Ek weet wraggies nie waar om dit te sit nie ?
So ruk terug geeis vir die geyser wat gebars het en die een badkamer se plafon.
Toe die ou die plafon kom reg maak vra ek hom oor 'n ander gat in die sitkamer plafon. Toe merk ons op dat daar orals krake is in die muur en ook die plafom wat weg trek van die muur. Dit loop van Noord na Suid deur die huis tussen die sitkamer/kombuis aan die Ooste kant en die res aan die Weste kant.
Daar is geen turf in dié area nie en daar is ook geen groot boom naby nie. Absa het 'n bou kontrakteur gestuur, hy het kom foto's neem en gesê hy kan niks doen nie maar sal sy verslag indien om 'n Ingeneur te laat kom kyk.
Vanoggend kry ek 'n e-pos van Gerhard 'n "Loss Validator" hy was nou hier en het weer klomp foto's geneem en gesê hy sal sy verslag vandag indien om 'n Ingeneur te laat kom kyk.
Die krake is al van lankterug maar mens merk dit nie as jy elke dag daarin vas kyk nie.
My Huis ...
Ja ek wag nog steeds vir enige terugvoering ![]()
Gister toe ek die meter lesing neem en invoer op e-Tshwane se web toe sien ek weer die water meter loop en ek is alleen by die huis. Besluit om dit weer te meet na 'n uur om te kyk wat is die verlies. Het dit in Januarie ook gedoen en rond gesoek op die web vir ouens wat kan soen vir lekke, maar die koste is nogals hoog.
Toe besluit ek ek gaan vir Absa versekering 'n e-pos stuur en kyk wat gebeur. Vanoggend lui my foon en dit sê Absa aan die anderkant. Hulle het 'n eis geregistreer en sal laat iemand kom kyk na die probleem. Wel FOGI Plumbing het my 'n SMS gestuur om dit te bevestig.
So nou hoop ek om die probleem opt te los en net dalk is dit die rede vir die krake in die huis ? Dié huis se water pype is als of ondergrond of in die mure toe gebou.
Saterdag 18 Jan. 2020 Tyd Meter Vermors Tyd Verloop 13:26:00 966.5523 14:26:00 966.5900 0.0377 01:00:00 Woensdag 22 Julie 2020 Tyd Meter Vermors Tyd Verloop 10:00:00 1202.9125 11:00:00 1202.9521 0.0396 01:00:00My Huis water lek
Die ouens was hier en hy het besluit hy gaan 'n nuwe lyn aanlê sonder om te sukkel. Wag nou net vir die goedkeuring. ![]()
Willem, as jou meter in…
Willem, as jou meter in kiloliter lees, is dit n moerse klomp water, lyk soos 26 000 liter/maand. Hou vir n paar jaar aan en dit gaan wragties n sinkgat onder die regte grond-toestande kry. Dalkies n paar krake as waarskuwing. Het julle kalksteen in die omgewing, ek weet daar is of was n sementfabriek in Pretoria.
Die ergste van die…
Die ergste van die watervermorsing is die manier hoe die sanitasie bereken word hier in Tshwanetoria. Voorheen was dit `n vasgestelde bedrag van R75 per toilet. Vandag is dit 75% van jou waterverbruik.
Dus as jou water rekening R1000 is gaan hou sanitasie jou R750 kos. Hier het hulle `n maklike manier van geldmaak gesien en dit benut. Sou jy voorheen `n paar toilette gehad het sou dit `n fraksie van dit wat dit jou vandag gekos het.
Willem
`n Wenk. As daar bewyse is van `n lekkasie laat die loodgieter jou `n verslag gee en aandui dat die lek nie sigbaar waargeneem kon word nie. Die stadsraad het versekering vir sulke gevalle en jy kan `n eis indien. Dis `n helse gesukkel maar dit kan gedoen word. (Ek sal dit net doen as dit `n stewige bedrag is) `n Kennis het `n waterrekening van meer as R19 000 gehad agv `n lekkasie wat nie gesien kon word nie en het so eis ingedien. Dit het meer as 4 maande geneem maar hy het op die ou einde slegs sy gemidde;de verbruik oor 6 maande betaal ipv die groot bedrag.
As dit wel die geval is dat daar vir jou `n reuse rekening wag moet jy my kontak dat ek jou die kontak info gee van die persoon by die stadsraad.
Sterkte
More Willem, ek het ook so 3…
More Willem, ek het ook so 3 jaar terug 'n lek onder die grond gehad, en daar is plaveisel en my patio oor die water pyp. Die mense het toe vanaf die buite konneksie by die huis die pyp bogronds uitgebring en teen die buite huismure opgesit tot waar dit binne die dak ingaan. Die beste besluit ooit en nou kan ek sien indien daar 'n lekkasie weer ontstaan. Die versekering het wel vir alles betaal.
Ek het ook ‘n ondergrondse…
Ek het ook ‘n ondergrondse lekkasie gehad. Jou gebouversekering (nie jou huis inhoud versekering nie) dek dit Hulle betaal die lekkasie opsporing en herstel en die munisipaliteit skryf die oortollige gebruik af met ‘n brief van die loodgieter wat bevestig dat daar ‘n lekkasie was.
begrafnis ...
Dankie Johann ![]()
Gelukkig is die bedrag nie so groot nie, die verbruik is we amper 40kL per maand sonder dat ek die tuinslang gebruik. Omdat ek van 2017 self my lesings invoer het ek soos dit op gegaan het al minder die tuinslang gebruik, so het ek nie maandliks meer betaal nie.
Neef, ja die sement fabriek is hier naby maar my grond is pragtige leem grond.
Die ou het gesê hy gaan nie gate boor deur die sement en teëls om vir vog te soek nie. Hy gaan 'n nuwe lyn aan lê van waar hy deur die muur kom net na die meter tot by die huis. Een deel gaan onder die gras wees en dan so 3m onder die karavaan afdak en paving tot teen die huis.
Ek het ook nou begin wonder of dit nie die rede vir die krake in die huis nie ? Hoe sal ek nou weet ?
semen fabriek is hier Dit…
semen fabriek is hier
Dit is seker jyself Willem?
My Huis Water Lek Eis
Ek het vergeet om die gespreklyn op datum te hou, maar na Arie se vrag op die Eiendoms Versekering sal ek probeer om dit op datum te hou.
Die water lek is toe herstel deur Absa en is vervang met 'n nuwe pyp wat ek voorgestel het moet nie in die dak geplaas word nie so daar weer 'n lek ontstaan. Van die grens muur tot by die huis in dit ondergrond.




My Huis Water Lek Krake
Ek het besluit om weer 'n eis te registreer by Absa met die verwysing van die water lek as die oorsaak van die krake - Fri 25-Sep-20 11:40.
Na 'n vrag e-posse is die eis weer deur Absa afgekeer op Tue 22-Dec-20 10:41. Elke keer raak die korrespondensie traag en as ek aan hou vra vra word hy afgekeer.
Mon 26-Apr-21 12:54 het ek weer die saak aangegee by die Ombudsman.
Wed 28-Apr-21 19:35 het hulle e-pos met brief gestuur vir bewys van ontvangs met 'n kleim nommer.
Mon 31-May-21 16:00 het ek weer e-pos van die Ombudsman gekry,
"Your insurer has provided us with its answer to your complaint, a copy of which is enclosed.
Your complaint has now been allocated to ****** ****** and ****** ******.
Please read your insurer’s answer to your complaint and advise us whether you accept or reject the insurer’s allegations. If you reject any fact or allegation made by your insurer, explain with reasons and provide evidence, if applicable.
We look forward to receiving your written reply within 14 days.
Yours faithfully,
****** ******
Assistant Ombudsman"
Ek het toe my antwoord vir hulle gestuur op Wed 02-Jun-21 15:12.
Fri 04-Jun-21 11:14 het hulle geantwoord met 'n brief.
"We acknowledge receipt of your latest correspondence.
Please note that we are still attending to the matter.
We have requested further information from the insurer.
We will revert upon receipt of the insurer’s response.
Yours faithfully,
****** ******
Assistant Ombudsman"
Wed 08-Sep-21 15:04 het hulle op my e-pos geantwoord.
"Good day,
We refer to your e-mail below.
Kindly note that the matter is receiving attention.
We have received additional information from the insurer and same is now in a queue for further review.
We are unable at this stage to provide you with timelines, however, once the review stage has been finalised, we will be able to provide you with a more comprehensive response.
We appreciate your patience in this regard.
Kind Regards"
My Huis Water Lek Krake ...
Soos Arie nou die anderdag gevra het het ek weer vir die Ombudsman gevra wat het van die saak geword ?
Mon 15-Nov-21 15:43 het ek weer terugvoering gekry op my navraag i.v.m. die saak.
Good day,
We refer to your e-mail below.
Kindly note that Vuyisile Ramakoaba has now taken over the handling of this case.
We are liaising with the insurer and have provided it with our Preliminary views.
We will revert upon receipt of the insurer’s response thereto.
Kind Regards
Nou wag ek weer. ![]()
My Huis se dak ...
Ek wik-en-weeg nou al 'n geruime tyd om die dak wat ek nie mooi geseël kry nie (en ek het al genoem die dak werk maak my nou BAIE skrikkerig) te laat doen.
So begin ek toe soen na die ouens wat dakke seël en toe kry ek 'n nagmerrie oor die koste. Die een kamp vriend Cobus het ook so besigheid in Witbank. Hy het my baie raad gegee en ook 'n kwotasie maar hy is baie besig tot 22 Desember en dan sluit hy vir die jaar en ek wil die gedoen kry voor ons Desember weg gaan en die groot reën begin. Die kwotasie wat ek toe aanvaar het was die duurste (R 34,395.20) maar hulle ondersoek was vir my die beste en hulle "Comply with the National Building Regulations"
Gister het hulle begin met die voorbereiding, hoop hulle kry dit gedoen voor ons reën weer begin volgens die voorspelling.
Om die kersie op die koek te sit het ek vergeet van die swembad se solar pype (5 panele) wat op die Noorde deel van die dak lê. Kontak toe die ouens wat dit destyds opgesit het en toe kry ek die volgende verassing, hulle vra my amper R 4000 om dit af te haal en weer terug te sit as die dak klaar geverf is.
Wessel,Kon die ouens toe…
Wessel,
Kon die ouens toe gister jou dak seel en verf???
Hulle het nie Donderdag gekom nie wat die voorspelling het gesê dit gaan reën. Ons het die aand so 41mm gehad. Hulle kom toe gister, Vrydag vroeg want die weer sê daar is 'n baie skraal kans dat dit gaan reën, so net voor 15:00 begin dit toe sous en baie van die verf was toe af. Vandag is dit redelik koel en bewolk, hulle het vroeg gebel maar dink nie dit is raadsaam om vandag te verf nie en volgende week lyk soos 'n reën week ? ![]()
dak gemaak ...
Len,
Ja, die huis het 'n teel dak en die braai area IBR.
Willem, is die teels dan…
Willem, is die teels dan porieus dat hulle deursyfer en lek? Dit klink effe vreemd. Of is dit by jou flashings, ridges of valleys waar dit lek.





Laat my dink aan ons army…
Laat my dink aan ons army dae- Hurry up and wait?
So onsekerheid maak mens moeg!!