Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto van ablusieblok Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Canyon... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Augrabies - 20 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -15 hours ago

Hallo alle forumlede

Balfour
Submitted by phillipcil on
Forums

Eks nuut op die forum. 

Ek is Phillip Cilliers en my vrou Marlene bly in Balfour Mpumalanga.  Twee kinders dogtertjie 9 en seuntjie 5. Ek boer met mielies en vleisbeeste.

Ons is baie lief vir kamp, veral die kinders geniet dit baie.

Hoop om baie by jul gesoute manne te leer

Groete.

 

Centurion

Voortrekker

Sat, 11/04/2020 - 17:00

Hallo Phillip en Marlene.  Baie welkom !  Dankie dat jy kom inloer en groet Phillip yes  Ons hoop jy gaan sommer nog lekker hier saam kuier en gesels.

Vertel gerus meer van julle smiley

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 11/04/2020 - 17:16

Hi Philip & Marlene (en sommer ook die 2 kleingoed). Welkom in ons midde. Dankie vir die kort bekendstelling. Hoop om nog vele insette van julle te hoor. Synde ek in die saadbedryf betrokke is, hoor ek graag hoe julle mielies vanjaar lyk. Gesien in die lig van die reënval in die Hoëveld, waarvan ek van tyd tot tyd verneem het, maak ek die aanname dat 'n belowende oes op julle wag?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 11/04/2020 - 17:55

Hallo Philip & Marlene !

Ek is een van die oubokke hieronder die klomp  -  50 jaar gelede in Memel gewoon en daar kennis gemaak met 'n boer genaamd Piet Kemp.  Hy het later verkoop en ook in Balfour met mielies en beestye geboer.  Hy is 'n paar jaar gelede oorlede en miskien het jou pad tog ook met hom gekruis.

Welkom hier by Kampforum en vertel ons 'n bietjie van julle kampvoorkeure.  Ons het ook drie kinders, maar nou al met hulle eie gesinne.  Elkeen van die drie het 'n eie karavaan en hulle kan nie uitgepraat raak oor die heerlike kamp-vakansies van destyds toe hulle kinders was nie.  Julle kinders sal julle ook eendag ewig dankbaar wees vir kamp-vakansies.

Nogmaals, baie welkom !

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 11/04/2020 - 19:25

Baie welkom Phillip, ons glo jy gaan lekker saam kuier. Dankie vir die bekend stel van jou gesin.

Waarmee kamp julle, en wat is jul voorkeer manier van kamp,  bos of oord? 

Ek neem aan, met die jong kinders is dit seker oorde met baie doen dinge vir die kleinspan? 

Ons kinders kamp ook, en vertel weer vir hul kinders hoe lekker het hulle gekamp as kinders.

 

0
Balfour

phillipcil

Sat, 11/04/2020 - 19:39

Hi Johann L.

Ons kamp met n Conqueror UEV25.

Ja meestal oorde. Desembers suidkus toe. September vakansies gaan ons bos toe. 

September 2019 Botswana toe

September 2020 Weer Namibia toe.

 

0

Môre Phillip

Baie welkom, ek sien jou derms word reeds uitgeryg, dis sal ek maar voortgaan daarmee. 

1] As jy met 'n Conqueror UEV25, met ander woorde amper 8m lank kamp [dis nou as ek hulle spesifikasies reg interpreteer], waarmee sleep jy dit.

2] Ek het kennisse op Balfour, Die paartjie is Darryl en Jeanine. Hulle familie besit motorhawens en of vulstasies. Hy het ook onlangs begin om sonkrag installasies te doen. Sy skoonouers, Phillip en Susan van Heerden het van Brits soheentoe verhuis.

Groete 

0

Môre Arie

Ek neem aan jy ken haar goed?

Ek het ook opgemerk hoedat forumlede reageer op die aanmeld van nuwe lede. Ek is seker mens kan 'n PhD-verhandeling doen oor die sielkunde daaragter

Groete

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 12/04/2020 - 09:19

'n Jare lange vriend (Jood nogal😀 ) van my het eendag gesê "funny how many people,  know Jews when they find out you are a Jew).

Ek glo dit is maar 'n manier om die persoon te verwelkom / tuis te laat voel?

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 12/04/2020 - 09:56

Wessel, nee ken haar glad nie. Ken die buurvrou darem baie goed!

Die verwelkoming; nee die stukkie was nie om iemand welkom te heet nie, jy sal sien ek het hulle heel bo-aan die draad welkom geheet.

Hierdie was maar so tong in die kies. Ek smile maar altyd as ons mensdom hoor jy kom van ń sekere plek dan vra hulle dadelik of jy so en so ken.

El het al gehad dat waneer mense hoor ek kom van Amsterdam dan vra hulle "Vriend van my , Gert het ook daar gewoon, ken jy hom dalk?" Daar woon ń paar mil mense in Amsterdam.

Natuurlik gebeur dit wel ook baie dat hulle tog wel die mense ken.

0

Middag Arie

Ek het niks minder van jou verwag nie.

Onthou wat ou Fanus Rautenbach van die buurvrou gesê  het!!!!

Groete 

0

Middag nuwe lede 

Waarom so stil, hoekom hoor ons niks van julle. 

As dit 'n geval is dat die oudlede julle oordonder, of afskrik, sê dit dan. Ten minste kan ons probeer om minder oordonderend te wees.

Groete

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus