Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -5 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -13 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -13 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -14 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -15 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -17 hours ago

BLM in krieket (en ander sport)

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek het Saterdag nogal die Solidarity Cup krieket geniet. Ek dink egter dit was totaal onvanpas om Black lives matter daaraan te koppel. Laat ek verduidelik hoekom:

Die beweging is ‘n Amerikaanse een. Gaan lees maar self hier. Wat het dit met ons te doen?

Wat het dit met sport te doen? Krieket het redelik suksesvol getransformeer, en sover ek weet was daar nog nooit ‘n geweldadige voorval op of langs ‘n krieketveld waarin ‘n swartmens sy/haar lewe verloor het aan die hande van ‘n witte nie  

Die keuse van die gebeurtenis maak dit nog meer onvanpas. Op die herdenking van Nelson Mandela se geboortedag. Hy was seker die enigste politikus wat hom tot ‘n mate beywer het vir nie-rassigheid, en vir wie alle lewens saakgemaak het. BLM strook glad nie daarmee nie. Dit is veral in SA polariserend, net soos wat Mbeki en Zuma se manier was. Ramaphosa het ook nie werklik die tendens omgeswaai wat my aan betref nie. 

Soos ‘n voormalige SA ambassadeur (hoe spel mens dit?) in die Nederland Vrydag op RSG gesê het is dit tyd dat daar ‘n “ons” benadering in SA kom, eerder as ‘n “ons en hulle” ingesteldheid. Die bevolking word Suid-Afrikaners genoem, en die tweede deel van die naam stel dit duidelik. Ons is almal Afrikaners - dws van Afrika - ongeag van ons velkleur. Wit Afrikaners kan ook gerus ophou om onsself te onderskei van die res van die bevolking. Dit is ook polariserend. 
Ek is heeltemal ten gunste daarvan dat ‘n bevolkingsgroep hulle taal en kultuur moet behou. Ek steun glad nie die idee dat ons almal dieselfde moet raak nie. SA is juis so interessant agv ons verskeidenheid. Mense moet net leer om mekaar te respekteer en aanvaar. Die samehorigheid sal dan natuurlik volg. Kyk maar tydens verlede jaar se rugby wêreldbeker. Om egter een groep se veiligheid en reg op lewe bo ander uit te sonder gaan niks bydra tot nasie bou nie. Dis my mening. 

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 20/07/2020 - 13:21

Wildehont Chris ek wil die volgende se een ou word in America dood gemaak wat verkeert is wat gebeur almal is op hol America brand soos ons hier praat hoeveel word daagliks op plase gedood wie se wat waar as ek onvang pas is delete maar die geskrewe sport en poletiek is soos petrol en vuur

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 20/07/2020 - 14:18

Middag Chris WH

Ek gaan my nie polities uitlaat op 'n openbare forum nie, maar ek stel dit onomwonde;

ek is 'n klas-sis.! Ek het die reg om te kies met wie ek wil assosieer ongeag kleur en taal.

Groete

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 20/07/2020 - 16:12

Ek wens net blankes wil ophou jannie-jammergatte te wees, die verlede is verby. Die ander kleuriges moet ook jou maar wragtig hul selfbejammering staak, en SA kan die beste land ter wêreld wees.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 20/07/2020 - 19:32

Dis om van te kots. 

ALL LIVES MATTER  !!!! Veral die wat die kos op die tafel sit wat elke dag gevreet word. Ons praat nou nie hier van die Spar of Checkers nie..

My besluit om feitlik geen sport meer te kyk of ondersteun nie blyk toe die regte een te gewees het......

Ek is `n baie gematigde mens maar hierdie tipe van snert laat my moermeter oorloop. 

 

Sorry.......

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 21/07/2020 - 08:41

ffff

Dit is net n gedagte.

Elkeen seker geregtig op sy opinie

Ek stem saam met SLOWSTRIKE

"ALL LIVES MATTER"

Maak nie saak van ras / kleur / seks / wat hy-sy ook al vir n lewe doen nie.

As ons almal saam werk sal die land terugkom uit sy status as JUNK. Net as ALMAL saam werk en ophou vinger wys na mekaar. Almal het foute gemaak en dalk doen van ons nogsteeds dit.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 21/07/2020 - 10:33

En hier is my gebruiklike stroomop opinie :-

Daar is baie dinge in die verlede en ook nou wat in die wêreld gebeur wat normaal-denkende mense diep raak  -  dit maak nie saak waar dit in die wêreld gebeur nie en as dit 'n afskuwelike gebeurtenis is maak dit mos nie saak as daar 'n behoefte is om meelewing daarmee te betoon nie.  In Amerika het 'n afskuwelike daad afgespeel wat enige regdenkende mens met afsku vervul en waar jy jou ookal in die wêreld bevind, is dit mos nie verkeerd om meelewing daarmee te toon nie ?

Die probleem is egter dat allerhande afleidings nou gemaak word soos dat "alle lewens belangrik is" of  "wat van plaasmoorde" ?  Om meelewing met "black lives matter" te betoon beteken mos nie jy verkondig dat ander lewens nie belankrik is nie en ook nie dat plaasmoorde eweneens nie afskuwelik is nie.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 21/07/2020 - 11:43

My persoonlik probleem is, ALL LIVES MATTER maar daar word nie na almal se "lives"dieselfde gekyk nie.

Die land se President byvoorbeeld sê dan daar is nie n probleem van plaas moorde nie. ??

Dit is die probleem vir my. Oogklappe vir stemme. Dit is nie reg nie (altans nie vir my nie)

Almal word nie onder dieselfde kam geskeer nie.

Ons opinies MAG verskil, "no hard feelings" net n persoonlike opinie verskil.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 21/07/2020 - 13:26

Harry ek stem 100% saam met jou, ALL lives matter.

My probleem is, sodra 'n swart persoon deur 'n wit persoon beseer, of wat ook, dan word dit 'n helse ding, maar die om gekeerde maak nie eers die dorps koerant nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 21/07/2020 - 13:43

Het iemand dalk Melanie Verwoerd se stukkie gelees. Sy is dalk eensydig, maar miskien moet ons soos sy skryf " luister vir n slag" , en dink daaraan wat kolonialisme en apartheid aan mense gedoen het, wereldwyd, nie net hier nie. Dit is geskiedenis wat nog vars in mense se gedagtes is, en hier by ons gaan 26 jaar se demokrasie nie die gevoel laat verdwyn nie. Len het ook goeie kommentaar gegee. Ja ek persoonlik kry so gatvol houding en nek trek styf, maar hier binne weet ek dat dit tyd is om te verander. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 21/07/2020 - 15:09

Wessel, ek weet presies waarvoor die BLM-beweging staan.  Ongeag waarvoor die beweging staan, die hele wêreld weet dat die huidige bewusmaking het te make met die dood-versmoring van 'n persoon deur 'n polisiebeampte.  Dit is hierdie spesifieke dood-versmoring wat die reaksie ontlok het en waarmee ek persoonlik geen probleem het om simpatie te betoon nie. As iemand anders van mening is dat dit verkeerd is om meelewing met sodanige moord te betoon,  dan is dit maar so dat ons van mening verskil.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 21/07/2020 - 16:40

Die wêreld staan op sy kop met onderbroek boontoe.  Daar word nou so baie dinge kwytgeraak deur bewusmaking op sosiale media dat mens nie meer kan byhou nie!

0

Die Chokers het ek jare terug al afgeskryf, so die drie kniegbuigertjies pla my nie regtig nie, vir my is hulle soos enige man op straat met n selfbeeld probleem.

Van Siya kan jy dit verwag, die "ek kom uit die township" storie moes een of ander tyd kom, shame, hy kry nou so swaar, lewe is maar moeilik amper soos Lewis Hamilton met sy privaat straler, drie moerse huise, twee seiljagte en meer as biljoen doller in die bank, moeilik om kleur te he.

Pienaar, wel Pienaar is wat sy naam se.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 22/07/2020 - 13:00

Ek stem saam, maar mag dit nie sê nie.

Ek betaal maar my TAX, VAT, en DIENSTE.  (saam werk dit uit in die omgewing van R 90k n maand)

Al word dit al drie gemors.

Phok White lives, solank jy net gee.

"LIVES MATER, ALL OF THEM"

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 22/07/2020 - 14:38

Ek wonder net so by my selwers, hoe het dit gebeur dat een mens, 'n ander "oorheers" is dit 'n geval van die sterkere het altyd oorwin?devil

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 23/07/2020 - 09:19

In die VSA het 'n wit meisie van 18, in haar skool geweier om die knie te buig, sy was glo die enigste een in haar skool,  ek haal my hoed af vir haar. Ek is regtig gatvol vir die, in my opinie, gat kruip.

Soos die prentjie bo, hoe lank moet mens nou jammer sê, boel twang, ek weier. In amper 60 jaar kon die mense in die VSA, en oral, nog steeds nie oor hulself kom nie, hier word appartheid nou in Zim blameer, glo het die wittes nie genoeg finansiele opleiding gegee nie, my donnerdag, wat de hel nog.

In SA, is die opstande en grootste bekke, deur mense wat geen benul het van die werklikheid van 40 jaar gelede nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 23/07/2020 - 09:35

Presies, dan moet ons mos die VK ook aan vat vir wat hulle aan ons ouers en groot ouers gedoen het in die konsentrasie kampe en ons plase af gebrand het,  of is dit nou weer anders? 

Ek wag in spanning op die antwoordedevil

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus