Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -41 minutes ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -5 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -7 hours ago

Soos jy sê mes

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Soos jy sê mes kom die wind vanaand by ons op.  Die eerste keer vandat ons 19 dae gelede hier begin kamp het.  Die hele dag lieflike weer.   Ons kyk 7 uur nuus en die volgende oomblik toe kom hy sonder waarskuwing!    Die tent ruk dat goed van die tafel binne in die tent afval.  Alles word gou na veiligheid geskuif.  Die weer sê ons gaan more 'n wind van 60 km per uur hê.  Nog 'n stormtou word gou oorgesit.    The joys of camping.   Ek gaan rustig slaap, Colin moet maar worry oor wat buite gebeur. :-)  :-)

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 12/04/2017 - 20:41

Laat  my dink aan n soortgelyke storie by Eastco Magalies, maar ek moet dit los vir PhillyZa om te vertel.  As hy hopelik eendag begin insette lewer.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Thu, 13/04/2017 - 07:17

Gesamentlik met Storm Straps gebruik ek ook hierdie beskerming teen storms wat nogal doeltreffend is.

Storm Nets

 

0

Kry skaam, ek het die storm net oopgegooi nog voor die gras gesny was. Die tuin engineer was te stadig na my sin en kon nie nog wag tot hy daar gesny het nie.

Dit lyk alreeds weer soos leeu wêreld daar by my huis. 

Ek glo die reën sal more bietjie afneem sodat hy weer kan sny voordat ek volgende week vertrek met vakansie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 13/04/2017 - 07:36

DK

Thu, 13/04/2017 - 07:32

Kry skaam, ek het die storm net oopgegooi nog voor die gras gesny was

 Huh.  Nee maar vir my lyk dit heel netjies. 

Die storm nette is ook sharp!

0
Kloofendal
Profile picture for user Andries Pretorius

Andries Pretorius

Thu, 13/04/2017 - 08:11

Die erste paar dae nadat ons middel Februarie 2017 in die E-blok by Hartenbos staan gemaak het, het die wind nogal bietjie uitdagings opgelewer. Gelukkig geen skade nie. 

Met die ondervinding het ek toe maar besluit om vier van Maxcons se 450mm pennne te koop om die voorste twee hoeke van die tent te vestewig.  Het hulle toe by Moerbei op Hartenbos opgespoor teen heelwat duurder as wat Maxcons dit aanlyn verkoop. Maar het nie juis 'n keuse gehad nie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 13/04/2017 - 08:18

Die wind het so tot 9 uur sterk gewaai, toe afgeneem en rukkie later heeltemal gaan lê.   Vanoggend is daar net 'n ligte windjie en dit lyk na reën.   Die hele wêreld is vol blare, tot binne in die tent.  

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 13/04/2017 - 19:14

Freda, hoop julle kry reen, soos ek verstaan is die Kaap provinsie droog. Hier reen dit heerlik.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Thu, 13/04/2017 - 20:17

Vanaand op die nuus gesien, dit is bietjie "eina" daardie kant môre.

As Graaff-Reinet se maks. grade 15 wys, bly ek maar eerder in die bed.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 14/04/2017 - 07:49

Soos ek op die Koffiedraad genoem het, ja, hier waai 'n koue wind, alhoewel die son skyn.  Johann, regtig, ons raak bietjie moedeloos.  Die voorspelling bly sê dit gaan reën maar dit gebeur nie.   Volgens berigte moet dit more baie reën.   Die Kaapse damme is so te sê leeg en PE is vinnig oppad daarheen.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 12/08/2018 - 07:47

Hier innie hoeveld waai die augustus winde verwoed so die kampers moet maar storm toue gooi en seker maak alles is vas kyk so skielike wind kan skade aanbring voorsorg is beter as nasorg of hoesmiley

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 12/08/2018 - 08:51

Nes jy sê Shaun, ek het permanent tou in die "toolbox",  en soos ek hier gelees het, kan die wind jou nogal roer op Natalia.

Wil juis vir my drie penne maak met 30mm ogies bo, vir die buite pote.

0
Middelburg

Noel

Sun, 12/08/2018 - 09:34

Ek het baie erge stormwinde beleef by Stormriviermond en my 3 stormbande het baie gehelp. Ek gebruik 2 see L penne en kruis oormekaar vir die tenttoue  om te verhoed dat penne nie maklik uit die grond los kom nie. Ek het 2 stelle tentpenne vir die see en binneland. Maxcons is ook goed en ek het nog nie van hulle gekoop nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus