Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -5 minutes ago
Hael November 2026 Geert -21 minutes ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -42 minutes ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -5 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -10 hours ago

Geriefies in jou wa ?

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek weet dit is mode om deesdae te praat van kamp met so min as moontlik en heelwat kritiek teen kampeerders wat hulleself lekker inrig  -  ook dat sekere mense se definisie van "kamp" is om primitief te lewe en die wêreld so moeilik as moontlik vir jouself te maak.  Ek kritiseer dit nie, maar my manier van "kamp" verskil  -  ek "kamp" heerlik en so gemaklik as moontlik, met my geriefies en al !

Teen dié tyd weet almal ek kamp meestal waar krag beskikbaar is, maar as beurtkrag sou inskop of ek is lus om iewers te kamp waar daar nie krag is nie, is ons lekker ingerig daarvoor en geniet dit nogal om ook só te kamp.

Om te begin, ons het 'n ingeboude radio/cd speler in die wa by die kop van ons dubbelbed.  Ons kan dus rustig in die bed lê en radio luister teen 'n volume wat niemand naby ons sal steur nie.  By die radio het ons ook 'n 12V horlosie met duidelike, groot syfers sodat ons enige tyd van die dag of nag kan sien hoe laat is dit  -  oumense hou mos daarvan om te sien hoe laat is dit as hulle in die nag gaan piepie.  Dit is tot ons beskikking met of sonder 220v krag.

Ja goed, ek weet die radio is nie mooi in die middel nie, maar dis gedoen om nie die hangplek in die hangkas te beïnvloed nie.

 

Len se radio

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 04/04/2020 - 09:12

Dankie, dis interessant.  Dus jou karavaan-battery wat die inverter van krag voorsien word vanaf die Kia gelaai  -  die Kia laai dus twee batterye, die kar s'n en die karavaan s'n ?  Het jy dalk nog 'n vrieskas agterin die Kia wat ook van 12v voorsien word ?  -  ek glo nie want dit sal dan ook seker "te dik vir 'n daalder" vir die Kia se altenator wees !

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 04/04/2020 - 09:39

Oom Len, hoekom gebruik oom nie die radio se horlosie nie?

Daai skerp rooi van oom se bed horlosie gaan oom se karavaan soos n bordeel laat lyk.

Het iemand in die aand al kom klop om aanbiedings en pryse te vra?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 04/04/2020 - 10:41

Ai Gesie, die radio se horlosie kan jy alleenlik sien as jy 'n knoppie gedruk het en dan is dit nog baie dof en klein ook en dan moet ek eers my bril soek.  Niemand het nog in die aand kom klop nie, dis ook nie nodig nie want my gelukkie lê langs my in die bed !

Daai skerp lig van die horlosie kan dowwer gestel word vir ouens wat nog normaal kan sien.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 04/04/2020 - 10:46

Môre Len. Dit is reg, die Kia se altenater laai al twee baterye, met die voordeel dat die Kia se batery priotiteit is.

En nee, ek het nie 'n "3-way" vries kas nie, myne is net 220v, en word bitter min saam gery.  Die Penta se se vries kompartement is voldoende vir ons twee vir 'n maand se kamp.

Ek het wel 'n 12v "cooler box" maar dit gebruik ek net om koekdrank in die kar koud te hou.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 04/04/2020 - 11:06

Môre Johann

O genade, dit kan nie wees nie--- 'n maand se vleis in die Penta se vrieshokkie!!! Is julle halwe vegetariërs, of vul julle aan deur die maand?

Ek oorweeg dit selfs om vir my uittog na die Kalahari, wat ongeveer 14 dae uit en tuis is, om nog 'n National Luna aan te skaf. Goedkoopste opsie is natuurlik om maar die ou getroue Coleman met ys te vul en as koelkas vir die groente goete te gebruik. Sodoende kan ek die volle 90 l van die NL as vrieskas benut.

Groete 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 04/04/2020 - 11:17

Middag Len, Johann

Moenie 'n kar se alternator onderskat nie. Goeiee alternators kan maklik tot 90 Amp stroom opwek. Ek vermoed dus daar is meer as genoeg stroom om tot 3 batterye van 12 volt gelaai te hou.

Nou 'n vraag vir die tegniese manne---- waar gaan die stroom heen as jou kar battery volgelaai is? Of sorg die "voltage regulator" dat die alternator dat daar nie meer stroom opgewek word nie.?

Onthou dat ouens hulle dubbel batterystelsels, byvoorbeeld 2 batterye van 105Amp.hr gelaai hou terwyl hulle ry.

Groete

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 04/04/2020 - 12:01

Wessel onthou dat die alternator, as jy ń goeie meer laai stelsel in het slegs een battery op ń slag laai.

Dit laai altyd die voertuig se battery eerste en dan die volgende en so aan. Nooit meer as een batery gelyktydig!

Ja die regulator sorg dat die batery ophou laai sodra dit vol is.

Die ouens wat so baie kol ligte en al sulke goed op het se alternator kan nogals begin sukkel. Die nood voertuie met al daai draaiende en flikerende ligte en nog sirenes ook het gewoonlik ń sterker alterator in.

Nou se dae met die LED ligte is dit nie meer nodig nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 04/04/2020 - 12:35

Ek en Berdien kamp ook met min maar radio , microwave, en laptop vir flieks kyk veral as dit reen of koud is kyk nou lus ekke vir n kamp

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 04/04/2020 - 13:11

Verstaan ek dus reg, die kar se altenator laai twee batterye, die kar se battery voorsien ook krag vir die "cooler box" en vir die karavaan se battery om die inverter aan die gang te hou ?  Hoe werk 'n "cooler box", met 'n kompressor soos 'n yskas ?

Die rede hoekom ek vra is die volgende :-

  • Die Exclusive se Dometic yskas werk net met 220v en gas.  Dis 'n vulletjie om ook 'n 12v element in te sit, maar ek twyfel of die P/F se battery/altenator die volgende kan doen :-
  • Die P/F se battery voorsien reeds my Edesa vrieskassie in die laairuim se absorpsie-element van 12v krag en ek wonder of dit ook die Dometic-yskas van voldoende 12v sal kan voorsien ?
  • Die alternatief is om die karavaan en mover battery te gebruik om tydens reis die Dometic yskas van 12v te voorsien vir die absorpsie-element en dan die P/F se altenator ook die karavaan se battery te laai tydens reis.

Wat sê julle ?

 

Ns. Jammer, ek sien nou eers party van my idees oorvleul 'n bietjie

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 04/04/2020 - 13:56

Len ek sal sterk aanbeveel dat indien jy daai roete wil volg dat jy ń dubbel laai stelsel instaleer 

As jy twee barerye konekteer mag ny heelwaarskyik jou alternator oorlaai.

Dit kan veroorsaak dat jy met twee pap baterye en ń gebreekte alternator langs die pad gaan staan!

Dubbel laai sisteem laai altyd eers die voertuig se batery en eers as die vol is word die tweede batery gelaai. Die alternator werk dus nie oortyd om twee baterye gelyktydig te moet laai nie.

Sou jy so iets instaleer is dit baie belangrik om dieselde dikte draad wat van jou voertuig se batery kom na die die agterkant van die P F te lei. Dan deur middel van ņ Brad Harrison kopeling na die wa se batery weer met dieselfde dikte draad.

National Luma verkoop ń selfdoen kit vir so  duisend pf twee R met al die nogige kabels, lugs, sekering en instruksies.

Redelik eenvoudig om self te instaleer.

Hoop jy verstaan wat ek probeer sê en dat dit help.

 

 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 04/04/2020 - 14:49

Wessel.

My vrou eet omtrend nie vleis nie,  sy sal eerder hoender eet, en ek eet weer nie graag hoender nie😂

Ek het 'n grooter dubbel deur yskas in gesit, maar vul soms aan by bestemming.

 

Len.

Die kar se altenator laai al twee baterye, daar is 'n BH koppeling op die Penta se haak, en ook op die Kia se tou bar.

BH plug
Die BH koppel stuk het ek intussen om gedraai, dit het die haak gevang.
​

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 04/04/2020 - 14:58

Weet nie van alternator wat oorwerk word met 2 batterye nie. Landrover en Cruiser het 2 105 a/h batterye in parallel gekoppel, met n skakelaar waar , 1, 2, both op staan. Dit is permanent op  " both" geskakel en slegs waneer daar vir die nag gestop word sal dit op "2" gesit word wat dan net die aux goete krag gee. Verder is dit heel jaar op both. Moet sê dat ek goeie diens uit batterye ook kry.

Wessel, as ek n alternator reg verstaan. Dit het nie permanente magnete in nie, en die  field coils kry krag vanaf jou battery om die magnetisme( woord ??) te voorsien. Sodra batterye vol gelaai is, word die konneksie verbreek deur regulater, en dus loop dit dan net vry sonder om krag te maak. Weet nie of jy al somtyds gehoor het as kar luier, en die alternator begin laai nie, enjin se toere val so effe.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 04/04/2020 - 15:00

Hier is die diagram, soos wat die selonoide gekoppel word, ek het 16mm kabel deur die auto elektriesien wat die instalasie gedoen het, gekry.

Diagram

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 04/04/2020 - 15:09

Johann, ek vertrou die nie juis nie. Op n trip na ñ baie afgeleë deel van Namibie, keer n oorsese toeris my voor, plek se naam Miribab. Gehuurder Cruiser met so NL controller. Batterye albei pap, die controller het nie enjin bettery ontkoppel nie. Ons moes 2 stelle jumper leads op alby my battery koppel op altwee sy batterye om hom aan die gang te kry. Daai skakelaar wat ek gebruik is foolproof, jy moet net onthou om af te sit.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 04/04/2020 - 15:17

Herman, ek glo enige elektroniese toerusting kan vaal, ons gebruik dit net tydens sleep, maar, ja, mens weet nooit.

Die selonoide skop uit as die hoof batery op 13.1 volt kom,  of, dit is veronderstel om te gebeur.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 04/04/2020 - 15:27

Nogals 'n prys om te betaal as jy al so lank sonder dit kon klaar kom ?

National Luna Battery Manager Kit - R2,349.00, by Outdoor Warehouse
.

National Luna DC to DC Converter 25Amp - R4,999.00 ook by hulle.
.

National Luna DC-DC 40Amp Dual Battery Isolator and Charger - R8,329.00
.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 04/04/2020 - 18:40

Dankie menere vir die interessante gesels.  Gegewe die kostes hierbo, sal ek maar op my huidige trant voortgaan.  Alhowel ons ver reis, reis ons nooit meer as 500km per dag nie.  Dus, die Exclusive se yskas wonder nog of hy gaan begin ontys dan is ons al by ons oornag bestemming en koppel dan die 220v krag. Trouens, vir so 'n endjie is die vrieshokkie en inhoud nog kliphard gevries.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus