Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -4 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -17 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Finaal Springbok rugby Geert -1 day ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -1 day ago

TV terwyl jy kamp.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ek kry nie daai draad waar ons so lekker debateer het nie, dus begin ek maar weer 'n Ford vs Toyota gesprekwink

Meeste lede weet seker al teen die tyd dat ek anti tv is, oor die algemeen, selfs by die huis.

Desember toe ons by Weesgerus was, wys my buurman vir my sy "black box", ek het nie eers geweet mens kry so fancy gedoente nie. Dit vang alles op, Netflix, Showmax, YouTube en selfs DSTV, en ook google en play store, en dit dmv 'n wifi.

My beterhelfte het my so met verlangende aan gekyk, en ek het besef, as ek meer wil kamp, moet ek so ding kry.

Vroeër die week het ek toe alle moed bymekaar geskraap en Makro toe gery om die ding te kry, kry toe ook sommer 'n super ligte TV van 24" en die goed lê toe hier tot vanoggend. Weer my moed bymekaar gemaak, en begin koppel en toets, die mobiele wify met die black box ding gepair, en sommer ook 'n klein dvd spelertjie ook gekoppel. Nou is ons ook gegear vir tv kyk as dit reen terwyl ons kamp. My cowboy dvd's  gaan natuurlik saam.

Geen skottels en coax drade wat ekstra plek gaan vat nie, en ook geen stel van skottel nie.

Bennanta is natuurlik hoog in haar skik, al wat ons nou op hou is die virus (ons is maar versigtig vir die ding) en ons kleinkinders se skool dae, hulle gaan mos omtrend altyd saam kamp.

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 21/02/2021 - 07:24

More vriende

hang van elke person af. Ek gaan kamp nooi lank nie, tot hede selde langer as 8 dae. Dus kampeer ons sonder 'n TV.

Indien mens nou seker so bevoorreg soos sommige lede is, om maande vakansie te hou, kan ek nogal verstaan as hulle vermaak saamry, om die aande om te kry.

Lank gelede toe die kinders nog in die huis was, en saam gekamp het, was daar kaart en speletjies gespeel om die reendae, en aande om te kry.

Enige persoon kan kampeer soos hy wil, dit moet net nie my pla nie. Jy kan biltong eet, invermektien drink, nuwe trokkkies ry, maar ek wil eintlik nooit ander se musiek, TV klank of dronkmens praatjies  hoor nie. 

Groete

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 21/02/2021 - 08:50

Môre Wessel, dan moet jy asb nie langs my kamp op slaan nie, ek is so te sê doof, dra gehoor stukke wat nie 100% gehoor terug gee nie. My mense is so gewoont hard praat sodat ek kan hoor, ek kry altyd skaam om my bure se onthalwewink verduidelik ook altyd baie gou my probleem om hulle om vesrkoning te vra.

Ek belowe egter, die tv sal niemand pla nie, dit word nooit hard gesit nie want ek kyk nie tv nie en lees die onder skrifte as ek wel iets kyk.

Ja, ons het nou nog baie speletjies wat permanent in die wa is, iets wat ek geniet is bv UNO, lekker man lekker.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 21/02/2021 - 10:07

Ons twee oues van dae is nie juis fliekvlooie nie, trouens ek glad nie, maar liefie hou van haar sepies en veral speurflieks.  Ons albei hou van aktuele besprekings, nuus-gebeure en sportprogramme.  Ons DStv gaan dus saam op lang vakansies (10 dae of langer) en myne is so ingerig dat ek in 'n jap-trap die spulletjie opgestel kry. Maar en dis nou die groot MAAR, as ons Wildtuin toe gaan bly die TV tuis want dan oorskry ons wildtuin/natuur-belewenis-behoeftes by verre alles wat op 'n TV aangebied word.  Slegs in hoogs uitsonderlike gevalle kan die TV saam Wildtuin toe as daar iets baie interessant gaan gebeur op sportgebied  of iets anders soos as Zuma met sy oranje-pakkie uitgereik gaan word.

As ons met 'n see-vakansie gaan kamp, gaan die DStv beslis saam want ons swem nie eintlik meer nie en ek was nog nooit 'n hengelaar nie.  Daar word maar meeste net by ons kampopset rondgehang.  Ons TV word binne-in die karavaan gemonteer en ons lê in of op die bed en kyk sodat ons bure nie gesteur word nie.  Die enigste uitsondering as ons TV buite opgestel is, is wanneer daar 'n baie interessante rugbywedstryd gebeeldsend word, maar dan nooi ek ons bure vooraf om saam te kom kyk.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 21/02/2021 - 10:08

Johan ons kyk overlanding , netflieks ens op ons labtop waar ons gaan die klank pla niemand n happy wife a happy campersmiley

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 21/02/2021 - 10:57

Johann, jy moet asb mooi vertel van die boksie. So ruk gelede gedink om een te kry, toe word ek vertel van " adresse" wat geskep moet word, en net daar raak ky oë dof.

Het dit n simkaart, moes jy n spesiale tv kry etc, etc, werk dit met bluetooth, wat se remote gebruik jy, en kan n spannerboy soos ek, dit aan die gang kry.

Hoe doen dit die dstv ding, moet jy aanlog met jou kontrak no ?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 21/02/2021 - 11:12

Ek kyk graag natuur programme soos bv David Attenborough, my gunsteling aanbieder. Birds of Paradis, seker sy mooiste dokumenter ooit.

Len, die black box laat jou toe om dstv te kyk op jou rekening no, sonder die dekodeerder en die skottel,  ons het ons dekoreerder vir ons dogter gegee, maar ek kan op die boksie in teken, en alles kyk.

Dit word gedoen dmv 'n toep genaamd DSTV NOW.

 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 21/02/2021 - 11:33

Herman, ja, jy moet met jou lid no aan teken vir dstv.

Vir Netflix en Showhax teken jy in met jou e-pos adres wat jy geskep het met elkeen se inskrywing. Baie maklik .

Black box

Black boxJy kan alles doen met die afstand beheer.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 21/02/2021 - 11:39

Foto van vooraf gelaaide programme.

Black box
Mens kan ook 'n mikro sd kaart insit ( tot 128g) en nog apps van Playstore af laai.

Dit koppel met 'n HDMI kabel na tv.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 21/02/2021 - 11:39

Jy moet steeds DSTV hê om dit te kyk, maar dan moet jy genoeg data hê om dit te kan stream.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 21/02/2021 - 13:13

Die dan en wan wat ons wel DStv wil hê tydens 'n vakansie kos my geen sent meer as my maandelikse subskripsie vir DStv by die huis nie.  Ek het 'n goedkoop dekodeerder permanent in die Exclusive geïnstalleer en die opstel van die skottel is "poeding".  Ons kan ook DStv kyk by plekke waar geen selfoonsein beskikbaar is nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 21/02/2021 - 13:30

Dit werk op enige tv, ek het sommer 'n goedkoop Sinotec gekoop en dit werk op dit asook die "smart tv" in die huis.

Willem ja, jy moet, data op jou wifi hê.

Vir dstv, Showmax en Netflix moet jy net 'n aktiewe rekenig hê, maar daar is honderde ander flieks wat jy kan kyk.

Hernan, nee geen simkaart nie.

Len, as jy reeds jou ekstra dekodeerder ens. het, is so iets onodig, tensy jy You Tube wil kyk of wil google, wat jy reeds op foon / tablet het.

Geen ekstra kostes vir DSTV, Showmax of Netflix nie, jy gaan net in op jou normale rekening nos.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 21/02/2021 - 14:08

Ons gaan na te veel plekke wat geen of swak cellfoon ontvangs is. Dan om ń uncapped data packet te koop en DSTV premium en en maak nie vir ons sin nie. Met Sateliet is ons gewaarborg van ontvangs.

Ons het ń PVR2 decodeerder en ń 32cm JVC HD TV en om Len se woorde te gebruik, dit is “poeding” om die Antenae op te stel. Ek gebruik ń tuin vurk vir die monteering en slaan dit met die 4lb pen hamer in die grond...My vrou love “Boer Soek ń Vrou” en sy luister ook graag Radio. Sport en nuus is ook belangrik.

Die klank bly ń probleem. Die TV hang aan die kant van die woonwa in die tent want hy is redelik groot en ons sit of lê nie sommer binne nie. Kop telephone werk ook nie eintelik nie want ons kan dan nie met mekaar praat nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 21/02/2021 - 14:57

Ek kyk net stoep TV tuis.

A

As ek tyd vir myself het terwyl ons kampeer lees ek eerder. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 21/02/2021 - 15:10

Onthou Chris, dis nie die onderwerp of jy met 'n TV sal kamp of nie.  Die onderwerp is of Johann se "black box" 'n beter opsie is as gewone DStv by jou kampbestemming.

Maar soos ons nou al oor en oor vir mekaar gesê het, elke ou kamp soos hy wil en daar is nie eintlik 'n reg of verkeerd nie.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 21/02/2021 - 15:56

Om op te som.

Het jy die dstv premium paket, vat jy decoder saam, of kry ekstra een en stel skottel op waneer jy Moto GP wil kyk, of dalkies Nigella se verlydelike geregte. Jy kan met dstv now  kyk op jou tablet met data, gratis. Of n boksie kry en dstv met data kyk, gratis, en You tube etc.

Het jy  nie dstv nie, maar Netflix, moet jy n boksie hê wat jou data gebruik, wifi by die huis, of mobile waneer jy kamp. Kan Supersport kry vir n ekstra bedrag, lyk soos R250/maand vir die een.

So , kamp ons waar ook al, sal die kampskottel werk. By die huis, is die boks n bonus vir flieks en reekse.

Intussen het die kinders vir ons n " external hard drive"  Tetrabites ????  met derduisende reekse, flieks, musiek, en al die Attenbourgh dokumentere bymekaar gesit wat ons saamkarring vir n reenerige dag. Ai hoe mis ek daai agteroorlê en Kelly's Heroe's kyk in my waentjie se kooi.

 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 22/02/2021 - 06:27

Julle het my nou aan die dink gesit, data kan dlk duur raak met streaming?

Ons sal maar kyk, lees gelukkig baie graag, en die tv is net vir die kleintjies en my vrou as dit regtig nodig raak.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 23/02/2021 - 08:01

Môre vriende

Ek sien nou dat Johann reg aan die begin noem dat hy eintlik anti-TV is. Nou wonder ek sommer, waarom sou mens anti die mooi flieks in kleur weesdevil

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus