Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -22 minutes ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -34 minutes ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -59 minutes ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Montagu Oktober 2026 saam gesels maurits1 -1 hour ago
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -2 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 07/12/2020 - 16:12

Middag Chris , dit lyk nou netjies, knap gedaaan.

Jy kan, as jy wil, kyk by harde ware winkels kry jy "stainless steel" "kabel" stroppe, wat jy as rugsteun kan gebruik. Ek soek hier in die Vaal Driehoek, maar kan nie die regte lengte kry nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 07/12/2020 - 20:34

Ek hou van die woord - stroppe. Dis waaraan ek gedink het. Sal my vriend wat by Diesel Electric werk vra om vir my te kry. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 13/01/2021 - 10:01

Middag Chris

Na aanleiding van jou inset oor die buurman se wa wat plat op A raam geval het;

Ek moes ook vir my Kavango 'n hoekstut [poot] aan die A-raam laat sit. Myne het daarsonder uitgekom.

Ek was weer bekommerd dat die neus na benede foeter, terwyl ek slaap. Dit gee baie meer gemoesdsrus, en ek kan neuswiele ruil sonder dat wa gehak is aan trokkie.

Ek wonder of boswoonwa verskaffers redeneer dat dit net as oornag slaap gebruik word, en nie afgehak word nie. 

Het jou wa 'n poot voor?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 13/01/2021 - 10:37

Wessel, my Kavango het ek gelukkig gekoop met vier hoekstutte - een op elk van die agterste hoeke en twee weerskante van die A-raam. Ek sal nie sonder ten minste een aan die A-raam wil staan nie. 
 

Die wa wat geval het in Kgalagadi was nie ‘n Echo produk nie. Dis nie ‘n bekende (aan my) fabrikaat nie. Die eienaar het egter myns insiens ‘n fout gemaak deur eers die agterste stutte neer te sit en toe die neuswiel te gebruik om die wa te probeer waterpas kry. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 01/03/2021 - 10:36

Met ons Kalahari toer in Desember, het die Kavango ‘n klomp kilometers gesleep. Die kilometers binne Kgalagadi was ook op rowwe paaie wat baie sinkplaat, klippe, stof, water en modder ingesluit het. Ons volgende lang toer oor ‘n lang afstand is hopelik Julie, wanneer ons wildtuin toe sleep.

Voor dan is daar nog minstens Karoo Nasionale Park 22 Maart en Yzerfontein Paasnaweek. Ek wil graag die wa laat diens. Nou is my vraag; kan Boland karavane hier in Worcester dit sommer diens, of moet ek na Echo toe gaan in die Kaap? Daar is niks fout met die wa nie. Die een hoekstut wat nie gewerk het nie, het ek self reggemaak, en ek is besig om my eie kraan te bou om die een wat lek by my opwasbak te vervang. Ek wil maar net hê die laers, remstelsel, vering en A-raam/koppelstuk moet nagegaan word. 
 

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 01/03/2021 - 11:00

Môre Chris

Ek vat ook nie meer my wa na Echo toe nie, kom ons skryf dit toe aan die afstand soheentoe.

As Boland bereid is om dit te doen, gebruik hulle. Indien hulle iets vind wat Echo aandag benodig, kan hulle dit wys, en dan laat doen jy dit by Echo. Ek vermoed dat die meeste goete elkgeval universeel is. Dit is net die bakpanele en skaniere wat moontlik Echo aandag gaan verg.

Groete 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 01/03/2021 - 11:08

die meeste goete elkgeval universeel is. 

Boland karavane is al lank in die land, en as ek Echo toe moet gaan sal dit my ‘n dag se verlof kos met die reis tyd heen en weer. Ek wou maar net ‘n mede Echo eienaar se bevestiging kry. Ek is nie iemand wat vasklou aan agente nie. Die wa is in elk geval al so oud, niks is meer gewaarborg nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 01/03/2021 - 11:49

Ek is nie 'n Echo eienaar nie en kan dus nie 'n sinvolle  aanbeveling maak nie.  Ek lei af jy benodig 'n deeglike ondersteldiens en dit is al diens wat ek aan my Excludsive laat doen.  Die ander dinge waarmee jy daagliks te doen het en kan sien, kan ekself aan aandag gee.

Ek kan wel WC Caravan Movers in Joostenbergvlakte (naby Cape Garden Centre) baie sterk aanbeveel vir 'n deeglike onderstel- diens en -ondersoek.  Hy het by my Exclusve 'n kraak in die A-raam opgespoor en herstel  -  ook  'n onderstelstaaf wat losgeskeur het en die een sykant laat sak het, herstel. Pine Joubert is die eienaar en werk self aan jou wa (en nie Sipho nie !).  Hy spesialiseer  in "mover"-installasies, maar is puik met wiellaers, remme, oorloopremme en die opspoor en herstel van onderstel-krake.  Sy werkswinkel is by sy huis op sy kleinhoewe wat die afgee en weer gaan haal van jou wa baie vergemaklik, selfs naure.  Pine se nommer is 082 8245 126.

Ns. Ek weet Pine het al talle "movers" op boswaens geïnstalleer en hy ken dus hulle onderstelle ook.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 01/03/2021 - 12:28

Dankie Oom Len. Pine klink na die aangewese persoon om my wa by te diens vir gemoedsrus dat dit nie ‘n veiligheidsrisiko vir my gesin sal inhou nie, en langer sal hou. Hopelik kan ek die wa op ‘n Saterdag daarheen neem en weer op ‘n Saterdag gaan haal. Ek het vir Pine ‘n boodskap gestuur. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 03/03/2021 - 08:16

Die mixer wat my Kavango se opwasbak bedien uit die yskaslaai lek mos. Ek het dit gespoeg en plak met epoxy en silikoon voor ons Kgalagadi toe is, maar dit het tydens die toer weer effens begin lek. ‘n Nuwe een kos R1 250 plus R250 verskeping. Salomien sou vandag een gaan haal het in Kemptonpark, maar hulle is nou uitverkoop en het net ‘n R1 650 model. Ek besluit toe om my eie plan te maak, en sit vir my ‘n boere mixer aanmekaar. 
 

Die kraantjies en pype het ek by die besproeiing verskaffer hier in Worcester gekoop vir R685. Toe moes ek plan maak vir ‘n netjiese en praktiese manier om die kraan in plek te hou tydens berging en gebruik. Na ‘n hele paar ander idees kom ek toe op die plan af om ‘n slide wat mens vir ‘n laai gebruik in te span. Dit en ‘n paar vasmaak goed het nog R85 gekos. Ek het dit met klinknaels vasgesit teen die binnekant van die laai, en die mixer met ‘n saddle en klinknaels daaraan vasgesit sodat dit kan swaai tussen vertikaal vir berging...

A
 

...en horisontaal vir gebruik:

B

Nou gaan ek nog ‘n terry clip aan die buitekant van die laai monteer wat die tuit waarby die water uitloop in plek sal hou tydens gebruik. Ek gaan ook ‘n stukkie rubber plak op die laai se rand om dit en die kraan se tuit te beskerm. En dan die pype koppel en toets. Ek dink my plan gaan werk, en my boere mixer gaan baie langer hou as een wat eintlik bedoel is vir ‘n padkaravaan se wasbak. En dit spaar my R880.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 03/03/2021 - 09:05

Mooi so  -  ek hou van McGywer-planne.  Onthou om vir ons 'n foto te wys waar die ge-"mixde water loop as jy klaar is.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 03/03/2021 - 13:56

Die Kavango het so kraan gehad

A

Dit was gemonteer op ‘n staal plaat “pilaar” wat op en af kon skuif om dit te gebruik of te berg. Dit kon ook draai sodat die tuit gebruik kon word om water te tap in die opwasbak wat aan die buitekant van die yskaslaai aanhaak, en om die tuit terug te draai vir berging in die laai. Die gedraai heen en weer en skuif op en af was die probleem. Dit het te veel stress geplaas op die elmbogies wat onder in die kraan indruk en met ‘n o-ring seel en lekkasie veroorsaak. Die vorige eienaar het die elmbogies reeds in plek gehou met epoxy, maar dit het met ons gebruik van die wa weer begin lek. Dit is dus nie ‘n nuwe probleem nie. 
 

Ek het gekyk na ‘n gewone huis kraan, maar hoe koppel mens die 8mm pypies van die wa wat die warm - en koue water voorsien daarmee, en hoe installeer jy dit in die yskas laai? Onthou; ek het net ‘n boswa - nie ‘n luukse Exclusive nie. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 03/03/2021 - 15:46

As ek dit nie mis het nie het ek vir jou die skakel gegee by wie ek so kraan baie goedkoper gekoop het ?

Hoekom ek die huis kraan genoem het was dat jou patent nie gebruik maak van die mikro skakelaarvwat die pomp aan/af sit nie, ek het gedink jy het 'n druk pompvwat die water aansit.  👍

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 03/03/2021 - 16:24

Willem, ek kan nie die skakel vir ‘n goedkoper kraan onthou nie. Ek het die www deursoek en kon net een verskaffer opspoor. Die res was invoer besighede. My wa het ‘n drukpompie en het dus nie die mikroskakelaar nodig nie. Die drade daarvoor op my ou kraan is afgeknip. 
Laat ek maar sien of my plan werk. Indien wel behoort dit te hou. Die komponente is alles vlekvrye staal. Dit is wel bietjie swaarder as die ou plastiek kraan, maar baie meer swaardiens. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 23/03/2021 - 21:48

As Boland bereid is om dit te doen, gebruik hulle.

Die Kavango gaan Maandag na Boland karavane toe vir 'n onderstel diens. Hulle het aangedui dat dit so ongeveer R1 600 gaan kos as daar niks fout is nie. Dis nogal styf, maar ek sal dit betaal vir gemoedsrus, veiligheid en die vooruitsig dat die wa langer goeie diens sal lewer. 

Pine klink na die aangewese persoon om my wa by te diens vir gemoedsrus dat dit nie ‘n veiligheidsrisiko vir my gesin sal inhou nie, en langer sal hou.

Ongelukkig het Pine aangedui dat hy nie tans kapasiteit het om die diens vir my te doen nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 23/03/2021 - 21:52

Onthou om vir ons 'n foto te wys waar die ge-"mixde water loop as jy klaar is.

Ek het nou nie 'n foto geneem nie, maar die kraan is die afgelope naweek by Baden klub in diens geneem en dit werk goed. Ek soek net 'n meer swaar diens terry clip om dit in plek te hou tydens gebruik. Hier in Worcester kon ek net kry wat van dun staal gemaak is. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 01/04/2021 - 06:15

Ek het gister die Kavango teruggekry nadat Boland Karavane die onderstel gediens het. R1 500 later. Al wat hulle gedoen het was smering (al die ghries nipples), pak van wiel laers, nagaan van remme en nagaan van onderstel se boute. En hulle het ‘n nuwe catch vir die deur opgesit. Die ou een was so afgeslyt dat ons altyd ‘n stukkie silikoon pyp daaroor moes sit om die deur oop te hou. Dit het net R35 gekos, en noudat ek weet waar om dit te koop, vervang ek dit volgende keer self - dis net twee klinknaels. 
Daar is YouTube video’s wat mens presies wys hoe om die res te doen, en ek is darem nie so onhandig nie. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 01/04/2021 - 07:31

Môre Chris, ek glo nog altyd om 'n karavaan te laat diens is 'n geld maak storie, ek laat dit net doen as daar iets gedoen moet word wat ek nie self kan doen nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 01/04/2021 - 07:46

Môre Chris S

Ek wonder hoeveel van die R1500 is vir arbeid. Ek dink die meeste van ons "vergeet" om die onderstel boute periodiek na te gaan.

Ek het nie die gereedskap om sulke take self te verrig nie, dus maak ek maar gebruik van mense wat dit kan doen. My laaste diens het my R900 gekos, maar ek glo nie die boute is almal nagegaan nie.

Jy het nounet bevestig dat ek nie my wa voor die Kalahari tog, te laat diens nie. Ek het remme en wiellaers so 800km gelede laat nagaan. Die 800km was heelpad teerpad ook.

Groete

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus