maar weet dat dit niks in die sak sal sal bring nie omdat die sakeredders nou in beheer is My opinie : groot afleggings kom by SAL en die redery gaan baie klein afgeskaal word.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 10/02/2020 - 16:42

Jammer vir die simple uitleg  -  die stelsel het alles aanmekaar gedruk, glad nie soos ek dit getik het nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 10/02/2020 - 17:09

Len ek stem saam met altwee jou stellings.

Ek glo ook nog altyd dat die hoof van ń maatskappy se hoofdoel is om die kundige mense onder hom te bestuur.

Ek glo beslis nie dat net ń elektriese ingeneur Eskom kan bestuur nie. Iemand met sterk bestuurs kennis en ń sakeman is in my opinie baie beter keuse.

Ja, SAL, ek dink dies trotse redery se dae is getel, al wat dalk sal oorbly is ń baie klein redery.

Poskantoor is sekwr volgende op die lys, en dan Telkom?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 10/02/2020 - 17:47

(Len, jy kan dit mos "edit" as jy dit klaar geplaas het en nie tevrede is nie)

ESKOM

Hier draai 2 dinge in my kop rond:

  • Die nuwe Group Chief Executive, André de Ruyter het nie goed gedoen met Nampak die tyd wat hy daar was nie ?
  • Eskom word deur almal in die land geraak (anders as SAL en ander) daarom glo ek nie hulle sal laat hy onder gaan nie ?
0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 10/02/2020 - 17:55

Omtrent Escom. Maat van my is ingelig, en toe ek heel hoopvol vir hom sê dat dit n klein bietjie ongerief is maar dat herstelwerk vinniger vorder lag hy. My ou maat, hulle probeer n bietjie spaar deur minder diesel te brand. Diesel ??!! Nou ja, in die ou jare het die regering glo n klomp diesel turbines gebou as nood opwekkers. Die loop nou al n hele ruk volstoom, teen n hengse verlies, so iets soos opwekkingskoste van n eenheid  is 4 keer die verkoopprys.

Volgens hom is beurtkrag nou n gegewe vir die volgende 18 maande, maar sê ook dat dit ook net so n gegewe is dat onderhoud nie voltooi kan word in 18 maande nie.

Weet nie veel van SAL nie, maar gehoor ons departement van Waterwese is in net so n finansieële verknorsing.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 10/02/2020 - 18:00

Middag Len, ek stem saam met jou dat ESKOM nou op 'n draai punt is.

Die vakhonde kan ongelukkug dalk hul sin kry, en van die wit "baas" ontslae raak, hul het dit reeds probeer? 

Ek voel egter, ek moet jou taal kunde aan vat, onscpraat van "aanleg instandhouding",  en nie van goeters nie wink

herstelwerk van goeters wat breek.

Jy sien, ek lees alles 😂 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 10/02/2020 - 18:04

Hahahahaha!   Nee wat ek glo ons word 'n rat voor die oë gedraai.  Die man ons moet lei is maar net 'n leuenaar en probeer die waarheid van agteruitgang, diefstal en plunder toesmeer. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 10/02/2020 - 20:38

Willem, ek het te gou gepraat  -  ek was op verkeerde browser en toe lyk alles simpel.  Ja, ek is bewus daarvan dat dinge nie by Nampak goed verloop het nie, maar ek vermoed baie van die probleme het hy geërf en het net nie genoeg tyd gehad om alles reg te stel nie.  Ek stem egter met jou saam dat SAL nie 'n noodsaaklikheid is soos in die geval van ESKOM nie en dat ernstige koste-besnoeiing die enigste moontlike oplossing is om dit in 'n baie afgeskaalde vorm staande te hou.

Vir my is dit positief dat onder vakbond geledere is daar nou ook hewige struwelinge/verskille of staatspensioenarisse se geld by die Beleggingskorporasie gebruik moet word om Eskom uit hul finansiële gemors te kry.

Dat die huidige president  " 'n leuenaar [is] en probeer die waarheid van agteruitgang, diefstal en plunder toesmeer " glo ek egter is nie waar nie. 

Ons sal maar moet sien hoe dinge hier gaan uitspeel en wie se vermoedens was reg.

 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 11/02/2020 - 12:00

Dankie Anton  -  ek dog dit was die verkeerde browser.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus